Twee treine het Sondag laatmiddag by die Kaapstadse treinstasie gebrand. ʼn Groot swart rookwolk het gevolglik oor die middestad gehang.
Volgens Jermaine Carelse, woordvoerder van die Stad Kaapstad, is die brandweer en nooddienste net voor 16:00 ingelig dat ʼn trein by die stasie brand.
“Drie brandweerwaens, ʼn watertenker, ʼn reddingsvoertuig en 19 personeellede is na die toneel ontbied.
“Met hul aankoms het hulle gesien twee treine met vyf waens elk is aan die brand op platform 12. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.”
Volgens Carelse is niemand tydens die voorval beseer nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
35 Kommentare
Dis het regtig tyd geword dat die wette sommer báie strenger gemaak moet word om die anargiste nou vir eens en altyd vas te vat.
Stem saam met jou Johan. Ek dink die regering is te slapgat om enige iets te doen. Hulle sal eerder die land sien brand as om stemme in die verkiesing te verloor
More brand hulle weer iets anders,want dan is daar nie treine.
Maar nou beduie Cyril, met oog op Mei-maand, moenie die ANC straf, verkiesings is nie die regte manier om die ANC te straf vir swak dienslewering nie. So dis dan reg dat hulle, hul frustrasie uitleef deur af te brand, te vernietig en te toi-toi, maar hulle moet tog net nie die ANC by die stembus straf nie, vernietig eerder die land.
Dankie Maroela, dankie dat julle altyd bykans al my kommentare plaas, my sterreteken is ook ‘n maagd, so ek is baie keer soos ‘n ander per persoon baie ingesteld om my sienswyse. Nou en dan trap ek op ‘n eelt, maar ek kan nie help as jou groottoon s’n in die pad is nie.