Trevor Noah oor Momberg: ‘Wit mense is nooit gestraf nie’

Vicki Momberg in die hof (4 April). Foto: ANA.

Vicki Momberg, die veroordeelde rassis wat vroeër tronkstraf opgelê is, se aansoek om verlof tot appèl is Woensdag in die Randburg-landdroshof uitgestel omdat haar regsverteenwoordiger siek was.

Maroela Media het vroeër berig Momberg is tot twee jaar effektiewe tronkstraf gevonnis nadat sy twee polisiebeamptes wat haar wou help die k-woord 48 keer toegesnou het.

Sy het geskiedenis gemaak as die eerste persoon in Suid-Afrika wat tronk toe gestuur is vir rassisme. Momberg is in Februarie 2016 op video vasgevang waar sy ʼn polisiebeampte, wat haar gehelp het nadat sy die slagoffer van ʼn gryp-en-spaander-voorval was, rassistiese beledigings toesnou. Sy is verlede jaar skuldig bevind op vier aanklagte van crimen injuria.

Sosiale media is intussen aan die gons oor beeldmateriaal wat agter die skerms op The Daily Show in die VSA, wat deur die Suid-Afrikaans gebore komediant Trevor Noah aangebied word, opgeneem is.

Noah verduidelik in die video die Momberg-voorval aan sy gehoor.

“Brekende nuus uit Suid-Afrika, ʼn vrou het geskiedenis gemaak toe sy die eerste persoon in Suid-Afrika geword het wat tronkstraf gekry het omdat sy ʼn rassis is. Spoiler alert – sy is wit.”

Hy sê onder meer dat mense nie tronk toe gaan vir “foutiewelike rassisme” nie. “Verbeel jou iemand sê hier [in Amerika] vir ʼn polisieman 48 keer so ʼn woord? Na my mening is hulle verdraagsame polisiemanne.”

Toe hy vir die gehoor sê dat Momberg tot drie jaar [waarvan een opgeskort is] tronkstraf gevonnis is, het hulle luid hande geklap.

“Jy moet verstaan in Suid-Afrika, toe apartheid tot ʼn einde gekom het, is wit mense nooit gestraf nie, dit was nooit soos ‘ons gaan wit mense nou tronk toe stuur, ons gaan wit mense se huise vat, ons gaan wit mense se geld vat en goed wat hulle gesteel het’ nie. Die regering het gesê ‘kom ons beweeg vorentoe, ons begin op ʼn skoon bladsy, ons beweeg vorentoe en kry die land waar hy moet wees. Die enigste ding wat ons gaan wegvat is hierdie rassistiese woord’ en nou sê wit mense hulle wil net een ding terughê – dié woord.”

Hy het gesê mense maak “of dit die moeilikste ding ooit is” om nié rassisties te wees nie.

Volgens hom sou ʼn swart persoon in Amerika voor die 15de keer wat hy ʼn rassistiese skeldnaam vir ʼn wit polisieman gesê het geskiet word.

Kyk die volledige video hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

115 Kommentare

A simple man ·

Interesting, Mr naoh prefers to work in USA rather RSA. Enough said. His action say he does not trust RSA gov & people

LIza ·

I agree with you 100%. Milking USA , BIG mouth. Do not like him at all.

Dorette van Rooyen ·

Trevor Noah volg duidelik die nuus selektief! Wit mense (sy woorde) is dikwels (meestal) die teiken van diefstal, grondgrype & moord. Haatspraak teen wit mense is aan die orde van die dag. Hoekom praat hy nie daaroor nie?

Hendrik van George ·

Dit pas nie by sy agenda nie. Die liberale Amerikaanse gehidreer sal ook nie daaroor lag nie… Trevor is lankal verby sy verkoop datum.

Eish ·

Mens moet dit maar neem van wie dit kom.
Mnr. Noah wat dollars verdien met sy liberale gehoor, dra geensins by om die situasie plaaslik te ontlont nie. Veel eerder verkies hy die pad van
” The sound of sirens”
Ek sal graag wou sien wat sy gehooor se reaksie sou wees indien hy die blanke Amerikaners volksmoord op die Indiane dieselfde prominensie sou gee.

Al ·

Trevor Noah moet pasop dat hy nie gefire word nie. Mense is nie heeldag en aldag lus om na rassistiese snert te luister nie – en dis al waaroor hy grappies kan maak.

