Trevor Noah kuier by Ramaphosa

Trevor Noah en pres. Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Die komediant Trevor Noah het Donderdag ʼn besoek afgelê aan pres. Cyril Ramaphosa.

Noah het by Tuynhuis saam met Ramaphosa gekuier en “ʼn wye verskeidenheid kwessies bespreek”, waaronder Noah se stigting en die werk wat hulle doen om weeskinders en jongmense met opleiding en vaardighede by te staan, aldus die departement van kommunikasie.

“Die president loof Trevor dat hy die Suid-Afrikaanse vlag hoog laat wapper met die hoogtepunte wat hy tot dusver in sy loopbaan behaal het as ʼn komediant en TV-aanbieder.”

Die Suid-Afrikaanse komediant is die aanbieder van The Daily Show, ʼn Amerikaanse satire-nuusprogram op Comedy Central.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

John ·

Noah is ‘n vreemde van in SA. Is dit Trevor se verhoogvan? Vertel ons meer oor die man wat so skielik ‘n opgang gemaak het.

Sakkie ·

Dit is seker die honde kos wat hy volgens homself moes eet tydens die apartheids jare.

Eliz ·

Sy pa was n Duitser en sy ma n huishulp(dink ek). Hy het groot geword in n land waar dit teen die wet was dat sy ma en pa saam gesien mag word. Hy is nie mal oor ons boere nie maar hy koester nie n wrok teen ons oor apartheid nie. Ek is nie sy maatjie nie maar daarvoor het hy my respek.

Snowball ·

So gepas dat ‘n komediant kuier in Tuynhuis – die ANC se mislukkings en korrupsie is epies van aard; ideale materiaal vir ‘n grapgat se volgende show.

Lol ·

Die ANC is ‘n “comedy of errors”. En Trevor Noah se materiaal raak nou afgesaag; sinspeel altyd op ras en wit op swart geweld .

Alida ·

Stuur hom terug waar hy vandaan kom rig net skade aan en in sy oe is alles n grap.

Willie ·

Lang groot duur ramp slang in die gras! Nou word die aandag afgelei met ñ liberale grapjas!

Ray ·

Grootste Nuwerwetse rassis wat ek in jare gesien het. Hy moet maar by Julius ook gaan kuier. Die sirkus is hier

Theresa ·

Het ni tyd vir hom nie. Sy grappies in elkgeval n klomp twak.

Obserweer ·

Trevor maak goeie grappe. Sommige mense kan net nie die waarheid vat nie. Trots op hom, hy sit Suid Afrika op die Map. Die ou suurknolle ken nie n grap as hul dit hoor nie. Dus mos nie lekker as iemand die waarheid met humor meng nie en in dieselfde asem rassime, korrupsie onbevoegheid en vele ander probleme in Suid Afrika aan die grootklok hang nie. Die ou spot met almal sy ma, ouma familie enige een . Proof me wrong please. So hoekom hom n rassis noem. Laat ek raai omdat hy susksesvol is?

@ OBSERWEER ·

Ja dis veral lekker om wit te wees en uitgetrap en onskuldig beskuldig te word deur ‘n so-called komediant wat nou die liberale in AMerika gaande het terwyl hy sy geld JUIS Uit die blankes in SA gemaak het wat na sy sotlike shows gekyk het . nou is hy ANTI WIT ..

Gert van Wierdapark ·

Noah sal gemaklik inpas saam met die Pres. – selfs in die Parlement sal hy so tuis wees as kan kom, want met n Hanswors uit die VSA sal die Sirkus ‘n nog groter “Hit” wees as tans!

Annie Webb ·

Trevor Noah is een van die baie bitterbek-“grapjasse” op een van die baie linkse hoofstroom-TV-stasies in die VSA. En hy bou soos al die ander sy program grotendeels op kritiek van pres. Trump. Nou wonder ek net: as pres. Trump so ‘n vark en mislukking is, hoekom moes Noah Amerika toe gaan om sy fortuin te maak? Hoekom kon hy dit nie hier in SA doen nie? Om dieselfde rede as wat die Derde Wêreld van oral oor na die VSA stroom? Omdat die Derde Wêreld se sosialisme dit oral ‘n mislukking maak, terwyl kapitalistiese VSA veral die afgelope twee jaar met pres. Trump aan die stuur ekonomies enorm suksesvol is. Maar mense soos Noah uit die Derde Wêreld gaan word skatryk in Amerika, terwyl hulle deurentyd die Amerikaners wat Amerika gemaak het wat dit is, afkraak. En hulle sien self glad nie die ironie nie. Oh well, nou kom ploeg hy darem so ‘n klein bietjie kleingeld terug.

