Trevor Manuel: ‘Zuma het kabinet laat ontplof’

Trevor Manuel kort voordat hy met sy getuienis voor die kommissie van ondersoek na staatskaping begin het. Foto: Karen Sandison/ANA

Trevor Manuel, voormalige kabinetsminister, het Donderdag aan die Zondo-kommissie van ondersoek gesê die voormalige president Jacob Zuma se uitbreiding van die uitvoerende gesag “het die kabinet laat ontplof”.

Manuel het gesê daar was in Oktober 2010 tydens een van Zuma se grootste kabinetskommelinge aansienlike veranderinge in hoe kabinetaanstellings gemaak is. Dié kabinetskommeling het tien ministeriële veranderinge tot gevolg gehad, met sewe ministers wat in die pad gesteek is.

Manuel het getuig hoe Zuma se besluit om sommige staatsdepartemente in twee te verdeel en nuwes te skep die regering opgeblaas het, en hoe die aanstelling van Bathabile Dlamini en Malusi Gigaba die norme van die kabinet verander het.

Daar word wyd geglo dat Zuma weerstandige ministers met buigbares vervang het op aandrang van die Gupta-familie sodat hul sakebelange met die regering bevorder kon word.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo groet die kommissie voordat die getuienis van Trevor Manuel begin. Foto: Karen Sandison/ANA

“Dit het die kabinet laat ontplof. Sedert 2009 is nuwe posisies geskep deur departemente te verdeel en nuwes op die been te bring,” het Manuel gesê.

“Byna elke posisie het ʼn adjunkminister gehad met sommiges wat sommer twee adjunkministers gehad het. Daar was geleentheid vir begunstiging toe die kabinet só uitgebrei is en die manier waarop dit gedoen is.”

Manuel het gesê volgens artikel 85 van die Grondwet moet die president rasionele denke toepas wanneer kabinetsministers aangestel word, maar daar is niks daarmee verkeerd om ander te raadpleeg oor wie aangestel moet word nie.

As voorbeeld het hy genoem oudpres. Thabo Mbeki het hom in 1999 ingelig van sy heraanstelling as minister van finansies in die teenwoordigheid van Kgalema Motlanthe, maar hom gevra om nie vir enigiemand anders te sê voor die amptelike aankondiging nie.

“Daar moet ʼn objektiewe toets vir rasionaliteit wees. Daar moet ʼn toewyding wees om die republiek te bevorder en om getrou aan die republiek te wees. As daardie woorde hul betekenis verloor, dan sal die gedrag nie volg nie,” het Manuel gesê.

Siphiwe Nyanda by die kommissie van ondersoek na staatskaping. Foto: Karen Sandison/ANA

“Die kwessie oor konsultasie met ander vereis interpretasie van die ampseed van die president, wat die republiek moet bevorder.”

Manuel het ook aan die kommissie gesê dat Fikile Mbalula, voormalige kabinetsminister, in Augustus 2011 tydens ʼn vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) erken het die Guptas het hom in kennis gestel van sy aanstelling as minister van sport.

Mbalula is in November 2010 aangestel as minister van sport nadat hy voorheen adjunkminister van polisie was, maar het eers byna ʼn jaar later erken die Guptas het hom na bewering hiervan ingelig. Manuel sê Zuma was teenwoordig toe Mbalula met die sak patats vorendag gekom het, maar het geen reaksie daarop getoon nie.

“Daar was ʼn intense gesprek oor die invloed van die Guptas in reaksie op wat aanvanklik as ʼn politieke oorsig begin het. Toe dit Mbalula se beurt was om te praat, het hy baie emosioneel geraak. Ek sê nie hy het gehuil om hom te verneder nie, maar hy was besonder emosioneel,” het Manuel gesê.

“Hy het gesê hy is na Saxonwold ontbied en deur die Guptas ingelig [van die aanstelling]. Hy was aanvanklik baie opgewonde om deel van die kabinet te wees, want dit het gevoel soos bevordering. Maar terugskouend stem hy saam dit was nie die Guptas se plek om hom in te lig nie. Dit was die prerogatief van die president en daardie prerogatief is geskend.”

Manuel se getuienis sou ná middagete voortgesit geword het. Ná hom sal nog ʼn voormalige kabinetsminister, Siphiwe Nyanda, na verwagting getuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Paul ·

Al wat ek graag wil weet, waarom is dit nodig om hierdie inligting eers bekend te maak by ‘n Kommissie. Hierdie eerbare hooggeplaaste lede van die ANC weet al van die Staatskaping vir die afgelope ±10 jaar, en dit pla hulle nou eers. Hoekom die plundery so lank laat voortduur. Het hulle nie maar daardie tyd uit dieselfde “krip gevreet” nie?