Lana ·

Trevor was so lank gelede hier, dat hy voeling met die werklikheid verloor het.
Hy sê dat die regering “op ‘n skoon bladsy begin” het. Daardie blad is nou smerig vuil.
Hy sê dat hulle nie “wit mense se goed” gevat het nie. I have news for you!
Ek is seker daarvan – Trevor het by Sisulu leer lieg.

Ben ·

Trevor Noah spring self gereeld oor die rasgrens, soos dit hom pas. As dinge in SA so eufories was soos hy vertel, hoekom bly en werk hy dan in die VSA?

Cecilia ·

Wat ‘n hartseer dag. Dat Trevor Noah sy land se politieke omstandighede gebruik vir sy eie propeganda en gewin. Is so teleurgesteld in hom as mens. Swak karakter!

Niel ·

En waarvoor moet ek (die witmens) nogal gestraf word? Wat het ek dan verkeerd gedoen?

Lana ·

Trevor Noah, I have a name for your next show!! – Major Mohlala.

Lia ·

Ek is geensins rassisties nie en wil ook nie hê mense moet meer die “k” woord gebruik nie, maar hierdie man, Trevor Noah, stuur ‘n verkeerde beeld uit van wat aangaan in SA. Dis werklik hartseer. Ek kon hom nog nooit verdra en vind glad nie aanklank by sy program nie. Hy misbruik sy herkoms om roem en geld te verwerf…..uiters arrogant. Pasop mnr Noah……ons ken almal vir karma. ;-)

DJH ·

Ja en dan koop hy n’ woonstel in amerika vir 14 miljoen dollar terwyl sy eie mense krepeer in hierdie land……het lankal sy wortels vergeet…….het nog nooit een keer na enige van sy twak geluister nie…..sien reg deur hom

Anti-Trevor ·

Haai Trevor – nog ‘n spoiler alert: Malema is swart en hy hits daagliks moord op wittes aan. Terwyl jy op jou verbeeldingsvlug is, verbeel jou dat jou ras daagliks op plase vermoor word en dat jy nie weet of jy volgende jaar nog eiendom gaan besit nie. As jy daai verbeelding het, kan jy miskien ‘n positiewe verskil maak.

Pierre ·

Gelukkig het ek hom nog nooit as ‘n ikoon bestempel nie. Hy is die laaste persoon om van rassisme te praat, geen van sy stories is ooit vry van rassistiese opmerkings nie. Hy moet maar bly waar hy is en sy lewe geniet waar hy nie daagliks in vrees lewe vir die afvalligheid in sy geboorteland nie.

Vergeet vinnag. ·

Trevor se fliek van That’s Racist van 2014 het hy daardie einste woord klomp keer herhaal. Hoop dan sy fliek word verban.

marous ·

Die Demokrate het so bietjie gelag vir sy flou grappies . Die Republiekeine sien dwarsdeur hom .

Eugene ·

Hy is ń “Joker” wat te hard probeer om populêr te wees. Hy verteenwoordig defnitief nie Suid-Afrika nie. Sy uitsprake wys op sy innerlike rassisme , en ontkennig van verantwoordelikhede .

Daan Erasmus ·

Ek was ‘n gereelde kyker van The Daily Show met John Steward. Trevor Noah het dit vervlak tot ‘n haat teen Donald Trump en alle wit mense. Hy het sy gehoor ek wil nie meer na hom kyk nie.

Andrea ·

Hoop hy word gepos uit die VSA agv sy antagonisme teen Trump. Kan nie dink hoekom hy nog verdra word nie. Ek sou hom vinnig gejaag het as ek mnr Trump was .

Uvonka ·

En so vergeet hy gerieflik om te se dat dit juis “hulle” is wat rassisme lewendig hou!

HONOURABLE MEMBER ·

Hierdie storie is darem nou al holrug gery hoor. Tyd vir iets nuuts.

Rupert Ashford ·

Ek hoop ook die mense wat so gaande is oor hierdie man se “komedie” neem kennis en dink volgende keer voor hulle kaartjies koop vir sy “shows”.