Wakker ·

Toemaar, net oop kop mense sal sy skerp sin
vir humor snap en sy sarkasme verstaan. Hy praat die waarheid en seker mense wat liggeraak is sal hom afmaak as n rassis en n hanswors. Ongelukkig is Ramaphosa ook ni een van di skerpste potlode nie, so glo ni Trevor sou enigsins deur dring ni

LYunette ·

Janee mens is vreeslik liggeraak as iemand jou ‘n dief en ‘n moordenaar noem terwyl jy nie een is nie NE?? En sy kritiek op Trump is net so ongevraagd terwyl hy miljoene in Amerika gemaak het …

Oujongvrou ·

Wakker, skrik asb wakker.Hy is n rassis en nie eers snaaks nie.

RM ·

Een rassis ontmoet nog ‘n rassis. Kyk Trevor se program, hy haat wit mense.

Theresa ·

Ek stem saam met Snowball en Lol. Hy moet maar liewers weer oorsee gaan bly. Hy ag homself nou vreeslik belangrik.

Nel ·

“Politics makes strange bedfellows.” Gister was dit hand-om-die blaas met George Soros en vandag is dit wees Trevor Noah.

HPV ·

Hy behoort hom tuis te voel in die geselskap van die anc, eff en blf.

Leser ·

Trevor Noah is ‘n verraaier….hy kan sy opinies maar vir homself hou en daar in die VSA bly.

flip ·

luister na julle self……ondersoek n bietjie julle self….julle is net klagtes….van die more tot die aand……Mag julle n geseende daggie he.

barend ·

Netjies aangetrek ,die Bybel praat van die wereld prinse ,Hulle is niks anders as voel verskrikkers .

Trevor my Held ·

Van almal wat so VSA toe hardloop kom hy trug huistoe ploeg geld trug en dis jamer dat hy gehaat word vir sy sukses. “Shine” Trevor jy moes baie tydens apartheid verduur!

Dries Moolman ·

Ag asseblief. Sy arme ouma bly nog in ‘n pondokkie langs ‘n stofstraat in Soweto, terwyl hy in ‘n paleis in Beverly Hills bly. Waar val jy uit??

Allan ·

Ek sien Maroela haal al my komentaar uit – nou los dit. Sal nie weer probeer nie

Meisie Dewing ·

Ek het sy programme baie geniet daar in sy begin jare maar hy is deesdae erg rasisties teenoor witmense.

Out of Africa ·

Toemaar al julle klakouse, gelukkig hou die Aussies nie van hom nie. Hy het amper met ‘n didgeridoo in sy agterent huis toe gevlieg na sy simpel grap oor Aborigene vroue.

Wakker ·

Baie baie mooi gestel observeer! Jy is al een hier wat sense praat. 10 uit 10

Wakker ·

Dankie tog ek is nie so fyn gevoelig en lees in elke liewe ding in die lewe politiek en rassisme nie. Ek kan deur di lewe gaan sonder om n suur knol te wees en actually te kan lag vir n grap of twee al is dit kritiek op n humoriatiese manier. Mens hoef ni in alles politiek of rassisme raak te sien nie. Trevor se komedie is skerp. Dalk trap hy op n paar tone of laat paar skuldig voel? Lol. Ek gee nie om of Trevor pink, wit, geel, bruin swart is nie. Hy is goed en hy is skerp. Dalk praat hy te hoe “ingils” vir julle …. Hahaha

Wakker ·

Hoe bly is ek nou ek is nie so fyngevoelige mens nie. So bly ek kan standup comedy verstaan en dit waardeer as dit goed gedoen word. Julle is van daai mense wat in elke liewe se ding of gebeurtenis rassisme of politiek raak sien. Ek gee nie om of Trevor pink, geel, swart, wit, of bruin is nie. Hy is skerp. En hy is n uitstekende standup comediant. En al is sy goed wat hy se spot on sien ek die grap agter dit raak ipv om teen sy vel kleur vas te kyk. Nee griet mense, drink n chill pil. Sal sien die lewe is makliker..lag bietjie vir julle eie dinge wat mens aan vang. Of voel julle bietjie te skuldig oor die goed wat hy se? Of is dit te hoe “ingils” om te verstaan? Julle lees meer in goed in as wat nodig is. En julle soek goed wat ni bestaan ni.

Roelf ·

Die man het vertel in Amerika hy het groot geword hier en moes op bene leef wat voorberie was. Hoop die President het hom laat terug dink aan sy leuens en a paar bees bens voorgesit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.