Trekker-skietery: Verdagte is wel veiligheidswag

Dié foto van die werker se bebloede liggaam wat bo-op die trekker lê is Maandag op sosiale media gedeel. Die foto is deur Maroela Media verbloem weens die grafiese aard daarvan. Foto: Facebook

Die man wat in hegtenis geneem is nadat ʼn plaaswerker Saterdag in die Tarlton-omgewing buite Krugersdorp op ʼn trekker doodgeskiet is, was nié die oorledene se werkgewer soos deur amptelike bronne beweer is nie, maar ʼn veiligheidswag.

Maroela Media het vroeër berig ʼn plaaswerker is Saterdag doodgeskiet toe hy na bewering ʼn trekker sonder toestemming gebruik het. Konst. Lucky Matome, woordvoerder van die polisie, het ná die voorval in ʼn verklaring gesê die werker is na bewering deur ʼn veiligheidsbeampte doodgeskiet. Hy het bevestig ʼn 46-jarige man is in verband met die werker se dood in hegtenis geneem.

ʼn Provinsiale polisiewoordvoerder het egter Maandag aan verskeie mediahuise gesê die vermeende skieter wat in hegtenis geneem is, is die eienaar van die plaas waar die oorledene gewerk het.

Hierdie inligting is verder versprei deur Lebogang Maile, die Gautengse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, landbou en landelike ontwikkeling, wat ʼn verklaring uitgereik het waarin hy ook aanvoer dat die verdagte in die saak die eienaar van die plaas is.

Trevor Roberts, ʼn plaaslike inwoner wat die oorledene se werkgewer en persone na aan die voorval ken, het egter aan Maroela Media gesê die verdagte wat in hegtenis geneem is, is beslis ʼn reaksiebeampte van ʼn private veiligheidsmaatskappy en nie die eienaar van die plaas nie. Volgens Roberts was die eienaar van die plaas geensins op die toneel toe die skietery plaasgevind het nie.

“Dit is noodsaaklik dat die korrekte feite oor hierdie voorval uitkom omdat daar nou baie gerugte versprei word wat glad nie waar is nie,” het hy gesê. Hy het verwys na inligting wat die ronde doen dat die oorledene die trekker wou gebruik om sy middagete by die huis te gaan haal toe die skietvoorval plaasgevind het. Volgens Roberts is hierdie inligting geensins waar nie.

“Die oorlede werker het die week voor die voorval sonder rede weggebly by die werk. Hy het toe ʼn dag voor die skietery weer by die werk opgedaag en was baie aggressief teenoor sy kollegas en is daarom gevra om die plaas te verlaat hangende ʼn dissiplinêre verhoor teen hom.

“Die volgende dag het hy teruggekom en die trekker met ʼn sleepwa agteraan gesteel en daarmee van die plaas af gery. Teen die tyd dat die eienaar van die plaas besef het die trekker is gevat, het die werker klaar die plaas met die trekker verlaat. Die bestuur van die plaas het toe ʼn plaaslike veiligheidsmaatskappy wat hy gebruik, gebel en gevra om op te tree,” het Roberts verduidelik.

Volgens Roberts het die reaksiebeampte die werker op die trekker agternagesit en probeer om hom te kry om stil te hou. Hy sê ooggetuies beweer die werker het baie roekeloos op die N14 bestuur tot by die Matshelapad- informele nedersetting waar die skietery plaasgevind het.

“Wat presies gebeur het wat daartoe gelei het dat die werker geskiet is, is onseker. Daar is verskeie weergawes van wat presies daar gebeur het wat tot die werker se dood gelei het en ek kan nie kommentaar lewer daarop nie. Die waarheid van presies wat die skietery voorafgegaan het, sal wel in die hof uitkom.”

Roberts het gesê hoewel hy nie kan aanvoer dat die reaksiebeampte heeltemal korrek opgetree het nie, voel hy dit is onregverdig dat die voorval nou as ʼn rasse-kwessie uitgebeeld word óf dat daar nou voorgehou word dat die werker niks verkeerd gedoen het nie. “Ons moet die polisie toelaat om hul ondersoek af te handel en die gereg sy gang laat gaan.”

Phindi Louw, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag, het aan News24 bevestig die verdagte, PWJ Durant, het Maandag in die Krugersdorp-landdroshof verskyn waar die saak tot Maandag uitgestel is. Die beskuldigde sal dan na verwagting om borgtog aansoek doen.

Louw kon nie Dinsdag telefonies bereik word vir kommentaar nie.