Oom Kalahari ·

Die komediehand (Comediant) Trevor Noah is net ‘n Nar wat in sy eie ou wereldjie leef en vlugteling van sy eie regering. Kom voor of hy nou skielik ‘n geplante pion is om onwaarhede te versprei en aan te hits. Wat ‘n Internasionale grap om te se kom ons beweeg vorentoe en kry die land reg, wat is reg na 24jaar? Dan stop jul ook die rassistiese optredes met boer, withonde en whities en ook in werksplekke waar jy uitgedruk en verneder word. Kom ons toon net gou aan Amerika wat werklikhede in SA is en kyk of hul vir jou hande klap maar as verdraaide grapjas klap hul hande vir jou strooi praat. Het jy toestemming van Vicky Momberg en haar regspan gekry om haar naam te beswadder en te probeer verneder in ‘n ander land en media? Nog nooit van die Noah en sy aangeplakte shows gehou nie en al word ek betaal om dit by te woon sal ek nie aanvaar nie.

Michelle ·

Moet sê ek het nog nooit beledig gevoel deur die woorde, boer, whitey, wit hond of enigiets dergliks nie. Ek glo ‘n mens word net beledig as jy dit toelaat. Trots Wit Boer! Ons het gewerk vir waar ons is, die wat nie wil werk sal daardeur bedreig voel en al reaksie wat hulle ken word deur kinderagtigheid gedryf………Jammer daar is nie genoeg volwassenheid nie.

Ag asb ·

Jy moet pasop, daar se jy klaar die WIT polisiemanne sou die SWART ou geskiet het . .jy moet lig loop Trevor, jou bek gaan maak dat jou stert slae kry . Vreemd dat jy hier die SA gehore getap het met jou rassistiese grappies en daar ook gaan tap het onder die liberale . .jy is nou besig om te veel te se . bepaal jou by USA se probleme .. of dalk moet TRUMP vir jou ook ‘n lessie leer . .. jy vertel LEUENS Vir die USA .. dat die ANC NET die k woord weggevat het en dat julle so vredeliewend is teenoor wittes . WONDER WIE PLEEG DIE PLAASMOORDE??????

Boerseun ·

dieselfde breinlose mense wat kardashians kyk lag vir sy snert, geen nuus hier nie. multikultuur propaganda

eugene ·

Trevor, vind maar eers jouself voordat jy van daar oorkant skerts oor die dinge waarvoor jy gevlug het
Vicki, jy moes gedink het my skat, apartheid is nou omgedraai en ons moet nou versigtig trap
Ek wil eintlik opbring as ek moet dink dat ou Trevor so ‘lousy’ sy fights pick, hoekom spreek hy nie n paar kwelpunte aan wat saak maak nie

Ben ·

Die feit dat hy die Rasistiese Beledigende woord “Whites” gebruik beteken dat hy nie weet wat dit beteken nie, net soos Zuma. Daar is baie nasies wat “Whites” is, Bv Britanje, Frankryk, Duitsland, Portugal, Spanje, Rusland, Amerika, Australia ens…… Ons is al moeg vir die afgesaagde cliche van rasisme. Al wat hy doen is om die land verder te verdeel met leuens en onwaarhede. Hoe se hulle in Engels – “Small things amuses small minds”. Die gemors is dat die waarheid altyd uitkom.

Hennie ·

Ironies, komende van ‘n persoon wie se pa wit is. Trevor is nie baie gewild in die VSA nie, veral nie onder die gehoor wat vir hulself kan dink nie.

Ella ·

Gaan terug VSA toe Noah. Hier maak jy net nog meer moeilikheid wat ons nie nodig het.

Ungle D ·

Trevor Noah vergeet waar hy vandaan kom. Sy mede Afrikaners ( Wit, Swart, ens) het hom gekry tor waar hy nou is. Ek was nog kind in apartheid en het niks verniet gekry nie. Wonder wat het hy daaruit gekry. Swak karakter om sy land se poletiek vir sy eie gewin te gebruik.

Judge Dredd ·

En wat se Noah van Malema wat openlik haatspraak maak teen blankes? Niks nie.

Rooiman ·

So, Trevortjie. Sê n bietjie. Waarvoor moet witmense gestraf word? En wanneer gaan swartes gestraf word vir die aanhitsing tot geweld, liedjies wat rassehaar aanvuur en plaasmoorde? Lig bietjie jou vreeslike belangrike opinie daaroor, jong!

