Treindrywer vermoor: Vakbond sê ‘genoeg is genoeg’

Pieter (Piet) Botha (Foto verskaf)

ʼn Groep afgevaardigdes van die United National Transport Union (Untu) sal Donderdag die voorvonnisverrigtinge van die mans wat skuldig bevind is aan die moord op Pieter Barend Botha (46) in die Wes-Kaapse hooggeregshof bywoon om Botha se “vrou te ondersteun”.

Jathiem Hamid en Dorian Diedericks is in Mei vanjaar skuldig bevind aan die moord op Botha, ʼn Metrorail-treindrywer wat op 11 Julie 2016 by die Netreg-stasie in die Wes-Kaap beroof en vermoor is.

Hamid en Diedericks is ook skuldig bevind op aanklagte van roof met verswarende omstandighede en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Die derde beskuldigde, ʼn minderjarige wat nie geïdentifiseer mag word nie, is op alle aanklagte vrygespreek. Die vierde beskuldigde, Cedric Andrews, is net op aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie skuldig bevind.

Untu het vroeër geëis dat Hamid en Diedericks lewenslank tronk toe gestuur word.

Steve Harris, algemene sekretaris van Untu, sê die hof het nou ʼn geleentheid om ʼn voorbeeld te maak van diegene wat skuldig is aan die “sinnelose aanvalle” op werknemers van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa).

“Prasa het die afgelope paar jaar nié daarin geslaag om doeltreffende veiligheid vir sy werknemers die bied nie. Die gevolg is dat die werknemers van die staatsbeheerde onderneming sagte teikens word vir wrede misdadigers,” sê hy. “Die vonnisopleggings van Botha se moordenaars moet ʼn duidelike boodskap verkondig: Genoeg is nou genoeg.”

Untu het destyds gesê Botha was besig met ʼn opknappingskursus op die sentrale lyn en het vir ʼn trein gewag nadat hy van ʼn ander trein afgeklim het toe hy vermoor is. Hamid, Diedericks en die minderjarige is almal lede van die Young Dixie Boys-bende. Andrews is ʼn vriend van die drie en hulle het gereeld sy huis besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johanna Botha ·

Die staat (anc) kannie net vir die prasa mense veiligheid bied nie , maar kan geen veiligheid aan enige persoon in die hele land bied nie …52 moorde n dag !

jakes ·

Die bendes in die Weskaap eis daagliks talle lewens wat ook kinders insluit. Skietgevegte tussen bendes om beheer oor gebiede te kry hoofsaaklik om dwelms te smous is daagliks aan die toeneem. Treinstasies is ook n goeie afsetgebied vir die verkoop van dwelms derhalwe is treinpersoneel ook teikens veral om geroof te word. Pollsmoor tronk is hopeloos oorvol met bendelede wat tronkstraf uitdien. Die hele probleem kort dringend aandag op nasionale vlak want dit word by die dag erger. Hoop dat die skuldiges kry wat hulle toekom.

Albaster ·

Die probleem is dat die weskaap op nasionale vlak gesaboteer word, van watervoorsieningsbeplanning tot gedwonge migrasie van ANC ondersteuners daarna tot swak ondersteuning in veiligheid. Die Wes Kaap het immers dan vir die nasionale weermag gevra om te help maar dit word afgewys. Die weskaap het vir hoe lank gevra vir aankondiging van noodtoestand vir droogte maar die nasionale regering het geweier. Dit is seker waarom baie mense in die weskaap nie meer deel van SA wil wees nie.

Waarheid ·

Sterkte aan familie en kollegas sulke tye krap wonde oop.
Tyd raak OP om NET te PRAAT omdat die REGERING die MENSE nié ERNSTIG óf die
INDRINGENDHEID van VEILIGHEID níé
BESEF nié opgeleide menslike hulpbronne= BEVOEGDE PERSONE
RAAK ONAKTIEF agv A N C – Houding! mbt bg
….GEWELD -NYD- HAAT.
LIEFDE en SUKSES IS WERKWOORD?? nie poletieke bakleiery, geweld wanorde, skietery, optogte, SIES MAN.

Ella ·

Die moordenaars het n hegte gesin vernietig en die saak sloer al lank, te lank. Nou moet sy weduwee in die hof gaan sit, die keer met “ondersteuning”.
Met die vorige hofsaak was die kameras feitlik deurentyd op haar. Ek het haar so jammer gekry, sy het met moeite haar emosies in toom gehou.
Wys die keer bietjie empatie met haar. En wys ook die moordenaars se gesigte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.