Trok slaan om met plaaswerkers

(Foto: Verskaf)

Minstens 80 mense is Woensdagoggend beseer toe ’n vragmotor wat plaaswerkers vervoer het, op die R44 naby Klapmuts in die Wes-Kaap omgeslaan het.

Weergawes van presies wat tydens die ongeluk gebeur het, verskil. Jandré Bekker, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer, sê die voorval het naby die Durbanville-afrit in die rigting van Wellington plaasgevind.

Voorlopige inligting dui daarop dat ’n motor by die afrit na Durbanville afgedraai het, waarna die bestuurder van die vragmotor beheer oor die voertuig verloor en dit omgeslaan het.

(Foto: Verskaf)

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici het teen 07:20 by hul aankoms op die toneel die vragmotor langs die pad aangetref. Plaaswerkers wat agterop die vragmotor was, was in dié stadium versprei oor die toneel.

Twee mense is volgens Bekker ernstig beseer in die voorval. Ten minste 27 mense het tydens die voorval matige beserings opgedoen.

Volgens Meiring is die pasiënte na nabygeleë hospitale geneem vir mediese behandeling.

Geen verkeersontwrigting is vanoggend weens die voorval aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hester Wilhelmina ·

80 Mense staande agterop ‘n trok? Ek hoop die werkgewer word aangevat hieroor. Die dae van mense soos diere vervoer, is verby!

Mira ·

Hester ek sien hier is 15 duime wat nie met jou saamstem nie,dit laat my wonder hoekom 15 mense dink dit is reg om mense so te vervoer.

Johanncb ·

Absoluut onverantwoordelik om mense op hierdie wyse te vervoer!

Onnie ·

Hectic! Hier kom groot moeilik. Die politici gaan nou sports maak. 80 mense op n trok is darem te erg. Probeer jy n draai vat met n trok met 80 mense wat almal na die een kant toe lê… en daar lê die ding oe ala!

Dries ·

As hierdie mense taxi ry kos dit die boer groter salarisse betaal. Sy produk word duurder en die probleem word groter

JohanR ·

Die trok vervoer moet nou rerig ent kry. Soe drie weke gelede is ‘n vrou dood by De Doorns toe ‘n trok ook gerol het. Maar 80 mense op ‘n trok is darem te erg. In ‘n oop trok of bakkie is EENl mens nie eers veillig nie, of die persoon nou sit of staan!

Hennie ·

Is dit nie onwettig om mense op ‘n vragmoter te vervoer nie?

Pieter J ·

As ek die fotos so kyk lyk dit vir my of 80 mense heeltemal te veel was vir die vragmotor se dravermoeë. Hulle moes seker almal regop staan om in te pas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.