‘Treurgrond’: Akteurs vertel hoe fliek hul oë vir plaasmoorde-krisis oopmaak

Foto’s en Treurgrond se lokprent volg onderaan die berig.

Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr

Die werklike omvang van plaasmoorde en -aanvalle in Suid-Afrika en die brutaliteit, hartseer en trauma wat daarmee gepaard gaan, het eers regtig by hulle ingesink toe hulle aan die rolprent Treurgrond begin werk het.

Van die land se voorste akteurs soos Steve Hofmeyr, Barbara-Marie Immelman, Erica Wessels, Jana Strydom en Graeme Kriega het vandeesweek tydens die samestelling van elektroniese mediapakkette by AfriForum se kantoor in Centurion die sluier gelig oor hoe intens en aangrypend dit vir hulle was om die rolprent te maak. Die prent begin op 29 Mei in teaters draai.

Die draaiboek is deur Tarryn-Tanille Prinsloo geskryf met die befaamde rolprentmaker Darryl Roodt as regisseur. Die rolprent is deur Samuel en André Frauenstein van Phoenix Films vervaardig en behoort Suid-Afrikaners oor alle grense heen te skok en aan die hart te gryp.

Roodt het beklemtoon dat dit belangrik is dat Suid-Afrikaners moet verstaan dat die prent op geen manier ’n politieke instrument is nie. “Dit is ’n dokumentêre prent wat uitbeeld hoe die hele land en gemeenskappe in geheel deur ’n maatskaplike kwessie uitmekaar geruk en verpletter word.”
Hofmeyr, wat die hoofrol van Lukas van Staden vertolk, het daarop gewys dat die rolprent nie net plaasaanvalle en -moorde belig nie, maar ook die daaglikse stryd van die Suid-Afrikaanse boer, sy verhoudings met sy mense, werkers en sy rol in die gemeenskap.

Volgens Hofmeyr word die kwessie van plaasmoorde die afgelope 15 jaar verswyg en is dit tyd dat bewusmakingsveldtogte ook oor internasionale grense breek. “Ek is lief vir alle Suid-Afrikaners en my hoop is dat almal se lot in die land moet verbeter. Dit is egter so dat dit met ons mense baie sleg gaan en ons hoef maar net na die statistieke te kyk. En daarmee wil ek die Suid-Afrikaanse boer uitsonder wat die risiko loop om vandag vermoor te word.”

Hofmeyr het gesê die land se leiers “vee hul #@&$^ aan plaasmoorde af” en niks word gedoen om barbare wat mense op die wreedste manier vermoor vas te vat nie.

“Daar is baie mense met vooroordele oor hoekom ons die fokus op plaasmoorde wil plaas. Ek sê net gaan kyk na die getalle. As daar uiteindelik te veel goed met een groep mense gebeur, skep dit stereotipes. Hierdie is ’n realiteit waarvan ons nie kan wegkom nie. Dit is absurd wat in die hierdie land aangaan en politici belieg ons oor moord- en ander syfers.”

Hofmeyr meen alle Suid-Afrikaners moet na die fliek gaan kyk. “Niks gaan jou hierop voorberei nie. Gaan kyk daarna en wys op dié manier dat wat besig is om met mense te gebeur nie vir jou ‘normaal’ geword het nie.”

Wessels vertolk die rol van Nellie van Staden, Lukas se vrou en ’n kontemporêre boervrou. Sy het gesê die prent het haar geruk en met tye laat sidder. “Ek het party dae nadat ons verfilm het oorweldig by die huis gekom en by myself gedink ek kan God net dank dat so iets nog nie my realiteit was nie. My hart gaan, nadat ek die rol vertolk het, uit na elke man, vrou en kind wat al iets so verskriklik soos ’n plaasmoord of -aanval moes deurmaak.”

