Treinwaens brand by Pta-stasie

Brand by Pretoria-Noord-stasie (18 Mei 2017) Foto: @TrafficSA, Twitter

Minstens vier waens van ’n trein brand tans by die Pretoria-Noord-stasie.

Johan Pieterse, woordvoerder van Tshwane-nooddienste, het aan Maroela Media gesê die brand het omstreeks 17:00 uitgebreek. “Ons wag vir ’n elektriese sertifikaat van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) voor ons die brand kan probeer blus,” het hy verduidelik.

Volgens hom is daar ’n baie sterk kragstroom en die brandweermanne kan moontlik skok indien hulle water sou spuit voor die krag afgeskakel is.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Gerugte doen die rondte dat dit moontlik weens betogings kon wees.

Pieterse het gesê die moontlikheid bestaan dat die brand van die vier waens na ander waens kan versprei.

Dana Wannenburg, DA-raadslid, het aan Maroela Media gesê indien die lyn gesluit word om die brand te blus, sal talle pendelaars gestrand wees en van alternatiewe vervoer gebruik moet maak. Hy is op pad na die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

PJ ·

Het ou zumpies dan nie net die ander dag in Pta mooi gevra hulle moenie die treine brand nie ?

snoefie ·

hy het gevra hulle moet tog nie die nuwes brand nie. hierdie was seker oues.

Oom Walker ·

Ja, en môre oggend brand hulle seker weer die stasie af omdat daar nie meer treine is nie…

Elsa ·

waaaaar is die regeringsamptenare?
weet hul nie hoe om hierdie dinge stop te sit nie? as di is van t vandalisme of oproer
is die tyd hier dat regerende party ontwortel word….skade word al groter en wie moet opruim en betaa? komaan dis nou klaar met julle slapheid

Theresa B ·

Goeie hemel tog. Sal hierdie mense ooit bykom in die lewe??!!

Amanda ·

Goeie genade het die mense niks beter om te doen as om te verwoes en af te breek so ver hul gaan. Dis tyd dat hul bykom en ‘n lewe kry als kom nie verniet jy moet werk daarvoor.

John ·

Gehoor wat selfs die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke beaam, is dat die huidige chaos ‘n front is vir staatskaping en totale beheer. Volgens die swart kerklike word mense aangese om dit te doen en is dit nie toevallige ongelukkigheid nie. Dit is deel van ‘n groter plan om die land onbeheerbaar te maak en angs te ontketen. Boereplase wil hulle ook so leegmaak en dorpe tot rampgebiede ‘ontwikkel’. As ons net hande-voor’die-mond slaan is verdriet ons voorland…. Die regering is reeds gekaap en vir ‘n verwoestingstog gerat ooreenkomstig die swart handleiding in die hand van ‘terror’-iste!

Ings ·

Jammer al wat deesdae in die nuus is, is die land wat afgebrand word. Oorsee bou hulle. Hier brand als.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.