John Scott ·

Noah maak die stellinbg: ” Die regering het gesê,kom ons beweeg vorentoe, ons begin op `n skoon bladsy,, ons beweeg vorentoe en kry die land waar hy moet wees” regtig en hoekom verswyg jy dus hierdie gedeelte van wat die werklik posisie nou is…… die korrupsie,misdaad, moord, verkragting, die vervalling van die infrastruktuur en die ekonomie. die grondvergrype,plaasmoorde en die haatspraak teenoor die witman. Dan is daar ook nog die dreigende onteiening van grond sonder vergoeding ook nog onderwyl ongreidelde wetloosheid idv reeds kop uitsteek. Waar is jou gebalanseerdheid van die die realiteite van die Suid Afrika van vandag.

Josua Keys ·

Dis duidelik dat Trevor n sensasie soeker is, hy het nie n idee wat werklik in die apartheids jare gebeur het nie, ek wil graag by hom hoor of daar enige van die sogenaamde vryheidsvegter wat mense aan die brand gesteek het met bande verbrand het bomme in Suid Afrika geplant het en so kan ek aangaan, nie een van hulle was gestraf nie, uit sy eie mond omgekeerde rassisime. Trevor wat die joos dink jy het ek ons twee jaar met diensplig gedoen asook die 10 kampe wat ons na diensplig moes doen, swartmense vermoor ???????? Skrik wakker man ek het ‘n groot deel van my grootmens lewe gehelp om swart bevolkings groepe uitmekaar te hou dat hulle mekaar nie vermoor nie juis agv die politieke verskille tussen hulle nie eens SA nie, niemand van ons het nog ooit apartheid goed gepraat nie maar was dit so verkeerd, as jy sien hoe witmense tans vermoor word om nie eens te praat van swartmense nie, ons was gelukkig n buffer tussen die gemors wat aan die gang was en kon en het mense ongeag hul velkleur se lewens beskerm, kan jy dieselfde sê van die huidige regering, nee jy kan nie want hulle is net vir hulself, as jy nie vandag die werk gedoen het wat jy tans doen nie en nie n medies kon bekostig het nie sal jy jouself in n staats hositaal laat behandel ek glo nie, dink wat jy doen want dit is baie onvolwasse!

Loeis ·

BEE, AA, onteiening sonder vergoeding. Van watse “skoon bladsy” praat hy?!

Johan ·

Is ek reg as ek se die bly nie eens in sa nie. Hy ismos dan n veraaier

Wat ookal ·

Hoekom betrek hy homself? Hy vra ook duidelik om verban te word van SA, wie dink hy ondersteun hom in SA? Wit, swart, bruin…. ons almal, maar met sulke dinge kwyt raak is hy niks beter as Spur, Jacaranda en en en….

Pop ·

Ag asb ek hoop en bid die rassistiese klong lees maroela se mense se kommentaar. Ek het baie byvoeglike woorde vir die man. Mr Trump moes hom lankal daar weggejaag het. Veral na hy Trump so sleggese het. Hys verwaard verby dìe Mr. Noah. Sy show is vir mense met baie lae selfbeelde want hulle wil hulself vreklag vir ander se ellendes.

Michelle ·

My lysie groei: Spur, Jacaranda FM, Huisgenoot, Trevor Noah……..

V ·

Ja nee… Hierdie almal onder die selfde kam skeer kry nou einde. My lysie groei… Watter straf het hy in gedagte? Volksmoord?

@ MICHELLE ·

Ek was VERHEUG om te sien die SPUR (een groot Spur by ons in Pretoria oos) het ook nou sy deure gesluit . ek dink hulle het almal nog die FRONT probeer voorhou .. dat dit goed gaan .. en ek het sowaar nog ‘n paar karre daar gesien . maar die naweek toe ons daar verbyry toe is hy BOT TOE .. Die wat nie reeds toe is nie is oppad om toe te maak . LAG maar lekker vir die AFrikaner en wees maar LEKKER rassisties jeens wittes . julle SAL die prys betaal, WIT EN SWART!

Shame ·

As jy nou al politiek moet verdraai sodat mense jou as komediant sien…. Hy was mos in SA met onbetaamlike duur kaartjies wonder hoeveel wittes maak hy op staat

Casper Labuschagne ·

Inderdaad is daar na 1994 van ‘n skoon bladsy af begin en ek kan aanvoer dat seker 95% van witmense wel so ‘n bladsy omgedraai het. Ek is egter nie so seker van Trevor Noah se eie skoon bladsy nie, die gemoed van Mnr Noah is bevlek met allerhande knelpunte rakende die wit minderheid wat hul mag in 1994 vreedsaam prysgegee het ten gunste van die swart meerderheid. Dan is die raskaart altyd naby aan sy hart asook die verskuldiging teen wittes rakende Apartheid wat net duskant sy tong lê.

