Trekkers, plaasimplemente ingespan vir optog teen plaasaanvalle

Alwyn en René van Zyl (Foto: Verskaf)

“Ons wil die publiek wys wie ons boere werklik is. Daarom vat ons ons trekkers saam na die hof toe.”

Só vertel Hendrik Botha, ondervoorsitter van die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA) se Potgietersrus-distrik. Die unie reël ʼn optog eerskomende Dinsdag waar boere op hul trekkers, in vragmotors, bakkies en selfs met plaasimplemente in konvooi na die Mookgophong-landdroshof in Limpopo gaan saamtrek. Die drie verdagtes wat na bewering vyf maande gelede op Alwyn van Zyl (79) en sy vrou, René (66), se plaas digby Mookgophong (Naboomspruit) toegeslaan het, sal na verwagting dan in die hof verskyn. Alwyn is tydens die aanval vermoor.

Maroela Media het vroeër berig die Van Zyl-egpaar is Vrydag omstreeks 00:15 deur omtrent vyf aanvallers in hul plaashuis by Bad se Loop digby Naboomspruit oorrompel en aangerand. Die egpaar het gelê en slaap toe die mans die plaashuis betree het.

Die aanvallers het Alwyn se voete en arms met klere vasgemaak. Hulle het hom daarna verwurg. Hulle is toe na die ander kamer waar hulle Pauline gedreig en geld en vuurwapens geëis het. Hulle het haar met skoenveters vasgemaak en toe die kamer geplunder, op soek na goed om te steel. Pauline, wat die aanval oorleef het, is na wat verneem word steeds erg getraumatiseerd.

Boere van die Naboomspruit-omgewing gaan hul trekkers en waens inspan om aan die optog deel te neem.

“Ons wil die oggend om 09:00 by al vyf die ingange na Naboomspruit byeenkom en dan saam in konvooi na die hof ry. Van die boere gaan dan die hofverrigtinge bywoon.”

Botha sê daar is sover sowat 600 baniere vir die optog gemaak. Hy sê hulle hoop meer as 500 boere daag op.

Dit is die soveelste optog van sy soort die afgelope maand. Die eerste optog teen plaasaanvalle was op 30 Julie toe lede van die gemeenskap van Jan Kempdorp, Magogong en Hartswater na die Hartswater-landdroshof saamgetrek het in protes teen die moord op Dan (83) en Breggie (79) Brand en hul dogter Elzabie.

“Ons kan met hierdie optogte sien dat boere keelvol is vir plaasaanvalle en -moorde,” vertel Botha. “Ons wil die wêreld wys dit is nie lekker om met ’n wapen rond te loop en elke dag in vrees te leef nie. Dit is nie maklik om ’n boer te wees nie.”

Alwyn was een van die stigterslede van die Naboomspruit Boerevereniging. Hy was ook ʼn aktiewe lid van die TLU.

Botha vertel Alwyn se familie voel baie positief oor die optog en het waardering vir dit wat die boere vir hulle doen. “Hulle voel as net een lewe deur die optog gespaar kan word, is dit klaar die moeite werd,” sê Botha.

“Die mense in ʼn boerdery gemeenskap is baie heg aan mekaar verbind. As ʼn boer in die gemeenskap sterf, raak dit nie net die familie nie, maar ook die hele gemeenskap. Dit het ʼn demoraliserende effek op die gemeenskap.”

Boere wat Alwyn geken het, het aan Maroela Media gesê hy sou nie ʼn vlieg skade aandoen nie. “Hy het glad nie verdien wat met hom gebeur het nie,” sê die een boer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Nie Verbaas ·

Sien Cele se aandklokreel werk “100%” Misdadigers kan nou ongestoord rondbeweeg want polisie is eerder agter mense aan met onwettige sigarette en drank. Wonder wat polisie van Dinsdag af gaan doen om hulself mee besig te hou?

Kanjynoumeer ·

VODACOM, CELL C, MTN, en ander.
Plaasaanvalle neem toe.
Plase in die landelike gebiede is net soos stede en dorpe baie afhanklik van tegnologie.
Swak seine word op n deurlopende basis aangespreek in Landelike gebiede.
Geen poging word deur die selfoon reuse aangewend om landelike gebiede van goeie werkende selfoon torings te voorsien nie. Te min voete. Te min geld om te maak.
Dit is juis hierdie mense in die landelike gebiede wat die kos moet voorsien aan die land.
Ons smeek, dreig, maar die selfoon reuse steur hulle nie eers aan ons griewe nie.
GEEN of SWAK selfoon seine is aan die orde van die dag.
Plaasaanvalle of moorde kon dalk verhoed geword het, as ons behoorlike sein kon hê en n selfoon oral saam met ons kon dra!!

Scalla ·

Ons moet weer ons radios bruikbaar kry en van alternatiewe kommunikasie gebruik maak.

MARELIZE ·

Oom Alwyn en tannie René. Dierbare mense. Sagte mense.

Hierdie aanval was regtig so sinloos, so onnodig, soos derduisende ander, soos elke aanval in ons land.

Ja, ons gaan almal saam in die optog wees. Ons wil ‘n standpunt bevestig: God is in beheer, nie enige van die bendes, die mafia of die ANC nie.

Die Wolf ·

Maak asb seker dat die optogte oorsee uitgesaai word. Hoe meer negatiewe nuus teen die regering gaan veroorsaak dat meer mense en media notisie neem. Gebruik familie en vriende in die buiteland om op sosiale media te versprei.

saggiespraat ·

Die oorsee se mense het ons dan hier gelos om ALLEEN te veg. Kyk hoe min van ons is
in Suid Afrika oor, Voortrekkers sal ons altyd bly nie saam staanders nie.

TO ·

Ek staan saam julle, al kan ek nie daar wees, bid ek vir julle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.