Trok ry oor motor op N1

Die motor het onder die trok beland en is opgefrommel. (Foto: Boland Dorpe/Facebook)

ʼn Baan op die N1 tussen Laingsburg en Prince Albertweg in die Wes-Kaap was vroeg Woensdagoggend gesluit nadat ʼn motor reg van voor met ʼn vragmotor gebots het.

Die insittende van die motor is op die toneel dood nadat die motor onder die vragmotor beland het en opgefrommel is.

Die vragmotorbestuurder het ongedeerd van die voorval afgekom.

Jandré Bakker, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer, sê ʼn voorlopige ondersoek dui daarop dat die oorledene beheer oor die motor verloor en met die vragmotor gebots het.

“Die ongeluk het om 06:00 plaasgevind en een baan op die N1 is vir ʼn tyd lank gesluit om die toneel skoon te maak,” sê Bakker. “Die pad is sedertdien weer oopgestel.”

Die polisie, nooddienste en forensiese ondersoekers was op die toneel en ondersoek die saak verder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Maggies ·

Hoe verskriklik! Dit moet bitter ontstellende nuus vir die naasbestaandes wees.

Andrew ·

Die pad gaan van n stippel na streep. Die vragmotor moes hom slaan op n deel wat n wit lyn was en met momentum terug druk tot by die deel waar die stipple eindig. Duidelik blind verby gegaan.

Sarel ·

Beheer verloor?…Aan die slaap geraak .
…of kon dit dalk met opset wees..net ‘n vraag

Jaco ·

Die opskrif se trok; die berig sê vragmotor. Sover ek weet is net die woord vragmotor korrekte Afrikaans. Trok is ‘n direkte vertaling van “truck” uit Amerikaanse Engels. Die Afrikaanse woord trok, sover ek weet, is ‘n ding waarin goedere gelaai word en wat deel vorm van ‘n trein.
My gekerm oor so ‘n kleinigheid is seker onnodig, maar ‘n nuuswebwerf wat trots Afrikaans is, behoort meer moeite te doen met korrekte Afrikaans oraloor. Die Afrikaanse taal word klaar oraloor bedreig, so dit sal regtig hartseer wees as verkeerde Afrikaans al is wat oorbly na al die diskriminasie teen Afrikaans.

Nico ·

Die drywer het seker aan die slaap geraak, natuurlik sal hy niks oorkom nie. Wat gaan die verkeers owerhede en die polisie aan die saak doen. die familie sit nou met die hartseer.

Andrew ·

swak beluitneming op die verbygaan . as jy roekeloos en haastig gaan bestuur is dit net n kwessie van tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.