Castro Ngobese, die woordvoerder van Maile, het intussen die oorledene as Aaron Mutavhatsidi geïdentifiseer. Maile sal vandag saam met Naga Patrick Lipudi, die burgemeester van Mogale City, met Mutavhatsidi se familie vergader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hennie ·

Ek hoop Maile en Lipudi besoek eienaar van plaas, vra omverskoning vir sy valse berriggewing en dra hulle afkeuring oor, oor verlies van sy eiendom. Die hof moet besluit of beskuldigde skuldig is of nie met alle ware feite voor die hof.

Hannelie ·

Dankie Hennie. Ek hoop ook die polisiewoordvoerder en ALMAL wat die vals gerug versprei het vra om verskoning. Die polisiewoordvoerder het die valse gerug versprei en ek hoop die boer los dit nie daar nie. Want hy is vals beskuldig nog voor hul hom ondervra het. Eish ons land, ons land se mense wat dink hulle is slim.

Blits ·

O hel hier kom nog n gratis huis en wie weet wat nog, magtig maar hulle kan tekere gaan as een van hulle gedood word maar lag in die mou as n wit mens vermoor word, en ek dog ons almal is suid afrikaanse burgers.

Speedguard ·

Vir die SAPS se woordvoerder om sulke verklarings uitteryk is absoluut onverskoonbaar, hoe op aarde kan hy die media huise met onbevestigde inligting wat boonop vals is en spanning aan hits voorsien, weet hul dan nie wat om te doen as woordvoerder nie, hul behoort hom in die pad te steek , dit klink vir my werklik moedswillig of hy weet glad nie wat in ons Land aan gaan nie!

Keelvol ·

Ek stem saam met Speedguard dat dit bloot moedswilligheid is om mense op te sweep teenoor die boere. Hul wil die snert glo, daarom raak hul dit kwyt.
Ek stel voor die boer stel ‘n lastersaak teen die Polisie, LUR en media in!!

Blits ·

Sorry maar het jy al ooit een in die ANC regering gesien wat weet wat hulle doen?? hulle dan clueless

Al ·

Ons keelvol vir die politiekery wat ons arme boere moet deurmaak.
Sterkte aan die veiligheidswag wat se lewe heel moontlik in gevaar was met die agressiewe plaaswerker.

JoeV ·

Die media darem. “Trekker diefstal, verdagte is wel voormalige werknemer” sou dit lees. Die eerste daad weer gemis.

Marie ·

Die skade is gedoen,die propaganda teenoor boere word meer en meer negatief sodat die sentiment sal wees,”vat hulle plase,hulle is in elke geval skelms en rassiste.Die eerste tekens van genocide is om die negatiewe propagandamasjien aan die gang te kry. News24 is die duiwel in persoon.

Piet ·

Dis nou eintlik jammer dat die skade van die vals berig is seker reeds gedane sake. As boer kan ek net noem dat n ongeluk met enige trekker fataal sal wees vir die persone wat in die botsing betrokke is. Ek het in die ander berig genoem dat ek met n soortgelyke voorval tedoen gehad het (weet nie of julle dit sal plaas nie) waar n Ford 11000 4×4 trekker betrokke was. Die drywer, wat hoog op iets was, het versuim om te stop en het my voertuig van die pad af probeer ry. As ek nie opgetree het nie sou hy daardie dag iemand se dood veroorsaak het. Baie sterkte aan die man wat duidelik onregmatig gearrestreer is.

Koos B ·

Die LUR het dit heelwaarskynlik doelbewus gedoen en geweet teen die tyd dat die waarheid uitkom maak hy soos in die KFC landros se geval jammer ek het fout gemaak want hy weet die skade is klaar gedoen.

Sarel Stryd ·

Die skade a.g.v. verkeerde inligting te versprei is klaar gedoen. So word konflik in die Landbougemeenskap geskep. Presies wat hierdie mense velang. Dit is ook nie die eerste keer dat vals inligting versprei word nie. Gaan die DA die Minister hieroor aanvat. Glo nie

Esther ·

Die media is die bron van baie rasse haat. Dink nou net as hierdie skelmtrekker dief voor n motor ingery het en n gesin se lewe geneem het…. Onkruid moet met wortel en tak uitgeruk word, misdadigers het geen vrees vir die gereg nie daarom gaan hul voort met misdaad. Die rassistiese verslaggewers maak hul ook aan misdaad skuldig. You

SjN ·

Feite moet reg wees voor uitlatings deur partye gemaak word, mag reg geskied.

Roelfie ·

Maar julle stem dalk saam dat die man wat in die doodskis geprop is geen boer se saak goed doen nie? Te veel mense het nog ‘n pre-1994 houding.

Isabel ·

Dit is ophitsing om ons blankes en boere aan te val en te vermoor. Omtrent geen swart moordenaars word gevang na moorde op blankes of boere nie. Daar word hengse bohaai gemaak as blankes net iets doen. Ons kan maar net bid dat Vader wraak neem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.