Trokbestuurder erken glo hy het 6-jarige verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 38-jarige vragmotorbestuurder wat glo erken het dat hy ʼn sesjarige meisie ontvoer, in ʼn bos vasgebind en verkrag het en daarna met ʼn baksteen aangerand het, verskyn Dinsdag in die Durban-landdroshof.

Volgens kol. Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het die meisie op 10 Maart ná skool in Clairwood, suid van Durban, huis toe geloop toe sy ontvoer is. “Ná ʼn soektog is sy die volgende oggend om 03:10 in ʼn bos langs Edwin Swalesrylaan aangetref,” het Naicker gesê.

Die meisie het aan die polisie gesê ʼn vragmotorbestuurder het haar ontvoer, in ʼn bos in gesleep, haar verkrag en toe glo met ʼn baksteen oor haar kop geslaan.

Die Brighton Beach-polisie het navraag gedoen by al die vragmotormaatskappye in die omgewing om die oortreder moontlik uit te ken. Een van die werkgewers het op 15 Maart aan die polisie gesê sommige van die slagoffer se besittings is in een van sy maatskappy se vragmotors opgespoor. “Die polisie het die verdagte by sy werksplek in Phoenix ondervra, waar hy na bewering skuld erken het,” het Naicker verduidelik. “Die verdagte is in hegtenis geneem en staar drie aanklagte van verkragting, poging tot moord en ontvoering in die gesig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Rentia ·

Die verkragter voel seker baie goed oor homself. Om ‘n 6 jarige te verkrag en nog met ‘n baksteen aan te rand. Hy behoort gehang te word!

Jasper ·

Toe hy die kind sien het die “Dier” in hom wakker geword en sy rookbenewelde brein binnegevaar en verder het hy op oeroue instink gehandel.

Marietjie Grant ·

Sny dit af en stenig hom met vrag bakstene. Hy sal hoop om eerder dood te bloei as die eerste baksteen hom tref.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.