Nelly Sambo ·

What did he do. Did you expect him to say the judge was wrong. Because he’s show is own by white people now you want to get him fired. You white people think that this world belongs to you. You should be attacking Julius Malema and not innocent people like Noah. I’ve been following white people’s comment since Winnie died and all of you are racist. You don’t respect the dead. You judge peoples you think you are God. I wonder if the day De Klerk dies you will talk about the killings of school children in 1976. As if you care all of sudden you talking about Winnie killing Stompie.

Michelle ·

Nelly, ek dink jy mis die punt.
Die hartseer van die hele saak is dat ek dink daar ‘n stadium was wat almal sou kon saamwerk om eerder te bou as te breek. Die konstante slegsê van blankes maak egter dat mense nie meer lus het om saam te werk. Die verdraaiing en halwe waarhede oor geskiedenis is ook nie reg. Die verlede was beslis nie perfek maar die hede is dit beslis ook nie. Almal, wit en swart, kry seer onder die huidige misdaad situasie.
Kom eerder met praktiese voorstelle en luister na alle kante.
Mag die Hemelse Vader ons almal (wit en swart) insig en leiding gee.

Casper Labuschagne ·

Respect is a double-edged sword, you reap what you sow. Winnie never respected the living and if you doubt me, read up on Stompie Sepei. For what reason do you expect me to do an 180 degree reversal on the position I held regarding Winnie Mandela when she was alive?

Jean ·

Whats your point nelly.???.your hero mama winnie killed black people who opposed her and you say what??? Do you even understand or know the voilent history of your own people??? Bombs exploded under the mandelas killing black killing white ..indiscriminately young and old .. an era where people were necklaced by your hero.’s your own people…Trevor like malema is the racists here and you seem to be as well…

Anoniem ·

Ek stem saam met jou Nelly, dat ons eerder vir Malema moet kritiseer as ou Trevor. Dis goed om te sien jy lees ook Afrikaanse publikasies. ‘n Mens moet jou nie te veel steur aan wat mense se op hierdie tipe kommentare se nie, dis gewoonlik hoog emosioneel! Ek weet wat ek dink van Winnie en ook van FW Maar ek hou daardie opinies maar eerder vir myself!!!

DJH ·

It is very obvious that you do entirely not know the real history behind the 1976 riot where thousands of black people endangered the lives of a handful of policemen, black and white, and that someone amongst the thousands pulled off the first shot which caused the ensuing chaos and some innocent people were killed……what were children doing amongst the rioters in the first place?????

Lana ·

Nelly, ek is so bly jy verstaan Afrikaans. Lees asb. ook die kommentaar op alle berigte waar mense (ongeag hul ras) vermoor en gemartel word.
Jy sal sien dat 99 % van mense wat kommentaar lewer, die sinnelose geweld en moord in ons land veroordeel – ongeag ras.
Lees asb. die kommentaar oor die Vosman-kinders (Gabisile en die baba) wat vermoor is vir moetie!!

Ai jai jai ·

Vir my gaan dit nie oor rassisme nie, maar oor die onregverdigheid van SA se regstelsel. As ‘n fonnis opgelê word vir een “rassis”, dan moet dit mos vir ‘n ander ook opgelê word, ongeag van kleur…Trevor Noah het ‘n eensydige kommentaar gelewer en het ook dinge gesê wat onwaar is. Hierdie land het baie meer probleme as net die raswoord wat gebruik word. Blanke mense voel tans onveilig, weens die grondgryp ideologie wat besig is om te ontwikkel. Daar is ook “on”gelyke indiensneming, ens. Dit is baie moeilik om in hierdie land op die rand te staan en nie ook betrokke te wil raak nie. Dit help nie om mekaar van dinge te beskuldig nie. Dit het tyd geword dat almal saamstaan teen die verkeerdhede wat tans aan die gang is.

Annie ·

Moet asb nie weer Australia toe kom nie, dink nie jy gaan weer ‘n positieve verwelkoming ontvang van ex Suid-Afrikaners nie. Dink nie jy weet of gee om wat regtig in Suid-Afrika aangaan nie.

