‘Trek aanklagte terug’ sê Gordhan vir NVG

Pravin Gordhan (Foto: GCIS)

Pravin Gordhan (Foto: GCIS)

Pravin Gordhan, minister van finansies, het adv. Shaun Abrahams, hoof van die Nasionale Vervolgnigsgesag (NVG), Dinsdag ingelig hy gaan nie vertoë rig oor sy hofsaak nie, maar eis die NVG moet die saak terugtrek.

Gordhan se regsverteenwoordigers, Geldenhuis Malatji, het ʼn brief aan die NVG gestuur, wat lui, “Ons het die briewe wat Freedom Under Law en die Helen Suzman-stigting aan julle gestuur het, gesien. Ons versoek julle om die aanklagte teen ons kliënt terug te trek in die lig van die gronde wat daarin uiteengesit word. Ons kliënt gaan nie vertoë rig nie.”

Gordhan se medebeskuldigdes, Oupa Magashula en Ivan Pillay, het Maandag vertoë aan die NVG gerig. Abrahams het Gordhan ingelig dat hy tot 17:00 Dinsdag het om dieselfde te doen. Gordhan het egter al vantevore die uitnodiging van die hand gewys en gesê hy vertrou nie dat hy ʼn regverdige verhoor sal kry nie.

Gordhan moet op 2 November in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

John ·

Die Guptas glo hulle is onaantasbaar… en almal waaronder die vorige OB, al die banke waarmee hul filiaal sake gedoen het en die banke se finansiele kundiges en die getuies oor hul ingrype in landsbestuur, selfs verskeie regeringsmense en ander ingeligte bronne, is almal verkeerd en onnosel. Die Indiese-clan beheer of alreeds die regering of hulle is reeds landuit. En hulle is steeds hier. So wat se dit?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.