Treinwaens vat vlam in Johannesburg

Foto: ANA

Skade van miljoene rande is aangerig nadat twee treinwaens Dinsdagaand in Johannesburg in ʼn brand verwoes is.

Die Gautengse departement van paaie en vervoer het in ʼn verklaring gesê die trein het tussen Randfontein en Johannesburg gereis toe die brand omstreeks 18:10 tussen die Bosmont- en Maraisburgstasie ontstaan het.

“Twee treinwaens is heeltemal uitgebrand weens ʼn foutiewe kabel wat ʼn vonk veroorsaak het. Die geraamde koste van die skade is R4,5 miljoen.”

Volgens die departement is niemand in die voorval beseer nie en kon al die pendelaars aan boord die trein betyds ontruim word. Owerhede was Dinsdagaand besig om die toneel op te ruim.

“Die Metrorail-bestuur vra innig om verskoning vir die ongerief wat veroorsaak is en verseker pendelaars dat hul veiligheid steeds die prioriteit bly binne die treindiens se bedryfsomgewing.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wonder ·

Dit is nie net die vurige Fords nie, dit is nou vurige treine ook. Eich die mensdom.

John ·

Rerig die waarheid? Nie dalk sabotasie wat toegesmeer word nie? Orals brande… Iets klink snaaks… So vinnig die fout gevind… Wow… Iets klink net te flink en die verskoning net
te te…

leon ·

Dit sê nie veel van die kwaliteit van die wa nie. ‘n Vonk wat ‘n brand veroorsaak? So het die sekerings (“fuses” of sekering skakelaars) nie gewerk nie. Watse materiaal op vandag se vervoerstelsels slaan aan die brand van ‘n vonk? Ek dink die ondersoek span moet weer probeer!

Eish ·

“Foutiewe kabel wat die vonk veroorsaak het.”
Woordgimnastiek vir gebrekkige diens en onderhoud?

Bee ·

Dit is wat gebeur wanneer jy mense aanstel op grond van ras en nie kundigheid nie. Dit kom van rassistiese arbeidswette deur n rassistiese regering.

Annie Pelzer ·

Annie

Ek ry elke dag trein het julle as gesien hoe lyk die treine dit is ‘n skande dat dit in so ‘n kort tydjie so agteruit gegaan het en dan verwag hulle jy moet nog betaal ook. As jy nie laat vir werk is nie dan kom jy baie laat by die huis ‘n 40 minute rit kan tot 3ure duur. As ek vir Metrofail gewerk het so ek te skaam wees om vir iemand te sê ek werk daar

christa ·

wanneer laas is onderhoud op die treine gedoen? seker nog in die ou bedeling

Wolf ·

Jis Bee, het ek dit gese was die berig NOOOIT geplaas nie. Dankie Marous, ongelukkig stoom die soustrein nog volstoom voort.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.