Trok vol chemiese middels bots met motors

Die vragmotor is langs die pad aangetref (Foto: Verskaf)

ʼn Motor het aan die brand geslaan nadat dit in ʼn botsing met ʼn ander motor en ʼn vragmotor vol chemiese middels betrokke was.

Die ongeluk het Dinsdagoggend op die N1-snelweg tussen William Nicol-rylaan en Rivonia-weg in die noorde van Johannesburg plaasgevind. Dit is nie duidelik presies hoe dit gebeur het nie.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici omstreeks 09:00 by hul aankoms op die toneel die een motor in vlamme aangetref. Die vragmotor het op sy kant langs die pad gelê en nog ʼn motor is ʼn entjie weg op sy dak aangetref.

Paramedici moes ʼn man en vrou uit ʼn brandende motor bevry (Foto: Verskaf)

“Paramedici moes ʼn man en vrou uit die brandende motor bevry. Die man het reeds aan sy brandwonde beswyk en die vrou was in ʼn kritieke toestand,” bevestig Meiring.

“Die vragmotorbestuurder is in ʼn ernstige toestand in die pad aangetref. ʼn Vrou van die ander motor het met ligte beserings van die ongeluk afgekom.”

Paramedici het die beseerdes op die toneel behandel voordat hulle per ambulans na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere mediese behandeling.

Die omstandighede rondom die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Swerwer

Daar moes sekerlik mede padgebruikers gewees het wat gesien het wat gebeur het, selfs die dame wat ligte beserings opgedoen het. Innige meegevoel en sterkte aan die families van die persoon wat aan die brandwonde beswyk het asook aan die dame wat kritiek met brandwonde opgeneem is.

Riana

te vinnig gery, en kon nie stop nie…. O skuus die remme het onklaar geraak…

Christo

Te veel stadigbewegende swaar voertuie op ons paaie. Dis ‘n deurlopende resep vir noodlottige ongelukke.

Andrew

Swearvoertuig en openbare vervoer bestuurders, moet sigometriese toetse ondergaan en slaag voor hulle lisensies mag kry.

George

My bestuurder lisensie aanlyn gekoop en die remme het nie gewerk nie en ek het n “black out” gekry.