Trevor Manuel: ‘Nie net Zuma is te blameer’

Trevor Manuel. Foto: ANA

Pres. Jacob Zuma is nie die enigste persoon wat te blameer is vir die huidige stand van sake in Suid-Afrika nie, aangesien die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) “doen soos hy beveel word”, het Trevor Manuel, die voormalige minister van finansies, Donderdag gesê.

“Ek wens dat ek al hierdie vernietiging voor die president se deur kan lê, maar hy tree nie alleen op nie. Inteendeel, hy kry meestal ander om namens hom op te tree,” het Manuel gesê tydens die Eric Molobi-gedenklesing by die Universiteit van Johannesburg.

Manuel het oor leierskap, etiek en verandering gepraat en voorspel dat die ANC se Desember-verkiesingskonferensie op dag een of twee kan ineenstort weens die moontlike manipulasie van ANC-takgetalle.

Manuel het verwys na die ANC-lidmaatskapgetalle wat al meer toegeneem het in aanloop tot die 2012-verkiesingskonferensie in Mangaung, maar sedert 2015 weer afgeneem het. “My vermoede is dat daar die moontlikheid is van syfers wat opnuut gemanipuleer gaan word en as dit werklik so is, dan is die waarskynlikheid dat die konferensie op ʼn kritieke stadium op dag een of twee gaan ineenstort uiters hoog,” het hy gesê.

“As die konferensie wel voortgaan, sal dieselfde aaklige situasie uitspeel.” Hy het gesê Suid-Afrika het nodig dat die regering na die verkiesingskonferensie gaan nadat hulle “ʼn paar rasionele dinge gedoen het”, insluitend ʼn evaluasie van sy prestasies sedert die laaste verkiesingskonferensie.

Manuel het gesê die Suid-Afrikaanse wet en regsinstansies is onbekwaam gelaat en vernietig. Hy het gesê gelykheid voor die wet beteken die elite moet net soos die armstes en mees weerlose mense aanspreeklik gehou word.

“Vandag moet ons onsself afvra hoekom het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), die Valke, die misdaadintelligensie-eenhede van die SAPD, die polisie, die Nasionale Intelligensieagentskap, die Staatsveiligheidagentskap, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en selfs die Openbare Beskermer heeltemal onbevoeg geraak,” het hy gesê.

“Ongeag die feit dat hierdie instansies op die been gebring is om ons in staat te stel om ten sterkste weg te breek van ons apartheidverlede, is hulle vernietig omdat hulle teenwoordigheid as wetstoepassers nie in die belang van die regerende elite is nie.”

Hy het gesê die ANC het dringend ʼn leierskapverandering nodig. “Ons het ʼn ANC nodig wat ʼn leierskapskuif in die regte rigting wil maak; ʼn ANC wat klem plaas op etiek en sy leierskap sal aanspreeklik hou,” het hy gesê.

“Ons het ʼn ANC nodig wat kan insien dat hy langs die pad verlore geraak het. Nog te meer het ons ʼn ANC nodig wat in staat is om ʼn visie te ontwikkel en uiteen te sit vir ʼn toekoms vir alle Suid-Afrikaners soos deur sy eie en die Suid-Afrikaanse grondwet gestipuleer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johanna Botha ·

Ja jy ook ou Trevor …want jy se NOU eers iets aa dit te laat is !

Rupert Ashford ·

Ai Clever Trevor, kyk bietjie noord en wys ons een sg bevrydingsbeweging wat suksesvol was met wat jy van die ANC vra. En die hartseer is die alternatiewe is niks beter nie (EFF en DA).

