Trek meeste voordeel uit vanjaar se vakansiedae

Met Nuwejaarsdag op Saterdag 1 Januarie reeds agter die rug, is vanjaar se volgende vakansiedag Menseregtedag op Maandag 21 Maart. (Foto: Maroela Media)

Suid-Afrikaners sal vanjaar 12 openbare vakansiedae hê, met ʼn bykomende dag om ʼn openbare vakansiedag te vier wat op ʼn Sondag val.

Volgens die Wet op Openbare Vakansiedae kan ʼn Maandag as ʼn openbare vakansiedag beskou word wanneer die datum van ʼn vakansiedag op die voorafgaande Sondag val. Dit sal beteken Suid-Afrikaners kan vanjaar op Maandag 2 Mei Werkersdag vier.

Met Nuwejaarsdag op Saterdag 1 Januarie reeds agter die rug, is vanjaar se volgende vakansiedag Menseregtedag op Maandag 21 Maart. Hier is ʼn lys van die vakansiedae wat daarop volg:

  • Goeie Vrydag – Vrydag 15 April
  • Gesinsdag – Maandag 18 April
  • Vryheidsdag – Woensdag 27 April
  • Werkersdag – Sondag 1 Mei, maar gevier op Maandag 2 Mei
  • Jeugdag – Donderdag 16 Junie
  • Nasionale Vrouedag – Dinsdag 9 Augustus
  • Erfenisdag – Saterdag 24 September
  • Versoeningsdag – Vrydag 16 Desember
  • Kersdag – Sondag 25 Desember
  • Welwillendheidsdag – Maandag 26 Desember

Paasnaweek begin vanjaar op Vrydag 15 April. (Foto: Maroela Media)

Paasnaweek sal dus vanjaar op Vrydag 15 April begin en afsluit op Maandag 18 April. Werknemers kan ook vanjaar voordeel trek uit langnaweke, met Menseregtedag (21 Maart) en Versoeningsdag (16 Desember) wat onderskeidelik op ʼn Maandag en ʼn Vrydag val.

Werknemers kan ook slim te werk gaan met hulle verlofdae deur langer naweke te skep. Deur byvoorbeeld op Vrydag 17 Junie verlof te neem, kan jy ʼn vierdagnaweek skep. Dieselfde kan in Augustus gedoen word deur op Maandag die 8ste verlof te neem.

Jy kan ook agt dae verlof neem tussen Donderdag 14 April en Dinsdag 3 Mei en sodoende altesaam 18 dae afneem weens die openbare vakansiedae wat oor April versprei is.

Bykomende bronne: Business Tech, Good Things Guy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kokerboom ·

Wonder soms of werkgewers ook betaalde vakansiedae kan kry? Veral klein ondernemers

Stofdonkie ·

Hulle kan seker vat wat hulle wil, die vergoeding wat hulle ontvang word genoem “wins”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.