Patriot ·

TREVOR daar in AMERIKA skiet hulle sommer mekaar op INSTAGRAM en post die fotos .. hou jou neus uit Suid AFrika uit as jy van die Amerikaners se geld leef . die liberale sal jou nou ondersteun maar alles is besig om onder Trump te verander, een van die dae is jy op ‘n FERRY terug AFRIKA TOE.

HPV ·

Noah kan nes 6% Malema ure lank praat en het dan eintlik niks intelligents gesê nie. Mors van tyd om na sulke mense te luister. As hulle nog snaaks was kon mens nog lag, slaag egter ook nie daarin nie.

Gerhard ·

Ek kon onthou toe ek jare gelede gekyk het hoe hy aan ‘n spierwit gehoor grape vertel van Zuma. Ek het altyd gewonder vir wie moet ek lag, hom of sy gehoor.

André ·

Urgh…. Nog nooit van Trevor se humorsin gehou. Sy grappe is flou en in smaak smaak. Om alewig die rassekaart uit te pluk in die hoop om ander te vermaak is uiters deursigtig.

Piet Pompies ·

Ons gesin het nogals van Trevor se humor gehou na sy eerste DVD, die volgende een se humor het voorspelbaar geraak sodra die DVD begin speel het. Sy humor is soos die SAUK, inhoud is ‘n herhaling met ‘n nuwe voorblad.

Werner Stroh ·

Dis nou dieselfde Trevor wat “daai” woord ‘n hengse klomp kere op een van sy shows gebruik het! Ook maar net taboe wanneer dit hulle pas!

Elsabe ·

Wereldwyd is daar mense wat rassisties en diskriminerend is teenoor mekaar. As jy ‘n uiterlike gebrek het praat mense saggies, as jy ‘n aksent het verander die “smile” op die gesig na ‘n stywe lip. As jy anderskleurig is of verskillende geloof het dan val die mense mekaar aan. Rassisme en diskriminasie is ‘n wereldwye probleem. Suid Afrika is maar net onder die vergrootglas met sy wereldbekende geskiedenis.

White Rhino ·

Dankie tog ek hoef nie na hom te kyk nie.
Dankie tog vir keuses.
Integriteitloos – bang vir S A en hardloop weg. Sit op ‘n ander miershoop en se sleg. Die wiel draai – jy het dit net dalk vergeet.
Waarvoor moet ek gestraf word?
Ek is trots wit Suid-Afrikaans en trots op my geskiedenis.
Jy het uit die bus uitgeval want jy het nog nie vrede met jouself nie. Bou eerder ‘n brug en kom oor dit.

rollie ·

Gedurende Apartheid was jou keuses beperk om te kyk wat jy wil kyk…en hierdie tipe komedie sou nie geduld word nie. Jy kan dankbaar wees dat jy nou vrye keuse het om te kyk en te sien wat jy wil.

Tayne ·

Absoluut belaglik!!! Dis ok vir die fake comedian om die “K” woord te se op die video van hom maar laat n wit mens dit se dan het jy jare se nonsens. Trevor Noah jys n absolute joke! Bly eerder waar jy is want jys n fake! Niemand stel belang in jou grappies nie!

Oom Kalahari ·

Nou wie is die Trevor Noah weer? @Kleurling, ja ons hou nie van daai “B” woord nie, want dit is ook soos die “K” woord. Daar moet maar liewer aanspreek woorde gekyk word wat alle partyr pas. Die kleurling gemeenskap hou nie van daai naam en verkies ook liewer Khoi en San. Dit is ‘n blanke of nie-blanke plaas eienaar. Daai naam van “Boer soek ‘n vrou” moet verander na Plaas eienaar soek ‘n vrou.

pieta ·

Praat namens jouself oupa…ek is trots Boer. Bou ‘n brug.

Ag nee tog! ·

Jy het die kat aan die stert beet. Nie een Boer gee om om n Boer genoem te word nie. Ons is bitter trots daarop. Dié wat die naam werd is in elk geval. Doen jou huiswerk beter, dan sal jy nie verward wees nie.

Pieter ·

Die man moet eers agter sy en sy familie en sy vrinne se deur vee voor hy klippe gooi!

Hanna ·

Nou dan moet jy maar terugkom Suid-Afrika toe jou nar. Kom bly heerlik en veilig hier tussen jou eie mense. Lyk my dis net die wittes wat jou kwaad en bang maak, maar daar is goeie nuus: ons is binnekort almal uitgemoor. So, pak op jou goedjies en verkoop jou bootjie (of huis) en sE so-long USA, say good bye!

