Trekker-skietery: Regering help met begrafnis

Dié foto van die werker se bebloede liggaam wat bo-op die trekker lê is Maandag op sosiale media gedeel. Die foto is deur Maroela Media verbloem weens die grafiese aard daarvan. Foto: Facebook

Die Gautengse provinsiale regering het Donderdag gesê hy sal die plaaswerker wat Saterdag in die Tarlton-omgewing buite Krugersdorp op ʼn trekker doodgeskiet is se familie help om hom “ʼn waardige afskeid” te gee.

Nhlakanipho Nkontwana, hoof van die departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake, landbou en landelike ontwikkeling, het gesê Lebogang Maile, die betrokke LUR, het onderneem dat die regering Aaron Mutavhatsindi (43) se familie sal bystaan om hom hierdie naweek in Venda ter ruste te lê.

Nkontwana het na Mutavhatsindi se dood as ʼn “dubbele tragedie” verwys en gesê sy dood was ʼn harde slag vir sy familie en afhanklikes. “Die oorledene was die betroubare voorsiener vir sy familie en nou sal sy afwesigheid sy familie in dieper armoede en wanhoop dompel,” het Nkontwana gesê. “Ons hulp is nie genoeg nie. Ons sou graag meer wou doen.”

Hy het gesê die departement beplan tans ʼn vergadering met alle belanghebbendes om die uitdagings in die landbousektor te bespreek. Hierdie besprekings sal spesifiek fokus op die uitbuiting van en rasse-aanvalle op plaaswerkers, onwettige uitsettings van mense wat op plase woon en ander verwante kwessies.

Maroela Media het vroeër berig Mutavhatsindi is Saterdag naby die Matshelapad- informele nedersetting doodgeskiet toe hy na bewering sy werkgewer se trekker sonder toestemming geneem het. ʼn 46-jarige veiligheidswag, wat later as PWJ Durant geïdentifiseer is, is in hegtenis geneem in verband met Mutavhatsindi se dood en het reeds op aanklag van moord in die plaaslike landdroshof verskyn. Die beskuldigde sal Maandag weer in die hof verskyn wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

LC ·

Tipies, duisende boere word vermoor elke jaar ek weet nie van een boer wat staatshulp gekry het met ‘n begrafnis nie…maar wow nou is die arme patetiese plaaswerker geskiet onder geheimsinnige omstandighede omdat hy die boer se trekker “geleen” het en die regering (belasting betalers se geld) val oor hulle voete en geld word voorisen om die arme siel te begrawe. Dubbel standaarde en pateties.

Al ·

Dis n waar punt wat jy ophaal. Die vermoorde boere en al wat ñ misdaadslagoffer is dan geregtig op staatshulp. Die regering moet nie presedente skep wat in hul gesigte opblaas nie.

Schalk van der Merwe ·

So die feit dat hy geskiet is tydens die pleeg van ‘n misdryf maak nie saak nie. Hy is net ‘n betroubare voorsiener. Niemand het nog die anderkant van die storie gehoor nie.
Dis om van naar te word

petra ·

wys jou net, die hele anc kadawers steun die misdadigers. tipies

Lynne ·

En die vermoorde BOERE was BETROUBARE VOOSIENERS VAN VOEDSELSEKURITEIT VIR DIE LAND EN SY INWONERS!!!!!

Karen ·

Ja nee kyk dit gaan nou weer opslae maak orals!!! So moeg vir onregverdigheid. Dit is nou weer n ras geval, maar di boere word uitgemaai & di niks! Om van siek te word

Showahed ·

En veral in ‘n land waar alles jare neem, word nou sommer so binne ‘n paar dae hulp verskaf. Maak jou siek as jy ‘n wit vel het.

Ruby ·

Hoekom word die familie van vermoorde boere nooit besoek en hulp aangebied?!

