Trok wat motors vervoer, slaan om

Foto: ER24

Foto: ER24

Verkeer op die N3 naby die Peacevale-afrit in KwaZulu-Natal is erg ontwrig nadat ʼn vragmotor wat motors vervoer, omgeslaan het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê een van die motors agterop die vragmotor het op ʼn ander motor wat in die rigting van Pietermaritzburg gery het te lande gekom.

Volgens Botha het een persoon ernstige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg. Drie bane is vir verkeer gesluit en daar is hewige ontwrigting.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Ancara ·

Ek het al baie gewonder as ons agter so n vervoer trok ry wat ander motors vervoer of dit nie op ons kar sal val nie

Estelle Leeuwner Claassens ·

Oeps Charles? Waar het jy gelees dat die trok geknipmes het?

Sakkie steenberg ·

Eks van truckers alert die bogenoemde se saak word ondersoek
Mense is vinnig om te se spoed trokke is gegovern op 80 km p/u kyk na Wat motoriste dun sny kort vlak voor trokke in ma nou ja Wat weet ek nou Eks ma net n truckers alert controller

Cherokee ·

Wat toe binne sekondes verander is in Lowlux Bakkies? Af na die teerpad. Wonder wie is die versekeraar en watter premies betaal word want daar word hewige risikos gedra.

Johannes ·

Wat is die punt wat jy wil maak?Ek vra net.As dit so is beteken dit maar net dat ,n paar hilux koper net langer sal moet wag vir hulle bakkies.Ek sal as dit moet.

skorra ·

Johannes-johannes… Ken jy ‘n Hilux? Al gehoor van die “moose”-toets? Christo is besig om baie fyn humor te pleeg.

Waarheid ·

Lanklaas gehoor van trein wat omval wat motors vervoer. Maak meer van spoorvervoer gebruik daar is rede voor die paaie raak al meer besiger en spoorvervoer maak sukkelbestaan.

Andre ·

Die rede is spoorvervoer deesdae is stadig en somtyds raak goed weg. vind maar uit wat gebeur by Kaserne.

Magda ·

Die treine kan nie die voertuie voor die handelaar se deur aflaai nie. Al ons voertuie kom van PE af met ‘n trein tot by Kaalfontein ( langs die R21 Kempton Park) en vandaar word dit vervoer met ‘n trok na die verskillende dealers toe. Of wil julle nuwe voertuie koop wat 100 en meer km’s op het. Ek glo nie, want dit is 1ste wat almal altyd vra. Sommige klient wil nie eers he dat hul nuwe voertuig tussen dealers gery word nie.

Volksie ·

Magda ek het jare nuwe voertuie verkoop. Die speedo kabel word net uitgetrek. Daai nuwe karre op die vloer word gebruik vir demo’s waar hulle hard bestuur word. Hulle word ook rond gery om towbars en ander goed op te sit.
So jou “nuwe” kar het al baie kilos op as jy hom kry, jy weet dit jet nie, want die kabel was uit

Magda ·

Die voertuie op die trok is reeds aan die betrokke handelaar geinvoice, maar die betrokke maatskapy wat die vervoer doen is verantwoordelik vir al die skade an die voertuie. Dit is hoekom daar ‘n persoon by die handelaar wat elke voertuig deeglik nagaan vir enige merke dit word op die aflewerings note genoteer en die dealer moet dan kwotasies deur stuur vir die herstel van die skade.

Maria Van Dieweeck ·

Ja die stuk hoofweg van die dood, Gruongelukke die een na die ander, Hoekom? Want verlamde verkeersbeamptes sit oral onder koelte bome en uitspan met groot maaltyd en n koerant.

Magda ·

Volksie en hoeveel jaar terug was dit wat jy nuwe karre verkoop het?? Gaan kyk of jy enige Kia Hyandai of Opel se kabel kan uit trek. Jy kan , maar dan hy jy geen ligte, flikkerligte of ABS wat werk op jou kar nie en die speedo werk nog steeds. Vra my ek weet. Gaan doen eers jou huiswerk .

Kobus ·

Die mooi Afrikaanse woord vir ‘n trok wat motors vervoer, is abba-wa.

