Treinstasies kaal geplunder tydens inperking

Die Kliptown-treinstasie in Soweto ná die algehele landwye afsondering, (Photo by Michele Spatari / AFP)

Suid-Afrika se treinstasies is tydens die algehele landwye afsondering verlede jaar totaal en al verwoes toe diewe gedurende vlak 5 van die inperking enigiets van kabels tot bakstene en deure geplunder het.

Die Kliptown-treinstasie in Soweto is in puin gelê nadat plunderaars enigiets van vensters, deure tot selfs die dak van die stasie gestroop het. Sein- en elektriese kabels is ook uitgeruk en traprelings is afgesaag. Bakstene is selfs uit die mure gesteel.

“Dit is asof ’n atoombom hier gegooi is … Dit lyk asof ’n tsoenami als platgevee het,” sê die gemeenskapsleier, George Mohlala soos hy beduie na die verwoeste stasie.

Sommige inwoners herlei intussen onwettig elektrisiteit van die ongebruikte stasies na hul huise.

Die Kliptown-treinstasie in Soweto ná die algehele landwye afsondering, (Photo by Michele Spatari / AFP)

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) sê meer as 80 % van die land se treinstasies is geplunder toe dit gedurende die algehele landwye afsondering onbeman gelaat is.

Volgens Leonard Mamatlakane, voorsitter van die Prasa-raad, beloop die skade miljoene rande. Mamatlakane erken dit was ’n fout om die stasies onbeman te laat. “Ons moes iets beter gedoen het om dit te voorkom, maar ons kon dit nie sien kom nie,” het hy aan AFP gesê.

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het die plundering van die land se treinstasies toegeskryf aan ’n “ineenstorting van sekuriteit”, maar onderneem om die probleem hok te slaan deur plaaslike inwoners te werf as wagte wat deur die polisie bygestaan sal word.

“Ons is besig met herstelwerk aan infrastruktuur wat geplunder is, ” het die minister aan AFP gesê.

“Die beskerming van hierdie bates is ’n gesamentlike verantwoordelikheid wat ons almal moet dra.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Stefaan ·

Enige iemand met ‘n greintjie verstand sou dit kon voorsien. Hulle ken nie hulle eie mense nie.

jzjz05 ·

Verstaan tog, dit was n groot werk om mense tevang wat nie maskers drae en mense wat vir hul kinders medisyne moet gaan haal,mense nie betyds by hul huise was nie tevang en strande optepas ens .daar was nie tyd om stasie skelems te vang nie .

Sonia ·

nee, hulle weet presies hoe hulle mense is maar hulle gee doodeenvoudig nie om nie want alles sal weer te koste van belastingbetalers weer reggemaak word – en binnekort gaan daar weer vernietigende protes wees oor dié stasies wat nie meer behoorlik funksioneer nie

Misky ·

Hoe kon hulle dit nie voorsien nie?? My 6 jarige sou hom dit kon vertel het en kyk maar net na die res van die land

Annalize ·

Oh wow…
Hoe het hulle nie dit gesien kom nie?
Enige iemand met n halwe breinsel sou dit kon voorspel.
Belaglik

FM ·

Dis nie ‘n verrassing nie.

Om op te bou wat vernielsugtigheid af gebreek het is nou ALMAL SE VERANTWOORDELIKHEID

Hierdie spul narre gooi net niksseggende woorde rond en DOEN boggerol aan die oorsaak van die verval. Sit verseker en wag dat die boere als herstel.

Ek onthou dat treinstasies ‘n jaarlikse kompetisie gehou het vir die netjiesste stasie en hulle het geblom. Die mooiste tuine sonder onkruid wat nou deesdae heuphoogte staan.

Hou dop.

BEHOLD, I MAKE ALL THINGS NEW

Jacobus ·

Geagte FM. As deel van die voorheen bevoordeelde volksgroep moes ek trein ry. En soos jy opmerk het hierdie klein stasies altyd uitgestaan as netjiese en trotse infrastruktuur, ” gepaint en gepolish” (En ek bedoel klein stasies). Dit het niks met grendel tyd te doen – darem iets wat nie Covid se skuld is nie.

