Tribunaal bevind regter Motata is skuldig aan rassistiese wangedrag

Die foto van Nkola Motata is geneem kort nadat hy in Januarie 2007 onder die invloed van alkohol bestuur het en deur die tuinmuur van ‘n huis in Sandton gebars het.

Die Regterlike Gedragstribunaal (RGT) het Dinsdag in AfriForum se guns beslis dat regter Nkola Motata hom aan rassistiese wangedrag skuldig gemaak het tydens ʼn voorval in Januarie 2007 waar die regter onder die invloed van alkohol teen ’n muur van ’n woonhuis in Johannesburg vasgery en daarna op die toneel rassistiese uitsprake oor wit mense gemaak het.

In ʼn klankopname wat Richard Baird (eienaar van die huis waar die ongeluk plaasgevind het) van die voorval in Januarie 2007 gemaak het, kan gehoor word dat Motata onder meer sê dat dit “die wit man se land was, maar dit is nie meer nie” en “geen wit man gaan my kritiseer nie”. Motata het ook die volgende aan lede van die Johannesburgse metropolisie wat hom wou kalmeer, gevra: “Waarom staan julle agter die wit man?”

Motata het ook ʼn lid van die Johannesburgse metropolisie wat hom in hegtenis geneem het, gedreig deur te sê: “Jy sal spyt wees hieroor.” Tydens Motata se skuldigbevinding aan dronkbestuur in die Johannesburgse landdroshof het die landdros in sy uitspraak aangedui dat die bandopname deur die hof as getuienis aanvaar is en dat Motata inderwaarheid rasseskeltaal geuiter het.

Kallie Kriel, AfriForum se uitvoerende hoof, het gesê die RGT het ook bevind dat Motata ʼn gebrek aan integriteit getoon het in die wyse waarop hy sy regspan tydens die dronkbestuur-hofsaak teen hom toegelaat het om aan te voer dat hy nie onder die invloed van alkohol was nie, terwyl hy inderdaad onder die invloed was.

“Die RGT, wat deur die Regterlike Dienskommissie (RDK) aangestel is om die onderskeie klagtes wat AfriForum en adv. GC Pretorius SC destyds teen Motata aanhangig gemaak het, te ondersoek, beveel ook aan dat die RDK ingevolge artikel 177(1)(a) van die Grondwet die proses begin om Motata as regter af te dank. Die datum waarop die RDK die RGT se bevinding gaan oorweeg, is nog nie vasgestel nie,” het Kriel gesê.

Volgens Kriel is die RGT se bevinding nie net vir AfriForum ʼn oorwinning nie, maar vir almal wat glo dat prominente figure in die samelewing nie toegelaat moet word om met rassistiese uitsprake weg te kom bloot op grond van hulle posisie nie.

“Sou die RDK die RGT se aanbeveling aanvaar en die proses begin om Motata af te dank, sal dit geskiedenis maak, aangesien dit die eerste keer sal wees dat ʼn regter uit sy amp verwyder word weens wangedrag.”

Kriel het daarop gewys dat die RGT se bevindings en aanbevelings nou die RDK en die parlement voor ʼn groot toets te staan sal bring. Dit is volgens Kriel geen geheim nie dat daar verteenwoordigers soos Julius Malema op die RDK is wat dink dat dit aanvaarbaar is om rassistiese uitsprake rakende wit mense te maak.

“Indien die RDK Motata beskerm ten spyte van die RGT se bevinding, sal dit die integriteit van die RDK ernstig in gedrang bring,” het Kriel gesê. Hy voer verder aan dat, sou die RDK wel besluit om teen Motata se anti-wit-rassisme op te tree, die saak na die parlement verwys sal word wat met ’n tweederdemeerderheid sal moet besluit om Motata finaal af te dank. “Parlementslede sal dus ook getoets word oor of hulle anti-wit-rassisme aanvaarbaar vind.”

Klik hier vir die RGT se volle bevinding

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

AD ·

2jaar in tronk o ja skies dubbel standaarde. Hulle gaan net se hy was stout en moet nie weer nie…

Mielie ·

Kry hy nog n staatsalaris? Indien wel moet hy elke liewe sent plus R100k terugbetaal

Basjan ·

Wat is R100k? Onthou jy mag nie meer die k-woord gebruik nie.

Nettie ·

@Basjan – om nie die “k”-word te gebruik nie, gaan maar lol!

Hoe sê mens dan:

(k)iepersol
(k)lippie
(k)nak
(k)amer
(k)oekeloer
(k)ry
(k)offie
(k)ners
(k)loek
(k)oggel
(k)ritiseer

en vele meer?

Hendrik ·

Stuur hom ook twee jaar tronk toe. As regter behoort hy aan ‘n hoër standaard ten opsigte van rassisme the voldoen as Vicky Momberg.