Lalla ·

Ek verstaan nogsteeds nie hoekom trokke wat nie noodsaaklike goedere vervoer op die paaie moet wees nie. As ons slapgat regering die spoorvervoer in stand gehou het wat hulle gekry het, sou ons nie nou met die gemors van al die trokke op ons paaie gesit het nie. Dit is chaos soos hulle ry. En het nie ‘n saak of jy langs voor of agter hulle is nie, as hulle mos ‘n flikkerlig aansit moet almal padgee.

Johann Marx ·

Wooo-hooo…..Lalla begin verstaan!!! Hoekom sal die regerning enige iets in stand hou? Ou Suid Afrika spoorvervoer was daar om ‘n “diens” te lewer…..Nuwe Suid Afrika se CEO’s wil net “prestasie bonusse” hê…so jy verkoop die ou spoorweë se bates, doen niks, dan lyk die “boeke” goed, dan kry jy miljoene Rande se “prestasie bonus” …en bedank. Oooo jaaa…en dan, om alles vervoer te kry, gebruik ons trokke….Elke Jan Rap en sy maat koop ‘n trok, kry ‘n “vervoer kontrak”…en ry die paaie stukkend…Ooooo jaaaa…dan kan ons “tenders” uitsit vir ons tjommies wat nog nooit in hulle lewe ‘n pad gebou het nie…maar lekker “kick-backs” gee…dan word ons ryk, die “kontrakteurs” kry geld, en gee die helte vir ons, die trokdrywers kry geld van hulle kontrakte (en gee die helfte vir ons)….en Lalla leer…DIS AFRIKA!!! NIKS werk hier soos in ‘n gewone Eerste Wêreld land nie….

CHRISTA ·

Johann, jy het net van die e-tolpaaie vergeet wat miljarde vir die kontrakteurs sou inbring!!!

joc ·

Ek dink ‘n Alien het sy voet voor die trok se ingedruk en hom getrip.

CHRISTA ·

Johann, jy het net vergeet van die e-tolpaaie wat miljarde vir die operateur sou inbring!!!

d ·

Kry vir julle ek het dit sien aankom, net jammer vir die onskudige mense wat seer gekry het.

anita smit ·

Ons matriek dogter en vriend is iewers tussen daai verkeer oppad terug Mpumalanga toe sy se dis iets vreesliks!

Sarie ·

Sjoe maar die mense is ‘n klomp doem profete. Oorsaak word nog ondersoek. Niemand weet wat gebeur het nie, maar oordeel links en reg. En die mense wat sê trokke moet nie op paaie wees nie, hoe dom kan jy nog wees? Hoe gaan enige iets van die vervaardiger of produsent vervoer word na die supermark of “Mall” waar jy jou goed koop – lugpos? Ek het lekker gelag vir jou onkundigheid. Jy dink seker die melk wat op die rak kom kom van ‘n boks en nie van ‘n koei?! Hulle gebruik trokke om dit ook te vervoer van die boer se plaas.

Rack Russl ·

Ja Sarie, dit is waar. Onthou net dat baie trokke uitgeskakel kan word indien ons spoorwegstelsel gewerk het. Niemand het gese daar moet ‘n trein van Pietie se plaas af loop tot agter Checkers se deur nie.

Treine is nodig en trokke is nodig. Ongelukkig, soos Johann Marx verduidelik het, werk alles nie soos dit moet nie. Dus moet die trokke baie van die treine se werk doen, stel baie mense se lewens in gevaar en vertrap dit ons paaie

Andrea ·

Ek dink die meeste mense verstaan die prinsiep, Sarie. Die trokke hoort nie op die pad nie, want hul veroorsaak ONGELUKKE en ry die paaie flenters. Hoe makliker en veilger sou mens nie kon ry sonder om die hele tyd met die trokke op die paaie te stoei nie!

Theresa ·

Sal snaaks wees as dit nie spoed en wilde wragtag manier van ry se skuld is nie.
Dis ‘n skreiende skande dat trokke (nes busse en taxis) doen wat hul wil op die paaie. Menige moord word so gepleeg. MOET 80 ry, maar jaag soos malhase en vleg deur verkeer asof hul klein sportmotortjies is. Nee wat, ek is oortuig daarvan dis weer spoed en as iets gebeur die vreeslike verwondering van wat om dan in ‘n krisis te doen. Sou ook graag wou sien dat die goedere treine weer ingespan kon word soos van ouds. Baie beter gewees en baie minder trokke op die paaie gehad wat verwoesting saai. Ek kry die trokeienaars jammer.

