Trok met steroïede in De Doorns gekry

Die onwettige anaboliese steroïede. Foto: SAPD

Die Wes-Kaapse polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem nadat ʼn vragmotor Maandagaand by ʼn vulstasie in De Doorns voorgekeer en deursoek is.

Lt.kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê beamptes van die openbare-orde-polisie en blitspatrollie het ʼn intelligensiegedrewe operasie gehou en ʼn padblokkade by die vulstasie opgestel.

“ʼn Scania-swaarvoertuig en sleepwa is tydens die operasie voorgekeer en deursoek. Onwettige anaboliese steroïede (skedule sewe) met ʼn geskatte straatwaarde van R2,4 miljoen is in die vragmotor gevind,” het Traut gesê.

Die polisie het op die steroïede beslag gelê asook die vragmotor, ter waarde van nagenoeg R1 miljoen.

Twee verdagtes, onderskeidelik 47 en 57 jaar oud, is in hegtenis geneem en moet binnekort in die hof in Worcester verskyn.

Die onwettige anaboliese steroïede. Foto: SAPD

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Alida ·

Ons doen ‘n beroep op die SAPD om te wys hoe word die goed vernietig ander verwissel dit net hande.

Nettie ·

Alida, glo my – dié is die SAPD De Doorns. Die een van die (min) polisiestasies waar jy nog diens kry en waar daar nog patrollies gedoen word en nie net die standaard-antwoord van “Daar’s nie nou ‘n vên beskikbaar nie” gegee word nie. En De Doorns is in die landelike Wes-Kaap. Hier dra die manne en vroue hul uniforms nog met trots.

Alida ·

Nettie ek het geen twyfel nie. In die Wes-Kaap dra die SAPD hulle uniforms met trot, en as daar kuier in Desember is die SAPD sigbaarheid duidelik. Mens wonder net hier in Gauteng hoe, waar en wanneer word die goed vernietig. Ons hoor net altyd daar is beslaggelê op dwelms maar hoor nooit dat dit vernietig word nie.

Eish ·

Dis n interlink vrag motor vol steroïede! Genade tog, bestem vir gimnasiums die land vol?

zoom zoom ·

Weet iemand van watter area die trok vanaf kom of is dit ‘n geheim.??

Afrikaanse Knaap ·

Hulle kan ook maar net ‘n polisie hond in enige gymnasium in SA invat en hulle sal dieselfde vonds kry.
Soos ou Jonathan sê, “ek juice nie”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.