Tribunaal moet ‘korrupsiegeld’ vinniger verhaal

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Phando Jikelo/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa het ʼn spesiale tribunaal op die been gebring om geld en of bates wat weens onreëlmatighede of korrupte wyse deur staatsinstellings verloor is, vinniger te verhaal.

Volgens Ramaphosa is die totstandkoming van die spesiale tribunaal genoodsaak deur die behoefte om sake te bespoedig wat deur die spesiale ondersoekeenheid (SOE) verwys word vir siviele litigasie ná afloop van hul ondersoeke.

Die president het gesê dit is sake waar die SOE gewoonlik siviele litigasie sou aangaan om regeringskontrakte onreëlmatig te verklaar of ter syde te stel.

“Om hierdie sake te bespoedig deur die spesiale tribunaal sal die SOE in staat stel om die geld en of bates te verhaal en sodoende te verseker dat diegene wat verantwoordelik is vir die verlies van staatsinstellings se geld en of bates verantwoordelik gehou word. Die litigasieproses sluit mense en entiteite in die openbare en privaat sektor in.”

Volgens Ramaphosa sal die spesiale tribunaal in staat wees om te beslis oor enige siviele verrigtinge wat deur die SOE aan hom voorgelê word wat voortspruit uit ʼn SOE-ondersoek.

Die president het regter Gidfonia Mlindelwa Makhanya as die president van die tribunaal aangestel vir ʼn tydperk van drie jaar.

Regters Icantharuby Pillay, Johannes Eksteen, Selewe Peter Mothle, Lebogang Modiba, Thina Siwendu, David van Zyl en Sirajudien Desai is aangestel as bykomende lede van die tribunaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Ben Potgieter ·

So ploeter die regime van die dag aan met krisis bestuur van die eenkant na die anderkant.ANC het verkondig dat hulle gaan regeer totdat liewe Jesus kom.Hulle gaan ook onbevoeg bly totdat liewe Jesus kom.Verwag dat daar nie veel van korrupsie geld terug gekry gaan word nie.

BJ Vorster ·

Ja dis grootskaalse gepaaiery van kiesers voor die verkiesing!
Ramaphosa as vise president het maar toe oë deur die lewe gegaan as hy nooit van staatskaping bewus was nie. Nou praat hy van wasted years waarvan hy deel was maar te bang was om sy mond op te maak vanweë die hire en fire beleid van Zuma – ontslae geraak van almal wat hom teenstaan en volslae onbevoegde lamsakke in hulle plek aangestel. Ek verwys na die Des van Rooyen debakel wat die land der miljarde gekos het. Toe die ANC leierskorps uiteindelik van Zuma ontslae geraak het was die land klaar op sy knieë en amper klaar in donkerte gehul weens die Eskom korrupsie debakel waarvan niemand op regeringsvlak bewus was nie! Red nou ‘n volk met sulke leiers!

Gemaskerde Sopbeen ·

Met ander woorde………..gaan ons nou sien hoe ry korrupte ANC kaders, wat hierdie gelde aan hulle tjomme uitbetaal het vir werk wat half, of nooit, gedoen is, aan die pen? Nou gaan ons baie “Maar ek het nie daarvan geweet nie’s” hoor……..

humor ·

Die vyf lande se waarskuwing druk die ou hard. Die resultate is nou by onse Eskom ook sigbaar. Ons hou sake dop.

Johan H. ·

Pragtig maar hou die lot dop wat aangestel is hoor, dink dis n verkiesing foeffie, eers as die terroriste in die klienk sit sal ek ou padda spesialis glo!

Dries du Toit ·

Nou eers ou Ceril. Hoekom nou eers. Ons sal jou se hoekom nou eers. Daar lê n verkiesing voor. Beloftes moet nou eers die onnosele kiesers om die bos lei

KrokidilBotha ·

Ai, soek nog geld. Maar niemand gaan tronk toe nie. Ploeter voort soos , jy weet wat

Afrikaner ·

Hulle het ‘n kollosale agterstand. En dan is die vraag, sal hulle dit vinniger kan inhaal as wat dit gepleeg word?

Hannetjie ·

Ag werklik? Al hierdie voorsittende persone/amptenare..Regters ensovoorts…..kry stywe vergoeding.Net weer werkskepping .Daar gaan niks van kom nie.