Ongelooflik ·

Ek dink nie die wag het reg gehandel nie. Hoe kon hy die man koelbloedig doodskiet terwyl sy lewe glad nie in gevaar was nie? Hy kon hom moontlik gewond het in sy been of die trekker se wiele geskiet het sodat hy nie kon ry nie. Hierdie storie klink nie vir my lekker nie. Nou is die wag se lewe ook oor want as jy in die tronk is het jy geen lewe nie.

jp ·

Ongelooflik. Die sekuriteid beampte het alles gedoen wat hy kon om die drywer van die trekker te stop. Hy het 2 van die trekker se wiele uit geskied en kon nie die trekker drywer stop nie. Die trekker drywer het ‘n kind raak gery en daarom het die sekuriteid beampte geen ander keuse gehaad om te doen wat hy gedoen het nie. Dit is nie so maklik om ‘n trekker band wat draai stukkend te skiet nie. Voledige inligting word nie gegee nie daarom maak mense soms kommetaar oor dinge waarvan hulle niks weet nie.

Lollie ·

Ek stem ook nie saam met die manier waarop hy dood is nie. Dit bly ń lewe en ń onsinnige moord. Hulle hamer op apartheid en rassisme, oral word dit geopper. Magtig, ons blankes is ook mense, het ook ń plekkie in die son, het ook families ens…… Kry ons enige hulp van waar ookal? Na kapings, verkragtings, moord en aanrandings kry ons nie gratis mediese sorg of hulp met begrafnis of enigeen werk of geld omdat die broodwinner nie meer geld kan inbring nie!!!!! Skeer almal onder dieselfde kam dan sal rasse konflik heelwat minder word!
Net nog ń storie wat almal by die hof gaan skree en neerslaan en met hulp moet loop. Hulle dinge is mos baie erger as ons sn! Ons is mos gevoelloos en nie mense nie! Die wiel draai, stadig masr seker!

So Moeg ·

Die voorval het niks met die boere te doen nie. So hoekom moet die boere weer onder die “spot light” kom?

Indigo Girl ·

met ander woorde ‘n plaaswerker is meer waardig as ‘n boer?

Potlood ·

En daar gaan hulle weer… Van nou af moet elkeen wat die RAS issue dink of op bring ‘n henkse kramp in hulle … kry. Die morele standaarde in hierdie land is skrikwekkend…

Saartjie ·

Geen regeringsinstansie het my finansieel gehelp om my man ‘n waardige begrafnis te gee nadat hy vermoor is nie. Ek moes maar self sien kom klaar. Die feit dat my man se moord ‘n finansiële impak op my finansiële posisie gehad het, het die regering nooit my voor vergoed nie

Weet nie so mooi ·

Nie juis wat ek as betroubaar beskou as hy die vorige week nie eers vir werk opgedaag het nie.

Maria ·

Waarom word vermoorde boere se families nie so bygestaan en besoek nie ? Die boodskap wat oorgedra word deur die hanteering is mos duidelik dat net seker mense se lewens belangrik geag word en dit spreek boekdele

Voorlaaier ·

M.A.W. hulle wil i dief en i skelm i “waardige” begrafnis gee?……”only in S.A.??

H.A. ·

Maar weer rasse aanval teen boere en wittes! Ons moet dit nie meer aanvaar nie, die tyd is ryp om alles te verwoes soos die ISIS!

Boland ·

Van wanneer af word diewe se familie bygestaan met begrafnis reelings.Wys jou net waar belasting betalers se geld heen gaan.Ongelooflik.

Ettienne Lombard ·

Nou vra ek myself af… Hoekom help die Regering nie die Boere wat so vermoor word met hul begrafnisse nie? Daar is dan kriminele aantygings teen die trekker bestuurder in hierdie saak.

Elsie ·

Hoop julle bespreek onder verwante kwessies, hoe baie plaaswerkers die boere uitbuit, weier om waarskuwings te teken, dros aspris sonder om te bedank – soek mos n UI-19 sodat belastingbetalers vir hulle sorg en as aftreeplan n ccma saak …makliker en tart jou werkgewer tot hy net iets verkeerd sê/of maak sommer jou eie storie op. Maar jy kan maar doen wat jy wil. Reëls geld mos slegs vir die werkgewer.

Rina ·

Wat moet die regering in sy dade en uitsprake nog vir ons uitspel waar sy prioriteite lè is so duidelik soos daglig. Ons moet vrede maak dat die boeregemeenskap en ons mense aan ons eie genade uitgelewer is!!!