Nicolaas ·

Dis eintlik baie maklik mnr Manuel. Die Grondwet is verkeerd geskry vir Suid Afrika. Dit is ‘n werktuig wat baie mooi en goed werk vir ‘n demokratiese bestel waar die regerende party nie deurtrek is van korrupsie en staatskaping nie, maw dit werk nie in SA nie. Dit is soos om met ‘n tuinvurk ‘n hoop sand te wil optel. Dit het die misbruik van die Parlement deur ‘n meerderheid wat deur korrupsie oorheers word, totaal onderskat. En noudat ons daar is, kan jy die politieke bestel nie verander nie. Dis soos om te probeer die ‘turf’ van ‘n bende te wil oorvat met pasifiste. Die Grondwet se kontrole oor die Parlement is so pateties swak, dis hoogtyd dat one erken dat die skrywers daarvan ‘n fout gemaak het toe hulle gedink het Afrika is reg vir skoon regering

kat ·

Is jy ook te blameer Trevor? Is jy bang dit kom uit? Was jy dalk ook een van die “keepers” in die agtergrond?
Waarheen gaan jy immigreer Trevor?
Die ANC het alles in hierdie land vernietig en jy is ‘n lid van hulle – so as ek jy is bly ek eerder stil en skuif weer in die agtergrond in.

Cherokee ·

…emigreer is die woord wat jy wou gebruik, Kat. En jy is reg, Manuel is lid van die ANC en geswore lid daarvan net soos Gordhan (wat vele DA-lede se held is) ook lid is van die ANC sedert Umkhonto we Sizwe dae toe bomme in winkels en op spoorwegstasies geplant is. Luister na Manuel se woorde, net soos die van Gordhan en dit is duidelik dat hul denke steeds net ANC is. Net soos Zuma het hulle die bomme as antwoord beskou.

slim het sy baas gevang ·

Nou te laat om oor die ANC te kla….. Jy was deel van hulle. En wat het hulle vermag? Agteruitgang, korrupsie, moord en doodslag want die polisie beteken niks – kyk na die leier/minister van die polisie- dit spreek boekdele. Alles is tot niet in S A gemaak – junk status. Waarom nie vroeer iets probeer doen nie? Was dit te lekker op die gravy train toe jy nog ‘n kaartjie gehad het?

John ·

Iemand of iets raak nie net eensklaps sleg of die spoor duister nie. Die ANC was van grondslag af ‘n ‘toneelgeselskap’ wat uitskieters en uitpraters uitgefaseer en die o so volmaakte beeld voor konings en keisers vertoon het. Die Oscar is jaarliks gewen vir vroomheid, die geldjies het ingerol en niemand het iets gevra of gerep nie. Dis was die styl en dit is dit steeds nou. Korrupsie is die ‘bottomline’ en die motto. Om nou te soek na helde en kamma-mooi ideale… Die Christelike geloof was ook nog nooit prioriteit nie… ook nie vir Mandela nie… soos deur homself glo bevestig… So waar laat dit ons? Kan mens iets bou of herstel as daar geen bloudruk was of is nie… ?

tertius ·

Al zuma se Keepers en de klerk en sy meeloper roelf meyer is te blameer. Ook almal wat na Kodesa daar was wat die land sistematies vernietig het. Met ander woorde die anc. Ook die lede soos die agbare Trevor Manual.Ook die guptas wat die land rot en kaal besteel het met zuma en kie se goedkeuring. Die anc gelukkig is toe ook vernietig – en dit het die anc toe ook sommer self reggekry en dit is een ding waaroor ek baie baie bly is.

keepers ·

Nee daar is ‘n hele paar ander om ook te blameer.
Al die keepers – veral sekere ministers, zuma, de klerk, roelf meyer, da, eff, anc lede wat al afgetree is en wat nou dien.

Cherokee ·

Interessant dat na Meyer, Botha & kie gereeld verwys word as de klerk se meelopers maar die ja-stemmers word verontskuldig. Húlle, die ja-stemmer, was tog ook meelopers. En daarna, swaai hulle jou wrintiewaar DA(!!!)… net om nou drupsgewyse by die VF aan te sluit. Die mense wat nie onkunde kan pleit want Albert Hertzoght en Jaap Marais het dit teen lamppale en straatligte uitgespel en elke dorp. Die uwe het as voorsitter uit eie begroting veel daarvan self teen pale langs strate opgerig.