Wessels hoop dat die prent debat sal ontlok en mense oor alle kultuurgrense sal aanspoor om bymekaar te kom om saam na oplossings te soek vir goed wat die hele land vernietig.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit en mede-outeur van die boek Treurgrond waarvoor die titel ook vir die rolprent gebruik is, het gesê sy eie oom Frik is wreed op sy plaas vermoor. “Hy is op die grond begrawe waarvoor hy so lief was en geleef het. Op sy begrafnis het dit liggies gereën en dit was asof die grond getreur het….

“Ek het die draaiboek van die rolprent gelees en ek was geskok en kon nie help om te huil nie. Agter al die statistieke is daar name én plase wat vermoor word. Dit is mense wie se stories vertel moet word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pretorius ·

Dankie Steve dat jy vir ons opkom. Ek sou so graag wou sien dat alle Afrikaner organisasies tog net wil saamstaan en ophoe om onder mekaar te stry. Ons skuld die Britse ANC niks so ook nie die Xhosas, Zoeloes, Thwanas, of enige ander Ngunis nie. Hierdie selfde mense het ons van hulle land afgejaag en die Britte gehelp in n oorlog teen ons. Dit is net die waarheid wat hulle wil verdraai om alles wat ons self gebou het by ons te steel.

faith ·

Ek stem hoop die fliek maak almal se oe oop. Boere is daar om vir ons kos te gee maar word aangeval en vermoor. “n opkomende boer(hy is swart) is in die week aangeval en 120 skape is gesteel hoekom. Besef die mense nie wat hulle doen nie die boere is wit, swart, of bruin hulle gee vir ons kos los hulle uit. een van die dae is daar nie kos nie dan gaan hulle spyt wees dat hulle die boere so treiter

RK ·

Ek dink die film is ‘n moet vir elke Suid Afrikaner.

Tog glo ek nie dit sal dinge in ons eens mooi land verander nie. Wat gebeur, gebeur omdat dit beplan is en uitgevoer word met ‘n doel agter dit…

‘n Storm is aan te broei in Suid Afrika wat nie meer gekeer kan word nie…

HEVW ·

Dirk, jou oom Frik, is dit hy wat die boek VONNIS OOR N VOLK GESKRYF HET? Die
persoon het ons in die omgewing Kamanjab, Namibie, op die plaas Monte Carlo besoek en toegespreek. Ek het groot waardering vir hom gehad.

boer ·

Ek wonder of die ANC gaan probeer keer dat die rolprent vertoon word???? Plaasmoorde is mos maar gewone misdaad volgens hulle .

My hart is seer oor al my mense wat met hulle lewens betaal het, maar die tyd het gekom ” n oog vir n oog en n tand vir n tand”. Ons is lank genoeg gemartel,verkrag en vermoor

Leonie ·

Ons nasie sal moet verenig teen die massa ANC terroriste wat met ons doen soos hulle wil. My nasie my volk my mense ons vir jou Suid Afrika

ladybug ·

As jy langs jou oupa van 79 se graf staan en jy is net 11 jaar oud, verstaan jy net dat daar ‘n leemte in jou lewe is wat niemand kan vul nie.

Wanneer jy as volwassene by die PG se kantoor werk en die dossiere se fotos sien van ou mensies wat vermoor word, dan tref die realiteit jou en jy sukkel vir die res van jou lewe om met die onsinnigheid van plaasmoorde te verstaan.

Dis lankal tyd dat ons iets hieraan doen en ek sê dit weer wanneer daar ‘n eenheid op die been gebring word wat plaasboere beskerm, is ek eerste in die ry om vrywillig aan te sluit!

Drieks ·

ladybug, ek kry so seer as ek jou storie lees. Die seer wat ons elke dag in hierdie land lees en elke familie van ons voel. Ek hoop jou en ons droom word waar.

Liesl ·

Uitstekende film wat ‘n boodskap dra wat mens vasgryp – die gebeure is te te werklik en te skokkend met tye, maar mens is deel van een gesin se storie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.