Ta An ·

Ek weet ook nie hoekom almal van trokke praat nie, sover ek weet is dit vragmotors of bakkies?
Ek sal maar nie sê wie gewoonlik van “trokke” praat nie, dan word ek dalk van provinsialisme
aangekla!

Cherokee ·

Ta An roep nou so vaagweg ‘n herinnering op wat my wil vertel kort na Oom Jan Van Riebeeck hier geland het, het ons van treinwaens as trokke gepraat.

Cherokee ·

Ek woon by die vertrekpunt en eindbestemmimg van (vele van) daardie trokke en alhoewel die bestuurders vernuftig is, probeer hulle somtyds onmoontlike dinge daarmee. Een het 100 treë van my woning op ‘n 4 baan pad ‘n u-draai probeer maak met die trok en ‘n sleepwa vol karre vir Midde-Afrika. Hy het geknipmes en die voertuie moes met ‘n kraan afgelaai word.

Cherokee ·

Is daar nog roetes wat as alternatief dien vir die N3? As ek die wet reg onthou mag daar nie ‘n tolpad wees sonder ‘n alternatiewe roete.

Trokdrywer ·

1. Hoeveel werk verskaf die trok industrie
2. Hoe kom alle goedere by die winkels
3. Hoe weet julle wat daai drywer se omstandighede was.

Ja ons jaag en ja ons word gedruk om die vrag so vinnig as mooltlik by die aflaai punt te kry.
Ek ry elke dag op die N3. Ek nooi enige iemand uit om te kom kyk wat hier aangaan. N kar sal versnel om verby n trok te gaan om net voor hom rem te trap om die trok se spoed te breek maar die motoris vergeet n trok kan nie so vinnig soos n kar stop nie.
Motoriste weet ook nie hoe om hulle ligte te dim as hulle van voor of van agter kom nie. Hulle vergeet van die weerkatsing van die lig in die spieels wat ons verblind.
En dink n biekie. Hoe lank is daai drywer al agter daai stuurwiel, wanneer laas was hy by sy huis ????????

Chris Ws ·

Trokdrywer ek weet presies waarvan jy praat en dis ALLES die waarheid.My swaer het ‘n vrag chroom van anderkant Sun City af Durban toe vervoer en ek kon saam ry vir geselskap.Eks nou nog spyt ek het nie my video kamera saamgeneem nie want van die dinge wat op die N3 gebeur het sal gewone motoriste (soos ek!) nie glo nie.Sy spoed wat hy mag ry is net 80km/u en dis skokkend om te sien watse manewalis sommige motoriste( in fancy karre veral)voor ‘n vragmotor met ‘n 34ton vrag op uithaal!

Giffie ·

Daai motor vervoer trokke is n euwel as padgebruiker wat die land vol reis het ek menige maal al gesien hoe die lomp oorhel en gevaarlik wieg …potensieeele ongelukke wat wag om te gebeur….en as dr het ek eweneels etlikke pasiente nademaal van sulke ongelukke al deur die jare behandel.Die motor vervoer vragmotors is en bly n euwel

my tweesent bydrae ·

Die pad tussen die Stormvoel oprit en John Vorster afrit in Pretoria is besaai met trokke wat net die regterbaan ooplos . Daar moet motoriste 160 kilometers per uur ry net om nie chaos te veroorsaak nie .

G ·

Mense blameer altyd dadelik die trokdrywer, en ja, van hul ry lekker onverskillig en jaag. Maar, die paloekas wat hul lisensies so koop deesdae, besef nie ‘n trok het ‘n langer stopafstand nodig nie, dan swaai hul net voor die trokke in en slaan eweskielik briek aan. Ek moet sê die trokbestuurders wat saam met ons deur die nag gery het toe ons oppad Durban toe was, was die mees ‘considerate’ trokdrywers wat ek nog teëgekom het. En daar was baie op daardie pad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.