Tanya ·

Hoekom die geld vat by die mense wat dit nie gevat het nie. Begin by die wat dit gevat het. Begin by zuma en comtas sluit hulle toe vir 15jaar. En dan by die wat oor bly

BJ Vorster ·

Zuma verdien lewenslank op die minste! Maar hy loop en vlieg nog die wéreld vol met sy harem met belasingbetalers se geld!

aj ·

RSA kort ‘n MILITÊRE TRIBUNAAL wat Zuma aankla en verhoor vir VERRAAD teen die land.

As gewese opperbevelhebber van die SA Militêre magte kwalifiseer Zuma se misdade (in sameswering met buitelanders) as VERRAAD teen die land.

Eers as Zuma ‘val” (tronk toe) sal die voortdurende staatskaping ophou!

Johan H. ·

Dis al wat sal werk en die witman se houding heens die lot sal verbeter, stem saam!

Alida ·

Stap in die regte rigting. Ek vertrou hom nie maar hy kan nie nou veel doen nie. Kyk wat gebeur na die verkiesing as die ANC inkom en CR is ingesweer. Ek dink ons gaan n verrassing kry.

leser ·

Sefanja 3 verse 1-4 is so reg in die kol met die anc, eff, blaf

Avra ·

Gedagte Meneer die President, graag sal ons eers sien hoeveel van daardie miljarde inge vorder word voor 8 Mei alvorens daar oorweeg sal word om ANC te stem.

Onthou belofte maak skuld en baie belofte is al gemaak, min is al nagekom

Nikita ·

Stem saam met jou..die anc se praatjies, vul geen gaatjies!!

Foeitog ·

En hoeveel kommissies gaan nog aangestel word, wat dit en dat gaan ondersoek? Teen eislike salarisse – aag toe nou President, ons word nie almal om die bos gelei nie.

Opisthophthalmus ·

Soos JZ aan die pen ry. Die belasting betaler, ek en jy gaan dit ‘voel’!!

Cherokee ·

Gedagte Avra, ek is verras om deur jou skrywe te verneem jou verdagte president praat en lees Afrikaans. Ons wag vir sy antwoord, maar as hy nie antwoord nie sal ons jou nie weer so maklik glo nie.

Snoefie ·

Ek hoop die stakers wat talle staatsgeboue en eiendom beskadig het, gaan ook aan die pen ry en betaal vir die skade wat hulle aangerig het.

Speel vir tyd ·

Nee wat. Ons vlieg nog in dieselfde rigting. CR se “bosses” is basies dieselfde top ses kaders. Grafiek afwaarts sal voorrgaan. Geld sal bly verdwyn. Ons wittes gaan nooit in die pot ophou kook nie. Ek glo daar sal slegs iets gebeur as top ses waai. CR kry sy opdragte van hulle af.

Chris Ws ·

Wat ek heel eerste wil sien is die beslaglegging op alle eiendomme en ander bates in die land van die Gupta broers en die uitlewering van hulle aan Suid Afrika.
Kom ons hou vir Ramaja en sy “tribunaal”dop tot en met die verkiesing . . . . . . en wat daarna verder gebeur indien enigsins iets.

Antionette Boshoff ·

Alida ek stem saam met jou. Ek dink at die poppe gaan dans na die verkiesing. CR most nou sy kaarte regspeel.

koos1 ·

Blykbaar lê daai geld in ‘n trust, totdat hulle kan uitvind waarheen dit moet gaan.
Baie skrywers hierbo meld dat hy moet begin by JZ. JZ was intelegensie hoof van die ANC . Hy weet te veel van almal af en dit kan vir die ANC moeilikheid beteken as hy begin praat. JZ is amper soos J Edar Hoover van die FBI. Weet baie, en dreig almal daarmee. JZ het dit ook al met dit in die media gedreig. Hier kom groot dinge.

RG ·

Nog ‘n kommissie, nog ‘n Tribunaal, betaal belasting betaler betaal en nog geen resultate. Wonder reeds wie betaal vir al die wat daar so sit by die Zondo kommissie. Dan praat hulle nog so stadig ook, al of hul die storie so lank as moontlik probeer uitrek om meer te verdien.

Nico ·

As daar iemand aangekeer word gaan daar niks van kom nie want ons howe stel sake net uit en uit en uit en uit…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.