Treinwaens verwoes in ‘brandstigtingaanval’

Argieffoto van 'n gebrande Metrorail-trein (Augustus 2014) Foto: @kevinjohnbrandt, Twitter

Argieffoto van ‘n gebrande Metrorail-trein (Augustus 2014) Foto: @kevinjohnbrandt, Twitter

Vier waens en ses sleepwaens van Metrorail is Dinsdag in ʼn beweerde brandstigtingsaanval by Kaapstad-stasie verwoes.

Donald Grant, minister van openbare werke in die Wes-Kaap, het die vermeende brandstigters in die sterkste moontlike terme veroordeel.

Altesaam 20 waens is vanjaar al vernietig weens brandstigting, lui die verklaring.

Grant doen ʼn beroep op diegene wat enige inligting oor die brand het om na vore te kom en die polisie in hul ondersoek by te staan. “Hierdie optrede moet in die sterkste moontlike terme deur die hele samelewing veroordeel word, en dit moet ernstige gevolge dra om voornemende oortreders af te raai,” het hy gesê.

“Die duisende pendelaar wat daagliks op openbare vervoer staatmaak, kan nie gyselaar gehou word deur die optrede van ʼn paar misdadigers wat die gereg en behoeftes van ander minag nie, spesifiek nie tydens hierdie matriek-eksamenperiode nie.”

Grant het gesê Metrorail het reeds ʼn tekort aan waens en nog meer word benodig om die diens meer doeltreffend te maak. “Die probleme by Metrorail word slegs deur brandstigting, wat ten doel het om die stelsel te destabiliseer, vererger en dit is onregverdig teenoor die pendelaars.”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Herman ·

Na 40 jaar hier in Afrika waarvoor ek so lief is, kan ek steeds nie verstaan hoekom en waarom…. dit maak net geen sin hoekom jy n trein,skool,universiteit ens. Wil Afbrand nie…….

Henry ·

Dit help nie regtig om die dade “te veroordeel” maar die “daders” kom daarmee weg nie.

Lynette ·

Presies nes jy se. Hulle moes lankal iets aan die boewe gedoen het maar al die jare kom hulle daarmee weg om te verwoes.

Peet Schabort ·

Opknapping van sekuriteit is die antwoord. In die goeie ou dae was daar spoorwegpolisie.

SNEL ·

Wonder wat die kostes beloop van al die goed wat so gebrand en vernietig word net omdat hulle nie kan praat en onderhandel soos normal mense nie en eerder soos kinders aangaan en soos Peet sê, sonder die nodige sekuriteit kom hulle weg daarmee en gebeur daar niks met sulke boosdoeners nie. Vandag brand en slaan hulle plat, môre huil hulle weer omdat hulle nie het nie en dan is dit weer apartheid se skuld. Ek stem saam met Herman, ek kan ook nie die “method to the madness” sien nie. Is dit omdat hulle net kry en met n bakhand gebore is, en as hul twee trane afvee op die TV en vertel hoe sleg hulle behandel was dat die oorsee se lande en Hollywood sterre instroom om skole te bou en te herstel wat vernietig was deur hulle eie te doen. Dit kos ons eie land ook duisende rande om al die goed te herstel, en die ergste is dat niemand ooit gevang word en die gevolge dra vir hul dade nie. Dit maak mens vies dat goed wat gewerk het tot niks verbrand word vir geen rede nie.

Peet Schabort ·

Sowaar só waar SNEL. Dan ook vir die jonger geslag (ter inligting) was daar vir hulle skole gebou in apartheid se tyd wat afgebrand is want die kreet waarmee dit gepaard gegaan het was: “Liberation before education”. M.a.w. eers vryheid en dan kennis.
Ek glo nie hierdie ‘slogan’ is te siene by die apartheidsmuseum in Johannesburg.
Ek sal maar moet gaan kyk en navraag doen want hierdie is ‘n seer punt wat nie opgehaal word uit die verlede. Ek kan net meld dat ek nog nooit ‘n ingeskrewe lid was/is van enige politieke party.

Ekke ·

Eronies hoe hulle koppe werk ne…Klinieke word verbrand want hulle soek beter diens..So geen kliniek want ons het hom verbrand om beter diens te kry..Maak ons skole reg..Gooi skool se vensters uit want skool moet reggemaak word…Ons gani werk nie want ons soek verhoging..Fabriek maak toe want daars nie werkers nie..So ons sit nou heeltemal sonder werk..Vlak in die dakke

arie plaasboer ·

Ween swak dienslewering word dit wat die diens moet lewer vernietig. Dit lei tot swakker dienslwereing.
As hule so aangaan en die owerhede weier om die “toerusting” te vervang, dan sal die dienslewering swakker wees. Vernietig dit weer, vervang dit weer nie, lei tot swakker dienslewering totdat daar nie meer toerusting oor is om diens mee te lewer. Wat gaan dan gebeur?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.