Trok, bus en talle motors bots digby N12

(Foto: Verskaf)

Minstens 43 mense is laat Woensdagmiddag in ʼn groot ongeluk by die kruising van die N12 en Edenvaleweg in Rietfontein, Ekurhuleni, beseer.

Volgens paramedici was ʼn vragmotor, ʼn bus en talle motors in die botsing betrokke.

Dit was boonop “chaos” teen die tyd wat paramedici op die toneel aangekom het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, sê paramedici is kort na 17:00 ontbied en met hul aankoms het talle mense op die toneel rondgeloop.

“Paramedici van Netcare911 en Emer-G-Med, asook ander private en staatsambulanse, het ʼn gebied afgebaken en altesaam 43 mense behandel,” sê hy.

“Die meeste pasiënte het geringe tot matige beserings opgedoen, maar vier van die pasiënte het ernstige beserings opgedoen.”

Die vier pasiënte met kritieke beserings is op die toneel gestabiliseer voordat hulle per lugambulans na verskeie hospitale geneem is.

Die res van die pasiënte is op die toneel behandel en deur verskeie ambulanse na plaaslike hospitale geneem.

Die oorsaak van die ongeluk is nie in hierdie stadium bekend nie, maar plaaslike owerhede was op die toneel en ondersoek die saak verder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Di ·

Spoed en reen gaan nie saam nie! Hoe harder dit reen, hoe vinniger ry sekere mense.

Lillian ·

Klink my eerder of meneer te vinnig gery het…. Dink mos die paaie is Kyalami se “straight”!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.