Johann ·

ASKUUS!!!!!! 2007?????En intussen sit die dronkie; rassis by die huis met VOLLE BETALING? Lagwekkende belaglikheid in die gekke parradys genaamd SA!

Hester ·

Net in S A. Die wêreld lag hulle dood. Net nog een op die peanut gallery! !!!!

Koos ·

Goeie nuus. Net jammer dit het 11 jaar gevat. Intussen het hy lekker salaris gekry en tuis gebly. Kry daai geld terug wat hy is byna by aftrede!

Valerie ·

Koos, ek dink die uwe regter het al vergeet van die saak, maar ek lag nog steeds oor daai video. Priceless!

Andre ·

Hierdie sogenaamde “Regter” het in 2007 al hierdie oortredings begaan en steeds is nog absoluut niks teen hom gedoen nie, behalwe om hom op betaalde verlof te plaas hangende die “ondersoeke”. Intussen het hy rustig by die huis gesit en miljoene rande se salaris getrek wat deur die belastingbetaler betaal is.

Vermeendes ·

Nou praat jy, darem iemand wat die geskiedenis en die verskil tussen Boer en Afrikaner ken.

Pieter ·

Lekker om te hoor daar is nog mense wat selfs op MM sê hulle is Boere. Trots om ‘n Boer te wees.

Lag maar ·

Hoop ou Trevor Noah gaan dit ook op sy common show noem. O wag, sy mense kan mos nie racists wees nie.

Leeu ·

Sê ek ook, Noah is te bly hy’s nou in n land waar hulle hom as “swart” beskou.

PJC ·

Dit sal ń wonderwerk wees indien die RDK hierdie regter afdank. Hulle het mos klaar gewys hoe rassisties en partydig hulle is.

Carl ·

As ‘n Regter moet hy vier jaar tronkstaf sonder n opgeskorte vonnis kry en al sy “swaar” verdiende geld sommer ook terug betaal.

Maar dubbele standaarde sal dikteer.

Pfff ·

Ugh.. Tweederdes.. Ons weet hoe die Regering voel oor wit mense.. Daar gaan niks met hom gebeur nie.. Hy gaan gesien word as ‘n held.. En net ‘n tik op die vingers kry.

Pieter ·

En die tik op die vinger gaan seker met ‘n pak R200 note wees, goedgunstiglik geskenk deur die wit belastingbetalers.

SjN ·

Hoekom so lank gewag, stuur hom ook tronk toe en laat hy sy reuse salaris terug betaal

Riaan ·

Ons kan aangaan soos ons wil. Hierdie perd gaan niks oorkom nie. Net blankes is rassiste, soos Vicky,en sy was nugter en n slagoffer. Die kaders sal hom net saggies omsingel en niks Sal verder daarvan kom nie.

Reguit ·

Maar net nóg ‘n voorbeeld van die wonderlike SA hool. Eers ná 11 jaar (terwyl hy seker ‘n vet salaris ontvang het) word die “regter” (sic!) skuldig bevind, – dit nadat Vicky Momberg binne ‘n paar maande in die tronk sit vir twee jaar nogal. En nou gaan die “regter” seker ‘n tikkie oor die vingers en ‘n goue medalje ontvang omdat hy darem nie ‘n kolonialis is nie. Die skrif is lankal teen die muur (waarin die ‘regter’ vasgery het). Beste opsie is om te emigreer.

Eduard ·

Hy sal nie vervolg word nie. Hy het geen apartheids era woorde gebruik nie

Hester ·

Net in S A. Die wêreld lag hulle dood. Net nog een op die peanut gallery! !!!!

Stephen Namibia ·

Stuur hierdie berig aan die Liberals in Australie

Vermeendes ·

11 jaar, wat het hy verkeerd gedoen dat sy saak so vinnig gesnel word, hoekom wil hulle van hom n voorbeeld maak en dan is hy nog skuldig bevind ook, n saak soos hierdie is ongehoord in SA!

Martin ·

Hy sal ook maar 2 jaar tronkstraf moet kry…. soos Vicky Momberg.

Oom Kalahari ·

Die Gravy trein was te lekker in 2007 en die Regtertjie het maar die windpomp sherry goed getap. Vir 11jaar was dit lekker om tuis te sit en vet salarisse te trek van die belasting betaler. Hoop hy het darem die skade vergoeding vir die huis eienaar betaal en dan ook sy rassistiese opmerking wat ‘n boete van R100, 000 aan die eienaar moet wees. Laat ons sien hoelank gaan die saak nog verder sloer met die maandelikse salaris en dan ‘n goeie goue handdruk en parlements pos.

Cobus Erasmus ·

Verbasend dat dit slegs 11 jaar gevat hey om tot die gevolgtrekking te kom…?
Hopelik nog n Molefe saaak – asb….