Valerie ·

So maklik vir die Noah man (wat glad nie snaaks is nie, in elk geval) om met sy weelderige leefstyl en ver van die probleme af, sy mond te rek. Wie is hy?

Amanda ·

Was nog nooit ñ aanhanger praat die grootste snert en lag vir sy eie flou grappies.

John ·

Wat sal mense soos hy sonder die woorde ‘apartheid’ en ‘rassisme’ en sonder witmense doen om te kan oorleef. Haat is die lekkerste ding skynbaar jeens ‘n ander ras en dan word dit omgeswaai om glo daai ras te kenmerk. Hoekom is Noah in die VSA en nie in sy eie land nie? Hy het dit teen Trump wat dan so ryk is maar hy leef self in weelde. Rassisme is die eerste wapen wat gegryp word sodra iemand nie presteer nie of die wet oortree. Eintlik stam die woord af van die towerwoord ‘sesami’ wat in die voortyd die deure na weelde geopen het… na ewige geluk en ‘n wereld waar witmense die slawe van miljoene konings uit Afrika was. Mens aanvaar dit is moontlik die waarheid maar al wat jy net wil weet, is:
Wat het toe verkeerd geloop en probeer die’ konings nou weer die status quo herstel? Ongelukkig gaan die slawe heeltemal te min wees… met die skatkamers byna leeg…
En wie se skuld is dit? Drie raaie….

Estie ·

Trevor Noah kan nou maar gaan doppies blaas, die wit mense wat hy so van praat het hom baie support toe hy in SA was. Nou is hy history, sal nooi weer sy snert op TV kyk nie.

bgj van der westhuizen ·

trever noah is n grap waar om praat hy nie van hoe die wit mense die land gedra het en alles vir die hand uit hou gegee het nie en nou wat die land vir hulle gegee is is hulle besig om dit in die grond in te bestuur net soos hy daar die pogram in die grond in bstuur

Wonder ·

Ek wonder of weet hy dan nie dat die Amerikaners hom nie so lekker verstaan nie, daarom klap hulle hande vir hom.

Hannes ·

Ai as dit nie vir wit mense was nie het Trevor Noah nie ‘n loopbaan gehad nie

Pieter ·

Die gejuig oor Trevor se siek humor is skokkend. Trevor, jy maak my naar.

Wonder ·

Nou wonder ek waarom baie van sy eie mense sê hulle het beter gelewe in die apartheids dae. Daar was hospitale, hulle was nie bang om buite hul huise te wees ens. Ek wonder maar net.

RITA ·

Wonder 10 uit 10 vir jou…….jy slaan die spyker op die kop. Die lekker ou dae.

Humorloos ·

Hoop Trump neem kennis en skop hom uit USA uit.
Dan sal hy niks wees nie – nie daar nie en ook nie hier nie.
Sy pa woon oorsee waar hulle teen die immigrante gekant is – wonder wat se hy daarvan?
Sorry ou – jy het nou ‘n groot gat vir jouself gegrawe.

PS – sonder S A sou jy nie materiaal gehad het vir jou sogenaamde “shows” nie.

leser ·

Ek het hom eenkeer op TV gesien en gese nooit weer nie – dit was seker die verveligste ding wat ek in my lewe nog gesien het.

Christiaan ·

Trevor sê al wat *hulle* vra is net dat jy nie rassisties moet wees nie. Wat hy bedoel het om te sê is dat jy nie ‘n *wit* rassis moet wees nie. Dieselfde wette geld mos nie vir Malema, Mohlahla, ens. nie. Nee, ou Trevor sal mos nie vertel van die dubbel standaarde as dit kom by rassistiese uitsprake nie. Hy sal ook nie vertel hoe die arme boere uitgemoor word nie.
Welgedaan Trevor. Ons is “trots” op jou.

Spike ·

Mnr. Trump jaag die vent uit jou land uit. Sy soort is ñ gevaar vir beskaafde samelewing. Hoekom het hy ñ wit naam en van.