Afrikaner ·

Ek stem, daar is meer van hulle wat geweet het van die Guptas, so kom dit nou uit, ook wat daar besoek afgelê het, maar almal het al die jare stil gebly, wat ‘n klad is dit nie op hul name nie.

ida louw ·

Wil net graag weet, toe hulle almal onder “eed” ingehuldig is waaraan het hulle op daardie oomblik gedink handjie in die lug, hoe gaan my broeksak nou bult???

hendrik ·

Ou Clever Manual wei so uit oor Zuma soveel so dat hy sy eie kaskenades vergeet. Maar dis mos altyd…”hu uuh nee wassie ekkie”

Afrikaner ·

Daar is meer van hulle wat geweet het van die Guptas, so kom dit nou uit, ook wat daar besoek afgelê het, maar almal het al die jare stil gebly, wat ‘n klad is dit nie op hul name nie.

Pieter ·

Die Guptas en Bosasa het gebeur tydens die ANC se waak, so sal dit in die geskiedenis opgeteken staan.

Pieter ·

Ek wonder of die ANC nou nog so gretig sal wees dat ‘hul’ geskiedenis op skool gedosseer word. Dalk sal daar ook ‘n ‘gap’ wees soos in my voortanne.

leser ·

MMM ou Frikkie se dag het gekom!!!!
Mooi man!!
Groot Meneer gaan ook val!!

John ·

Kan kan ons nie ‘n nuwe kanaal vir die sondes-geselsprogram kry nie… ok een vir staatsbegranisse, terwyl ons nou so oor die SABCDEF…. praat, want ons soek waarde vir ons lisensies. Die spulletjie raak nou eers lekker… amper soos die Die Mielieblaarklub van destyds…. hoeveel jaar het dit toe geloop? Misdaad het ‘n hele ander aansig getoon in die nuwe aanbieding: geen skuldiges nie net en toe het hy en toe het sy en toe het Zuma dit gesè en toe het die Guptas ons op die voorstoep laat sit. Nou waar was die voorstoep? Was daar ranker en waar was die swembad 3 treè of 4 treè links of regs. Was daar ys in die ystee. Nie? Is jy seker? Hoeveel blokkies… dis krities van belang… Ons verdaag tot Maandag… Nee, Dinsdag….

Huigelaars ·

Ou Trevor kon mos sy mond destyds oopgemaak het.Waarom het hy nie?
Was seker te snoesig lekker tussen die mede gemors.

Waarom Wag? ·

Nou wanneer word Zuma van hoogverraad aangekla? – En al sy pellies ook?
Dit praat en praat en praat en niks gebeur nie.
Niemand is al aangekla of is in die tronk nie?

JohanL ·

Ek dink dinge gaan nog baie warm raak agv druk vir die nuwe direkteur van die NVG. Groot besluite wat wag op haar want sy sal moet besluit of daar kriminele sake gaan volg. My vraag is net? Moet iemand soos bv DA, Afriforum of wie ookal, eers ‘n klag gaan l^e of kan NVG “op eie” besluit om te vervolg?

So ja, ek raak ook ongeduldig en wil ook opmerking maak dat alle ANC kamerade nog vry rondloop. Maar kom ons kyk wat gebeur as Zondo kommissie klaar is wat dan gaan gebeur. Kan nie wag nie.

Jepetto ·

Waar is Zuma en die Guptas bring hulle voor die Zondoe kommiesie

Pieter ·

As hulle almal woet aankla wat geweet het en niks gedoen het nie, lyk my bly net die opposisie partye in die parlement oor.

Manna ·

Die hele klomp moet aangekla word van hoogverraad en geskiet word. Geen genade vir hulle, ons land en sy mense gaan nog lank die gevolge ly as gevolg van hulle geplunder.

Jerry ·

Die getuienis van Trevor oor Fikile is nie om Fikile te sink nie, dit is om hom te red. Hulle weet dat iemand anders weet wat hulle weet en daarom bieg hulle eerste met n lekker soetsappige emosionele storie wat hulle daaraan koppel. Fikile was geensins bewoe toe die Guptas hom ingelig het nie, hy en Trevor het lekker geparty!Misleiding is doodeenvoudig sinoniem met die ANC. Die ANC van gister is nog steeds die ANC van vandag, dit het nou net n ander mombakkies opgesit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.