Joe ·

Onthou , dis hoe hulle nog altyd dink. Alles is die blanke se skuld. Soos in media gelees het , het selfs die polisie en ander media bronne gese n boer is verantwoordelik. So , hulle wil ons maar net altyd in n slegte lig plaas en ons moet begin om ons minder aan hulle te steur want hulle hou van aandag trek

Theresa B ·

Ons belastingbetalers help met die begrafnis………………………

Pop ·

Goed as dit nou nie n boere ding moet wees nie , kom ons kyk of die regering vir die Siam meisie se begrafnis gaan opdok. Hierdie regering blaas rassehaat aan. Ek begin dink om krimineel te wees is die moeite werd. Mens word ast ware beloon daarvoor.

Caldene ·

So kriminele se families word nou geld ini hand gestop en met “waardigheid” begrawe!!!!
Ek wil nou SA se nom 1 krimineel raak!
Ons land is pateties verby!!

Hans ·

Dit is als goed en wel dat ons hier n platvorm het om ons opinies te gee. Ek kan ook opmerk dat so baie van ons opgewen oor al die goed. Dit gaan als net oor hulle swart mense en dit is al. Hul kan niks opbou nie net afbreek en brand en plunder. Ons het destyds vir hul skole en hospitale en als gegee en dit is als vernietig. Die hele ding is nou net weer n rasse ding. Het hul die mooinooi en nou siam se mense gaan bystaan in die tyd, of ooit gekontak vir wat dit saak maak? Mense ons moet na ons self kyk want nie die of die volgende regering gaan dit doen nie. Dit gaan net oor my en my alleen vir hulle. Hul kan dan nie eens ordentlik kyk na die groot hoeveeldheid van hulle nie. Soooooooooooo MOEG hier voor. Sal MENS dryf na wat mens nie wil doen nie……………….

ken van benoni ·

Die begrafnis is net weer ‘n advertensie vir die regering om stemme tewerf vir die volgende verkiesing. Alles is toelaatbaar om stemme tewerf vir hierdie regering!
Hoop die regering sal ook bystand verleen aan die veiligheidswag en sy familie gedurende hierdie tyd.

ken van benoni ·

Die ANC maak van enige moontlike manier gebruik om op goedkoop manier stemme tewen vir die volgende verkiesing. Hoop hulle staan die veiligheidswag ook by

AB ·

Dankie vir die “rasse” ondersoek vir aanvalle. Ek glo die “rasse moorde ” op boere sal ook ondersoek word. Ek wens net alle media instansies wil oor plaasmoorde en enige aanval ook so gretig wees om die kleur van die aanvallers en slagoffers te noem en of om die berig soos die trekker berig so duidelik te skryf dat almal weet waaroor gaan dit. Party mense sal hulle eie siel verkoop om polities korrek te wees. Selektiewe beriggewing maak ook skade

Jaco ·

Ek dink dit sou ook reg wees om ook te niem dat die oorledene se werkgewer, aka die boer, reeds ten volle vir die begrafnis betaal het. Ek het dit in een van die vorige berigte gelees

Elvira Bothma ·

Sal die REGERING ook nou asseblief ingryp en iets aan hierdie onnodige plaasmoorde doen. Tyd dat daar GROOT eise ingestel word teen die regering deur die slagoffers of hulle families.

Natascha ·

Ek verstaan dit nie, daar word wereens net gefokus op die plaaswerkers, wat van ons boere wat so aangeval, vermoor of van hul plase verwyder word. Kan die mense dan nou nog nie besef, dat sonder die boere daar geen kos op die tafels gaan wees nie??? Hoekom help die regering nie ook die boere se families nie.? Hier is Rassisme duidelik sigbaar. Nee wat mense ons staan nie n kans. Al wat ons nou kan doen is saam staan en ook hard bid en glo en Vertrou op die Here vir uitkoms.

PJC ·

As ń mens iemand anders se voertuig neem sonder sy toestemming dan is dit diefstal so hierdie veiligheidswag het eintlik net gedoen waarvoor hy betaal word al was hy ook ń bietjie oorywerig en haastig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.