Net voor die laaste verkiesing wat die NP beveg het, het Kas tydens ‘n vleisbraai by sy huis vir my gevra wìè ek sou beskou as ‘n beter leier (vir die NP natuurlik) as Martiens Van Schalkwyk! My antwoord was dat ek nooit NP gestem het nie en hulle dus verantwoording moet doen vir hul eie keuses. Kort nadat die NP gevou het, het hy vir my gesê dat hy nou VF stem. .. Nòu Kas, weet jy wie Cherokee is.

Alida ·

Mnr Manuel ek het baie respek vir jou. Die blyste dag sal wees as JZ en al sy maters die walk of shame loop Pollsmoor toe.

Cherokee ·

Nie slegs jy nie Alida. Lees hoër op waar ek sê dat vele DA-aanhangers ook Gordhan as held beskou.

Cherokee ·

……. selfs al het hulle meegedoen aan bomme in openbare plekke met die doel om onskuldiges te vermoor. Betoon maar jou respek aan hom… en verloor sodoende respek van eie nasie.

Andre ·

Die verval en korrupsie het al in 1994 begin, hoekom is hulle almal skatryk / miljoeners oornag? Sommiges het selfs ‘n drank probleem. Destyds is persone aangestel in hoë poste met helse salarisse, range, geen ondervinding en onbevoeg, kamstig regstelling. ‘n “Freedom Fighter” kon nog nêrens in die wêreld oorskakel van afbreek na opbou nie, gaan kyk maar. Die rampokkers het alles oorgeneem, selfs die howe word nou polities aangewend. ‘n Verkragter is destyds kwytgestel en het voort gegaan om die land, sy mense en ekonomie te verkrag omdat hulle om nie destyds gestop het nie. . Nou is ons verbaas dat alles het verval terwyl ons ons self vertel van die reënboog nasie wat die wêreld gaan oorneem. Hoeveel het al erken of is uitgevang of is al dood met hulle valse kwalifikasies, maar geen tronk of terugbetaal. Wie stel hulle aan? BEE is die meganisme om sekeres (insluitend sekere besighede) skatryk te maak. Wil jy sê dat niemand het iets geweet van die korrupsie en steel totdat die Thuli verslag uitgekom het? Banke het vir jare niks gesê. Niemand het iets gesê oor al die “regstel”, korrupsie, diefstal en moorde tot nou. Daar is nie genoeg tronke nie. Nou praat hy van “alle Suid Afrikaners”. Lagwekkend!

jaco ·

Dis jammer dat meeste kritiek uit ANC-kringe teen die ANC, afkomstig is van mense wat meestal uitgetree het uit die aktiewe politiek, soos Kgalema Mothlante, of hulle racial credential is nie reg nie: Manuel is Kleurling, Gordhan is Indiër, Derek Hanekom is wit en Ronnie Kasrils is ‘n Jood. Hulle het ook ALMAL, saam met Dr Khoza wat onlangs uit die ANC is, stilgebly toe die eerste tekens van die ANC se korrupsie en wanbestuur maklik 10 jaar gelede al begin wys het. Zuma se heulery met Schabir Schaik was al in 2005, maar almal in die ANC wat nou so besorg is, was toe stil, of hulle was vinnig om kritiek teen Zuma en die ANC af te maak as rassisme of anti-rewolusionêr.

Cherokee ·

Somtyds trek my mondhoeke na onder vir jou kommentaar maar daar is tye jaco, wanneer ek hou van wat jy sê; soos hier. Terwyl Manuel in ‘n posisie was waar hy ‘n motor kon koop vir meer as ‘n miljoen rand met belastingbetalersgeld het hy nie die ANC gekritiseer. Nòu is hy ‘n kritikus maar erken is dieselfde woorde dat hy (steeds) die ANC ondersteun. En mense in hierdie selfde forum spreek hul respek vir hom uit.

Kat ·

Cherokee jy slaan so die spyker op die kop met alles wat jy se. Dankie daarvoor.

Cherokee ·

Dankie vir jou ondersteuning, Kat, Ek weet, en het jou daarom opgevolg, dat jy my taal praat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.