Anoniem ·

Daarsy, hoog tyd dat ‘n nie-blanke óók ‘n slag skuldig bevind word aan rassisme! Dit gaan mos te lekker, ons moet rassisme teenoor ons aanvaar en hulle kom daarmee weg! As ‘n regter so optree moet hy “debar” word en klaar! Hy hoort nie op ‘n regsbank!

Wonder ·

Nou wonder ek weer! Kan daar ‘n ondersoek gedoen word op al die sake waarby blankes betrokke was en hy as regter uitspraak gelewer het?

Jz ·

Al wat hy gaan doen is om die saak uit te rek en nog vir die volgende 11jàar salaris verdien. Jz het hom mos geleer.

Johan. H. ·

Oorywerige regterjie het vir haar self n lat gepluk met Vicky Momberg se saak HaHA , Kom ons hou die een dop,,,, Hulle kyk uit vir mekaar,,, Hulle stel die voorbeeld, nou backfire dit,,

hendrik ·

Elf jaar later. Dis asof dit elf jaar terug so beplan is ( nie die ongeluk nie maar die uitstel en die uitkoms daarvan) net om ons te koggel en te se ” wat daarvan”

Johan ·

Ek hoop Maroela Media hou ons op hoogte van wat nou vorentoe gaan gebeur. Gaan die RDK wel voort en hom afdank of gaan hulle nog 11 jaar vat om die proses te vertraag.

Kan Afriforum nie nou ook op grond van hierdie bevindinge ‘n saak by die MRK en die Gelykheidshof indien nie? Asseblief Afriforum. Ek wil bitter graag sien wat die lg twee instansies se bevinding en meer belangrik hul straf gaan wees wat hul uitdeel.

Belaglik ·

HOEKOM HET SY SAAK SO LANK GEVAT TERWYL VICKY IN ‘N PAAR MAANDE GEVONNIS IS? Kom ek wed julle die 2/3 van die parlement wat daaroor moet besluit of hy sy voorregte gaan verbeur of nie gaan TEN GUNSTE van hom besluit .. Die ANC love hulle comrade en hulle is almal in strategiese plekke geplaas JUIS om te keer dat rassisme op wit mense aangespreek word .. Al het Afriforum die saak gewen is hier GROTER besluitnemers en asb . kyk wie gaan die mense wees wat hieroor besluit . hulle gaan nie hulle RASSISTIESE comrade in die steek laat nie .. die regstelsel is net so ‘n grap soos al die ander dienste in die land. WAAR IS TREVOR NOAH NOU MET SY RASSISTIESE GRAPPIES???:??

snoefie ·

ek hoop die anc en die eff as ook blf sien hy is n ryk man. met geleerdheid. n man wat die wet ken. n man met “land”/ grond, n huis, n duur kar en dit het hom geen waardigheid gegee nie.

Grap Reg SA ·

Net nog n bewys dat die Suid Afrikaanse regstelsel tans n grap is.

Spike ·

Hoe op aarde het hy dit reggekry om so ñ eerbare pos te kry. afrika…………….

Hannecke ·

Gaan hy ook tronkstraf kry of net ‘n waarskuwing. Belaglik

hendrik ·

Waar kom hulle aan hul kwalifikasies en waarom is almal deesdae advokate en geen prokureurs meer nie. As jy sy ouderdom in ag neem was die ou bedeling se skole glad nie te sleg mie.

AJ ·

DANKIE Afriforum!!!

DANKIE Kallie Kriel!!!

Demokrasie kom met moeite en opoffering … en bloed!

Afrikaanse Knaap ·

So ‘n Afrikaans kan rassisties wees.
Wat is sy straf?

Nettie ·

Dié rassistiese “regter” was so dronk soos ‘n tor – kyk net hoe staan sy oë: skoon glas-blink en reguit, met pupille wat só groot is dat mens nie eens die kleur van sy irisse kan sien nie. Hulle eers gesê hy was nie dronk nie (en dus was hy ook nie toerekeningsvatbaar nie). Dit het hulle darem baie lank gevat (11 jaar) om tot die gevolgtrekking te kom dat hy wel dronk was en wel rassistiese opmerkings gemaak het. En wat gaan gebeur? Niks. Nada. Nothing. Zilch.

christa ·

Sluit hom toe vir so 2jaar maar als is so korrup hul kom weg met als

christa ·

Ag Hanneke Hy gaan net weer n bietjie stout verlof kry hulle kry alles reg want hul lieg so maak my so vies en as daar nie eers n kool kop of n hoender poot op die land is nie dan gaan hulle die mense soek wat vir die Land in oorlog baklei dan is hulle ook weg want almal word doodgemaak oor vel kleur …..OJ Ja Hulle gaan hulle soek Boer Ons Het Nie Kos Hier is niks,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.