Treine brand in Kaapstad

Foto: @MikMotala/Twitter

Twee treine het Sondag laatmiddag by die Kaapstadse treinstasie gebrand. ʼn Groot swart rookwolk het gevolglik oor die middestad gehang.

Volgens Jermaine Carelse, woordvoerder van die Stad Kaapstad, is die brandweer en nooddienste net voor 16:00 ingelig dat ʼn trein by die stasie brand.

“Drie brandweerwaens, ʼn watertenker, ʼn reddingsvoertuig en 19 personeellede is na die toneel ontbied.

“Met hul aankoms het hulle gesien twee treine met vyf waens elk is aan die brand op platform 12. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.”

Volgens Carelse is niemand tydens die voorval beseer nie.

Foto: @MikMotala/Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Johan ·

Dis het regtig tyd geword dat die wette sommer báie strenger gemaak moet word om die anargiste nou vir eens en altyd vas te vat.

Chris du Preez ·

Stem saam met jou Johan. Ek dink die regering is te slapgat om enige iets te doen. Hulle sal eerder die land sien brand as om stemme in die verkiesing te verloor

Oom leeu ·

More brand hulle weer iets anders,want dan is daar nie treine.

Andreas ·

Maar nou beduie Cyril, met oog op Mei-maand, moenie die ANC straf, verkiesings is nie die regte manier om die ANC te straf vir swak dienslewering nie. So dis dan reg dat hulle, hul frustrasie uitleef deur af te brand, te vernietig en te toi-toi, maar hulle moet tog net nie die ANC by die stembus straf nie, vernietig eerder die land.

Andreas ·

Ek is baie knorrig, knorrig verby, waarom word FW, Roelf en daai ander man nie voor ‘n strafhof gedaag nie?

Gert van Wierdapark ·

Die Oor-Saak is voor die hand vuurhoutjie liggend!

Andreas ·

Dankie Maroela, dankie dat julle altyd bykans al my kommentare plaas, my sterreteken is ook ‘n maagd, so ek is baie keer soos ‘n ander per persoon baie ingesteld om my sienswyse. Nou en dan trap ek op ‘n eelt, maar ek kan nie help as jou groottoon s’n in die pad is nie.

Andreas ·

Skuus, hier is ek weer. As ek sulke kommentaar soos hier bo lewer, is ek dan die vark in die verhaal? En wie is dan verkeerd oor Steve wat genoeg gehad het?

BlinkStephaans ·

Ek verstaan nie eintlik so mooi hoekom julle kamstig nog wonder wat die oorsaak van die brand is. As julle kyk na gevalle van treine wat gebrand het in die verlede… wat is die kans dat hierdie “spontaneous combustion” is?

Strand looper ·

Hallllooooo nuwe treine is gebou met n timer in vir self destruction

Boerboel ·

Skuus. Ek bedoel die groot sonde apartheid. Kry nou nog die skuld. Jan van Riebeeck kry ook die skuld vir Eskom se probleme

Adam ·

Andreas, daar is geen manier waarop jy ooit die vark in die verhaal kan wees nie. Die naakte feite dui op een aspek alleen en dit is die ANC se algehele patetiese poging om die land te regeer. Ongelukkig beteken die geteem van destyds se “Nee” stemmers niks, aangesien daar geen manier is waarop SA kon met die destydse regering kon voortgaan nie. Die probleem egter is dat die nuwe regering almal alles belowe en geen hopeloos te min strukturele veranderinge aan die ekonomie gemaak het en infrastruktuur nie behoorlik onderhou het nie. Ons pluk nou die wrange vrugte van daardie versuim. Die politieke stelsel wat ons destyds beding het, is ook nie die gewenste een nie en die blote feit dat ‘n enkele groepering by tye ver meer as 60% van die politieke mag besit het in ‘n proporsionele stelsel is afdoende bewys daarvan. Die verdere probleem is dat geen, maar geen politieke party in die land ‘n politieke aanbod op die tafel het wat landsburgers se lot aanmerklik kan verbeter nie. Kyk gerus na die gemors met Brexit in die VK en wat reg oor Europa gebeur en niemand sal jou kan verkwalik as jy dink die hele wereld is kranksinnig nie.

Andreas ·

As ons ‘n kabinet van kommentators hier kan saamstel sal dit nogal interessant wees, wie stel jy voor? Ek dink ook aan Eish, lanklaas van hom gehoor, Boerboel, Marco Polo, Gert, Alida, Annie, daai Kat vrou, Deon, Gemaskerde Sopbeen, Anoniem, John, net om balans te behou en daai Rambou-ou, wat is sy naam nou weer, Judge Dredd? Ek dink nie ons kan enigeen hier uitlaat nie, self ou Jerry hou ons op ons tone.