Charmain ·

En more word biblioteke / klinieke / skole afgebrand want die treine loop nie…eks moedeloos!

Renier ·

Kortsigtigheid is ‘n algemene pobleem in Suid Afrika. Ons sien dit alledaags.

Johan ·

Dit het jare voor die inperking al begin. Dit is nie net tydens inperking. Nog ń rede om covid te gebruik vir ń swak bestuur van land se bates.

Sebastiaan ·

Te oordeel aan die onkruid is hierdie stasie reeds voor die inperking verwaarloos. Die inperking dra nou die skuld.

Sobymykoolkop ·

Arme covid word ook vir alles blameer. Neewat, los maar daai liegstorie, die diefstal en plundering kom al van lank voor covid se tyd. Onderhoud en instandhouding bestaan nie vir die maatskappy nie.

Danie ·

Stem as dit nie covid is nie dan is rassisme wat die blaam kry maar nooit our people nie

Gerhard ·

Hoe regverdig die regering dit? Is dit normaal?

Enige wanorde is deesdae aanvaarbaar.

Chantel ·

Die meeste treinstasies in die Vrystaat lyk al baie lank so, niks nuuts nie. Dis mos die norm

Jakes ·

Ek het dekades lank vir Transnet gewerk en is dit skokkend om te sien hoe vinnig infrastruktuur verwoes is. Dit is maar net weer n bewys dat daar geen leierskap in die ANC teenwoordig is nie maar eerder n kultuur van afbreking en verwoesting landswyd. Wat moet toeriste uit die buiteland hiervan dink?

Anoniem ·

Jakes toeriste kom juis hiernatoe om die “zulu dance” te kyk. Hulle weet nie wat ons weet nie.

Jacobus ·

As iemand wat al die voorstedelike treine gebruik het staan hierdie soos strak leëoog skedels as aanklag van totale verwoesting. Die goed kan oornag verwoes word maar sal nooit weer gevestig word. Geluk mr Ramaphosa, en jou voorgangers, dit blyk julle strewe te wees.

Elize ·

Ja wel hulle moet dan maar so tussen die puin staan en wag vir n trein want dis hoe hulle dit wil he. En ek laat my nie vertel niemand het gesien wie dit gedoen het nie.

Charles ·

Aan die verval en verwoesting van ń eens mooi land is daar geen einde..

Thelsa ·

Hoekom is ons verbaas? ‘n Luiperd kan hom mos nie gedra soos ‘n Koedoe nie. Die vrugte wat jy van ‘n mens sien is die resultaat van die wortels wat jy nie kan sien nie.. You is what you are !!!!!

Anoniem ·

Hulle sal nie rus totdat SA soos die res van Afrika lyk, met geen infrastruktuur, kos op die tafel, geletterdheid en goeie maniere nie. Afrika sal vir ewig bakhand staan vir die krummels van die beskaafde wêreld om hulle aan die gang te hou, want hy is nie in staat om self enigiets te bou, onderhou of vooruit te neem nie. ‘n Amerikaanse professor het dekades gelede al vir ons gesê dat Amerika se geduld met Afrika opgeraak het, want Afrika beskik nie oor die intellek of die wil om vooruit te gaan nie.

Mimi ·

Al was daar 10 wagte per stasie, sou dit steeds gedoen word. Polisie/Wagte is banger vir kriminele as wat kriminele vir die gereg bang is. Hulle sal selfs saam plunder!!:(

Werner ·

Hierdie is beslis nie a.g.v. ‘n “ineenstorting van sekuriteit” soos die minister reken nie. Die a.g.v. ‘n ineenstorting van morele waardes. En dit is beslis ook nie ons “almal” se verantwoordelikheid om dit reg te maak nie, dis die verantwoordelikheid van die groepering van die reënboognasie wat dit afbreek. Die res van ons sorg al klaar vir almal deur belastings, so nee dankie.

