Trok rol 50 m by afgrond af

Die vragmotor het sowat 50 m teen ʼn steil helling afgerol (Foto: Verskaf)

ʼn Man is dood en ʼn ander ernstig beseer ná ʼn vragmotor Dinsdagoggend by ʼn afgrond in George’s Valley, Limpopo, afgerol het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die vragmotor sowat 50 m teen ʼn steil helling langs die George’s Valley-pad afgerol.

“Twee mans was in die kajuit van die vragmotor vasgekeer,” bevestig Meiring.

“Paramedici het die twee ondersoek. Een man het reeds aan sy beserings beswyk, terwyl die ander in ʼn kritieke toestand was. Hy het beserings aan sy bekken en been opgedoen.”

Volgens Meiring het die plaaslike brandweer, wat ook op die toneel was, gespesialiseerde toerusting gebruik om die man uit die vragmotor te bevry.

“Die man is per ambulans na die Letaba-staatshospitaal in Tzaneen gehaas vir verdere mediese behandeling.”

Die omstandighede rakende die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JohanR ·

My ouers het op ‘n tydstip in Tzaneen en Letsitele gebly. Daai George’s Valley-pad het ek baie stadig en baie versigtig gery as ek gaan kuier het. As jy daar afrol en niemand besef die nie kan jy vie dae en weke daar le. Maar een ding was altyd daar, en dit is hoe mooi en skoon daai valley was. Weet nie meer of dit nog die geval is nie. Miskien al gestroop!

Agge nee ·

Dit is altyd ‘n beter idee om met ‘n groot trok die Modjadjiskloof (Duiwelskloof) pad te ry. Bietjie verder, maar baie, baie veiliger.

Elinette ·

O hemel, arme man …………….. Letaba-staatshospitaal toe geneem!!! Meneer, ek hoop jy maak volledige herstel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.