Adam ·

Inderdaad. Ek dink daar sal met ‘n paar uitstekende idees vorendag gekom word. Die belangrikste vir my as Afrikaner is dat elkeen van ons ons stem op ‘n verantwoordelike manier laat hoor (LW, nie ‘n polities korrekte stem nie). Ek wil nie sien dat Afrikaners moed opgee nie, want dit is gewoon net nie in ons DNS nie. Die kernvraagstuk is hoe om ons mense bymekaar te kry en om ‘n sinvolle bydrae tot die land se voorspoed te lewer en daarvoor het ons oa ook nodig dat ons deur ander groepe aanvaar word as kinders van Afrika, wel wetende dat ons ‘n minderheidsgroep verteenwoordig. Ons het nie ‘n ander tuiste nie en baie van ons begeer ook nie een nie, maar dit beteken nie dat ons tot tweederangse burgers rangeer kan word nie. Wat my verstom is die ANC se gedurige verwysing na nie-rassigheid, terwyl daar nooit so iets kan bestaan in ‘n bevolking wat nie homogeen is nie. Wat wel kan bestaan is dat elke landsburger met respek hanteer word deur mede-burgers en vreedsaam met sy buurman medemenslikheid kan uitleef.

Andreas ·

Jy sê FW het volgehou sy hande is skoon, ek het idee sy hande was te vol.

jaco ·

Hou op om NET die ja-stemmers te blameer. Onthou net dat omtrent 1 miljoen nee stemme in 1992 na 425 000 vir die Vryheidsfront verminder het net 2 jaar later in 1994. En 20 jaar later toe kry die VF-Plus maar 170 000 stemme.
Ek weet mense sterf en ek weet baie verlaat SA en ek weet party stem nou DA, maar ek dink steeds 500 000 stemme sou beter by die VF-Plus gepas het.
Ons eie neestemmende mense en mense wat dink soos die nee-stemmers se apatie en gebrek aan belangstelling en deelname help ook maar lekker aan om ons ondergang te verhaas

Sarel ·

Om nie te praat van ons eie mense wat sommer gou gesien het hoe die gaos gebruik kan word om baie geld te maak nie.
Ons is glad nie so onskuldig nie.

Hanna Hoekom ·

En more wag daai brandstigters / agtergeblewenes vir die einste trein wat hulle gister afgebrand het! En so sal dit aangaan totdat absoluut alles vernietig en afgebrand is. Dit sal egter nog steeds Jan en sy nasate se skuld wees! Mark my words.

Derf ·

Waar is die sekuriteit? Hier in Perth (1ste wêreld land en waar 95% van mense hul beskaafd gedra) is daar altyd sekuriteit op die trein lyne.

vra net ·

haai hoe gerieflik….brand vandag di trein, more wag vir sele trein….

fred ·

hoop nie dit is die nuwe treine wat Cyrill n paar weke terug so trots aan Kaapstad gegee het?…..Ek hoor niks meer van die korrupte bankrot PRASA meer?Sal seker nog vir die Zondo kommisie moet verskyn

Lynni ·

South Africa population: 56,72 million. And about 4,586,838 white people. Statistics SA.

George in Bloem ·

Die ANC/EFF/BLF alliansie sal aanhou met die anargie en chaos wat ongestraf sal voortduur totdat hulle met alles hulle sin kry en in al die provinsies die septer swaai en totdat daar niks van hierdie land en sy ekonomie oor is nie.Dis mos ou kommunistiese strategie in werking wat bou gebeur en dis nie net in die Kaap nie maatmr ook in Akexandra en ander plekke. Dis glad nie toevallig dat hierdie goed aan’t gebeur is juis in die plekke waar die spul anargiste nie in beheer is nie.

Bach ·

Dankie Adam en Jaco vir jul ingeligte en opbouende kommentaar. Die gekerm dat als FW se skuld is, is afgesaag. As hy nie so opgetree het nie, was daar burgeroorlog en was ons blankes nie vandag hier nie.

JG ·

@ Bach…op daardie gegewe tyd het ons nog n WEERMAG en Polisie-mag gehad wat orde kon handhaaf en ons het dit baie goed hanteer…wat het ons nou, slimjan ?

Dries du Toit ·

@Bach. Aag kom nou. Jy sou dalk gehardloop het en nie meer hier gewees het nie. Ek verseker jou baie trotse Afrikaners sou verseker nog hier gewees het. Nou is baie duisende nie meer hier nie as gevolg van die feit dat ons in die nag uitgemoor word deur die wat jy so graag terwille wil wees

Sarel ·

Ons moet asb net onthou, soos wat die ekonomie dit vir die apartheid regering met sanksies en nog wat dit onvolhoubaar gemaak het om onbepaald voort te gaan, is dit ook finansies, hoewel toe gegooi daaronder maar wan aangewend wat besig is om die ANC op sy/haar knee te dwing.
Alle ja stemmers het nie gestem om die ANC en alle aanhangsels terwille te wees nie maar met die wete dat hulle ons tot hierdie punt sou bring weens hulle onvermoe en so die wereld se misplaaste simpatie ontblood.

ADT ·

Bach seker het jy nog nooit n plaasmoord , noodlottige kaping of noodlottige huisroof in jou familie ondervind nie

japie ·

Die die ANC erfenis, dis waarvoor hulle eendag onthou sal word : brand en klipgooi!

Attie. ·

In die ou dae was daar spoorwegpolisie en vandag is daar niks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.