Troeteldiere gered toe huis brand

Skermskoot van Hathornlaan in Sydenham, Johannesburg slegs ter illustrasie Foto: Google Earth

Skermskoot van Hathornlaan in Sydenham, Johannesburg slegs ter illustrasie Foto: Google Earth

Nooddienste is Woensdagoggend ontbied na ʼn huisbrand in Sydenham in Johannesburg.

“Paramedici het gehelp om twee honde met vyf babahondjies uit die huis in Hathornlaan te red,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Niemand is in die brand beseer nie.”

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.