Treine loop ten spyte van staking

‘n Trein brand by die Pretoria-Noord-stasie in Mei 2017. (Foto: Dana Wannenburg)

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) sê treine loop normaalweg, ondanks ʼn staking deur lede van die vakbond Fedusa en die United National Transport Union (Untu).

Prasa se woordvoerder, Nana Zenani, sê werkers wat nie by dié twee vakbonde geaffilieer is nie, is op hul poste. Gevolglik het net ʼn paar werkers nie vir diens opgedaag nie, terwyl sommige ander hulle net op spesifieke tye aangemeld het.

“Tot dusver is geen voorvalle aangemeld nie,” het Zenani gesê.

Daar is beplan om Vrydagoggend optogte in Kaapstad, Johannesburg en Durban te hou, uit protes teen swak en gevaarlike passasierstreine. Vakbonde sê treine wat altyd laat is, doelbewuste brandstigting en ʼn vlaag dodelike ongelukke is van hul griewe.

“Fedusa wil hê pres. Cyril Ramaphosa moet verklaar dat passasierstreine ʼn nasionale ramp is en die weermag ontplooi om die situasie te stabiliseer, terwyl ʼn permanente oplossing gesoek word,” het Frank Nxumalo, Fedusa se woordvoerder, gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Danie T ·

Help my eks verwar met die regime. Toe hul nie aan bewind was het hul ook alles ondermyn, verwoes en afgebrand. Nou dat hul aan bewind is en sien hul het nie die vermoee om te regeer en bestuur, nou doen hul presies dieselfde!!! Quo Vadis SA?

ne ·

Lyk my die weermag gaan nou die polisie se werk moet doen! Dan verdien hulle darem hulle salaris.

Jaco ·

Ja wel, toe my voorvaarders van miljoene jare gelede ook vuur ontdek het, was dit ook seker lekker om daarmee te speel.

Susan vl ·

Foto pas nie by die opskrif.
Lekker in S. A. Brand en vernietig alles… mooi so.

Hu ·

Nogal verbasend hoe hulle staak en hulle is self verantwoordelik vir die swak diens net in SA

Gawie ·

Maroela, waarom fotos van brandende treine by die berig plaas – beide by de berig en op die tuisblad – terwyl die berig dit duidelik stel dat geen voorvalle aangemeld is nie?
Is dit nie ‘n wanvoorstelling van die feite nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.