Theresa ·

So bied ‘n nuusbrokkie toe waaragtig vir die mens ‘n hele nuwe vertoning aan. Dit gaan nou seker ‘n series word.
Fyngevoeligheid oor ras, geslag en “looks” is uit. Wêreldwyd uit. Vat dit van wie dit kom en stap verby. Goeie maniere is skaars en raak skaarser. So lig jouself bo als uit en sit ‘n wag voor jou mond – orals. Dit raak ‘n goeie gewoonte en is nie onmoontlik nie. Wees self altyd regverdig en moedig. Dié wat nie is nie, verval self later in ‘n poel modder. MAAR
Wat mens NIE kan ignoreer en wegwens nie, is verkragting, moord, marteling, dood en moordslag aanmoediging en verkondiging, mense wat lieg en/of feite verdraai in regering/leierssposte en korrupte leiers wat daarmee wegkom,

Hannetjie Harvie ·

Ek het hom al self die K woord hoor se in een van sy vertonings!!! Hy is rasisties dan wil hy ander daarvan beskulding, Hy is n arrogante klein mannetjie wat vinning stert tussen die bene weggehardloop het uit SA want hy het nie die “guts” om op te staan vir sy land nie.

Adele ·

Kom permanent terug SA toe Trevor en dan kan jy dalk ‘n se he!

Buffel ·

Hoekom moes blankeds gestraf word? Hulle het in ‘n referendum gestem vir versekering en politieke mag is deur ‘n demokratiese proses aan die ANC gegee. Noah lyk my mik na die politiek hier in SA na sy joppie as grapjas verval in die US. Hy kan sommer by die EFF aansluit met sy populistiese aanmerkings…….

Annora Eksteen ·

Trevor Noah is skreeusnaaks. Hy kan iets so raakkap en dan so verkeerd kap net soos in die kreatiewe proses: nes fiksie hierdie komediante. Wat is waar en wat verdigsel, moet die leser self uitpluis in die fiktiewe van die kreatiewe. Sowat van sarkasme. Dit is juis… mens kan dit enige kant toe interpreteer. Hy is te fyn vir my, ek lag my seer vir hom en sowat van hard werk en gewaagdheid. Geniet jou geld Trevor! (Dit het my ‘n uur gevat om te sien hoe gevat hy mense die josie in kan opstuur en sy gehoor speel.) En toe snap ek. Genugtig. Vermaaklikheidskunstenaars inderdaad. L’art pour ‘art.

Rikag ·

Kan daai man nie voor my oe verdra nie maak Suid Afrika se naam so sleg

Kobus ·

Hy wat Trevor is,moet net nie vergeet dat hy in n land tans woon met n ver regsdenkende President nie!

Adam ·

Skoon bladsy, Mnr Noah? Geen wonder jy is ‘n komediant nie.

Ouboet ·

Crimen Injuria is nie noodwendig haatspraak. Daar is ‘n aansienlike verskil tussen die twee. Sonder om te verwys na enige definisie van rassis, kan enige mens bv skuldig bevind word aan Crimen Injuria as jy bloot bv net vir iemand toesnou “jy is ‘n hond”…… Soos in die geval is dit bv 48 keer gedoen in 1 voorval en die vrou is skuldig bevind aan Crimen Injuria. Wat my wel baie pla van die saak, is die straf wat opgelê is. As die vrou, bv die 48ste keer skuldig bevind was aan Crimen Injuria vir 48 verskillende voorvalle verstaan ek die straf…want dan kan mens redereer dat vir 47 vorige veroordelings het geen straf ‘n positiewe invloed gehad nie, dus is tronkstraf die enigste opsie. In die vrou se geval was daar reeds hengse finansiële implikasies gewees weens die siviele eis en was dit (?) dalk haar EERSTE OORTREDING ongeag of sy dit in die EEN voorval 48 keer gebruik het. My vraag, is die straf billik vir die oortreding? Verbeel jou, jy word skuldig bevind omdat jy iemand ‘n hond genoem het en aldus so gestraf word. Mens sal seker moet leer om ‘n wag voor jou mond te sit. Crimen injuria – defined to be the act of “unlawfully, intentionally and seriously impairing the dignity of another.” Is dalk tyd dat ons ook sake maak wanneer vloekend verwys word na ons, ongeag die spesifieke woord. “White” is vloekend in sommige van die konteks wat ek al gehoor het.

Leen ·

Dankie tog dit sal nou die einde van Trevor wees.
Hy is in elk geval nou in ‘n land wat hy “leen” – maar hy sal nog terugkom – dan praat ons weer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.