TRESemmé 10 dae lank van alle winkelrakke verwyder

Die maatskappy Unilever het met die EFF ooreengekom dat alle TRESemmé-haarprodukte tien dae lank van alle winkelrakke in die land verwyder sal word.

Die rooi barette het met die maatskappy vergader oor ʼn sogenaamde rassistiese advertensie vir haarsorgprodukte wat die afgelope paar dae tot ʼn rasseherrie gelei het.

Verskeie winkels het reeds op eie stoom TRESemmé-produkte van hul winkelrakke verwyder ná klagtes dat ʼn advertensie daarvoor op die Clicks-winkelgroep se webwerf rassisties was. Die advertensie is verwyder en Clicks het om verskoning gevra.

Die EFF betoog sedert Maandag by verskeie Clicks-winkels landwyd in protes teen die advertensie.

Die EFF en Unilever het Donderdag in ʼn gesamentlike verklaring gesê hulle het saamgestem dat die advertensie rassisties en kwetsend is.

“Ons kon egter nie gemene grond vind oor die bekendmaking van die name van diegene verantwoordelik vir die rassistiese foto nie. Die direkteur betrokke by die veldtog het boonop sedertdien bedank en die land verlaat,” lui die verklaring.

Unilever het onderneem om ingevolge die maatskappy se interne prosedures tugstappe teen diegene betrokke te doen. Na afloop van die proses sal die uitslag daarvan bekend gemaak word.

Die EFF en Unilever het ook ooreengekom dat:

  • Unilever sy spyt te kenne gee aan alle Suid-Afrikaners, veral swart vroue, vir die rassistiese foto.
  • Unilever alle TRESemmé SA-produkte tien dae lank uit alle winkels sal verwyder as ʼn teken van sy spyt oor die kwetsende en rassistiese beeld.
  • Unilever ʼn minimum van 10 000 sanitêre doekies aan inwoners van informele nedersettings – wat die EFF geïdentifiseer het – sal skenk.

“Gesien in die lig van bogenoemde, het die EFF en Unilever ook ooreengekom om die kwessie ter ruste te lê.

“Ons het ooreengekom om verdere besprekings oor transformasie in Unilever te hou oor verkryging, bemagtiging, billike indiensneming en lokalisering.”

Dit is in hierdie stadium onduidelik of die kleinhandelaars wat reeds besluit het om die produkte van hul rakke te verwyder, dit na afloop van die 10 dae weer gaan beskikbaar stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

43 Kommentare

jongste oudste gewildste
MCH

My tiepe maak.Ha Ha

Dries

Ek sal nog steeds graag wil weet wie agter die advertensie sit. Die feit dat dit so maklik verdoesel word, se vir my die bekendmaking van die name sal die hele narratief bederf. Want die EFF is mos baie slim, as hulle wou sou hulle lankal daardie mense se name uitgesnuffel het en hulle adresse gepubliseer het, soos wat hulle mos al in die verlede met ander gedoen het.

JohanR

Ietsie of iemand bewaar ons as die EFF ooit die goverment van die dag word. Dit sal die ENIGSTE rede vir my wees om te dink om my geliefde SA en Afrika te verlaat. Sal nie meer die groot vyf in die VSA kan sien nie, maar sal nuwe goed soos ‘n beer kan sien. Sal aanpas sonder die EFF gemors, en probeer om die woke te ontwyk!

koos10

Dis nou weer EFF logika. Hoe gaan alle winkels in die land gedwing word om die produkte te verwyder? Met EFF geweld? Daar is meer winkels in die land as EFF lede! Sanitere doekies word uitgedeel aan inwoners soos deur EFF geidentifiseer???? Hulle gaan dit gebruik om politieke punte aan te teken! 10 000 daarvan. Wie gaan kry en wie nie?? En nou EFF, ek het ‘n probleem met Black Like Me, wat nie ontwikkel is vir Wit, Bruin en Indier mense nie. Kan julle my daarmee help? O ja, onthou ek nou, ek val nie in julle teiken mark… Lees meer »

JohanR

En wat moet ek nou maak vir 10 dae doen….met cruz hare rondloop?