Willem ·

My aarde. Wat het hulle gedink gaan gebeur as die stasies vir lang tye onbeman gelaat word? En hoe gaan hulle seker maak dat die mense uit die plaaslike gemeenskap nie self die stasies nog verder gaan plunder nie??

jzjz05 ·

Waar was die polisie ?? “oo-ja” ,ek het vergeet hulle het die strande op gepas vir die skelems wat n swem in die see wou maak .

Astrain ·

Duidelik ken jy nie jou eie nasie Matlakane…ons kon jou vertel het dit gaan die resultaat wees. Die “ons” wat die verantwoordelikheid dra is JULLE!!! Julle wil mos baas wees!

Androclus ·

Gedink aan die stasies (spoorlyne) tussen Bloemfontein en Kimberley wat nie meer vir passasierstreine gebruik word nie,hoe lyk hulle nie al by die tyd nie.Instandhouding is nie in hulle woordeskat nie.

Marius ·

Our people hou meer van dinge wat gebreek is en stukkend is . Hulle is mal daaroor om te sukkel .

Sarel ·

Herstelwerk??? Moet nie laat ek lag nie net ruines is oor
Wat wil julle herstel

Racheltjie Debeer ·

Pollak Park stasie in Springs lyk presies dieselfde. Die meerderheid burgers van ons land kan NET plunder en afbreek.

Anoniem ·

Lag wekkend. Bring dissipline terug en ons land sal weer ‘n kans kry om uit die stof op te staan.
Dissipline het nog nooit iemand doodgemaak nie, maar wel mens gemaak van iemand wat die spoor byster geraak het as gevolg van wan opvoeding.

WILLEM ·

Die Spoorweg stasies word nou “herstel” – op wie se koste?? ” Hind sight is a perfect sience” Laat die stropers sonder betaling die herstel werk help doen!!

Blikkies ·

Hoekom moet ek die gesamentlike veratwoordelikheid dra van boewe wat geen beheer het nie, en net alles om ons vernietig….

Casper ·

Mbalula was nou al by sport en SAPS minister en het gefaal.

Spekkies ·

Ek verstaan nie hoekom mense so geskok is oor die gebeure nie. Dit gebeur oral nie net met stasies nie. Sodra ‘n huis, gebou of struktuur leeg of in ongebruik is gebeur dit. Hulle het geen respek vir enige iemand of eiendom nie.

Jan ·

Nou wil die Minister lede uit die gemeenskap/die plunderaars aanstel om stairs op te pas

Alleen Wolf ·

Vraag is, wie gaan vir die gelag betaal? Weer ons belasting betalers teen korrupte kader maatskappy pryse.

Bytjienw ·

Jammer meneee Mbalula, toe “ons” verantwoordelik was vir die land en sy bates het sulke goed nooit gebeur nie bloot omdat ons selfrespek het. Iemand wat nie selfrespek het nie, kan nie iets respekteer nie. Ek ry maar my ou karretjie en betaal ten duurste vir my brandstof, ek ry nie trein nie, so die beskerming van hierdie bates is gesamentlike die verantwoordelikheid van die wat dit wil gebruik! Die minderheid moet verantwoordelikheid neem vir dinge wat gebeur het voor 1994, of hulle nou betrokke was of nie, en ek persoonlik het nou genoeg die las van ander mense se keuses gedra, hierdie verantwoordelikheid is nie myne nie! Die regering kon in meer as 25jaar niks suksesvol in Suid Afrika vermag nie! Geluk julle is bobaas mislukkings!

Ansie ·

“Ons kon dit nie sien kom nie” – hallooooo, dis SA dié. Word wakker!

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Welkom in die ANC se Afrikanisties-sosialisties-kommunistiese Mzansi National Democratic Society Useless Animal Farm waar almal ewe gelyk en arm is maar party minder gelyk en armer as die ander is. Uhuru vir werkloosheid en armoede en sosiale onrus. Viva ANC.

SjN ·

Die stasies het lank voor die inperking al so gelyk, moenie dit as verskoning vir onbevoegdheid gebruik nie asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.