Die Wes-Kaapse polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem nadat ʼn vragmotor Maandagaand by ʼn vulstasie in De Doorns voorgekeer en deursoek is.
Lt.kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê beamptes van die openbare-orde-polisie en blitspatrollie het ʼn intelligensiegedrewe operasie gehou en ʼn padblokkade by die vulstasie opgestel.
“ʼn Scania-swaarvoertuig en sleepwa is tydens die operasie voorgekeer en deursoek. Onwettige anaboliese steroïede (skedule sewe) met ʼn geskatte straatwaarde van R2,4 miljoen is in die vragmotor gevind,” het Traut gesê.
Die polisie het op die steroïede beslag gelê asook die vragmotor, ter waarde van nagenoeg R1 miljoen.
Twee verdagtes, onderskeidelik 47 en 57 jaar oud, is in hegtenis geneem en moet binnekort in die hof in Worcester verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Ons doen ‘n beroep op die SAPD om te wys hoe word die goed vernietig ander verwissel dit net hande.
Alida, glo my – dié is die SAPD De Doorns. Die een van die (min) polisiestasies waar jy nog diens kry en waar daar nog patrollies gedoen word en nie net die standaard-antwoord van “Daar’s nie nou ‘n vên beskikbaar nie” gegee word nie. En De Doorns is in die landelike Wes-Kaap. Hier dra die manne en vroue hul uniforms nog met trots.
Dis n interlink vrag motor vol steroïede! Genade tog, bestem vir gimnasiums die land vol?
Hoe het hulle dit vermoed .. het die trok te vinnig gery ☺
Weet iemand van watter area die trok vanaf kom of is dit ‘n geheim.??