Trofeejagters mag sóveel luiperds, renosters teiken

(Argieffoto: Pixabay)

Trofeejagters word vanjaar toegelaat om tien swart renosters en 150 olifante in Suid-Afrikaanse natuurreservate te jag.

Dié vergunning is volgens die jaarlikse jagkwotas wat Vrydag deur die departement van omgewingsake, bosbou en visserye bekendgemaak is. Tien luiperds mag ook vanjaar deur trofeejagters geskiet word. “Die kwota is vasgestel met behulp van syfers wat deur ʼn streng nasionale moniteringsprogram ingewin is. Hiervolgens het luiperdgetalle in Suid-Afrika gestabiliseer. Net mannetjies ouer as sewe jaar mag gejag word, en ook net in sekere gebiede,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

Wat swartrenosters betref, mag slegs volwasse bulle gejag word en dit mag net in bepaalde bewaringsronde geskied. Volgens die departement is die syfers vir dié spesie ook aan die toeneem.

Luidens die verklaring word slegs ʼn klein gedeelte van die olifantbevolking jaarliks gejag. Slegs 80 olifantbulle (0,3% van die bevolking) mag gejag word. 300 olifanttande mag ook vanjaar uitgevoer word. “Die olifantbevolking is aan die toeneem en die kwota van 150 olifante is goed binne die volhoubaarheidsperke.”

“Suid-Afrika is een van baie lande wat die volhoubare jag van olifante, luiperds en swartrenosters toelaat. Die inkomste wat hierdeur genereer word, is noodsaaklik vir die vooruitgang van arm landelike gemeenskappe. Dit is ook ʼn belangrike middel tot die bewaring van hierdie spesies.”

Volgens die departement het die jagbedryf in 2019 R1,4 miljard tot die land se ekonomie bygedra. R208 miljoen hiervan is verkry deur die trofeejag van bedreigde spesies. Die biodiversiteitsbedryf het ook in 2019 418 000 mense in diens geneem. “Ons verwag dat dié sektor in die nabye toekoms aansienlike groei sal toon.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Grassie

Kan ‘n mens die skiet van diere in’n natuurreservaat jag noem? Jy groet seker die o.ifant met die hand, gee hom ‘n lemoen om te eet en skiet hom dan dood. Dan die fotonemery – die jagter met geweer in die hand, voet op die olifant se kop. Dapper.

Lillian

Wens dié bedryf wil verban word in ons land!

Frank John

Julle wat dit toelaat, weet nie wie julle die toestemming gegee het nie, moet onthou, wat jul hier wetlik toelaat gaan ook onwetlik geskied en dan gaan dubbel soveel uitgewis word.

Swerwer

Genade, nou moet diere boet vir “arm gemeenskappe”, sê liewer dit is om die ANC te befonds.

Belinda

Mensdom is siek…