Trokbestuurder ook vas ná kaping

Van die vleis waarop daar beslag gelê is. Foto: SAPD

ʼn Vragmotorbestuurder is saam met ses ander verdagtes in hegtenis geneem nadat ʼn vragmotor vol vleis Donderdag naby Kinkelbos, ongeveer 50 km vanaf Uitenhage, in die Oos-Kaap gekaap is.

Kapt. Andre Beetge, woordvoerder van die polisie, het gesê die vragmotor was op pad na Oos-Londen om sewe ton vleis af te lewer toe dit na bewering omstreeks 04:30 op die pad tussen Kinkelbos en Nanaga gekaap is.

Volgens die vragmotorbestuurder het twee voertuie, met altesaam vyf kapers, voor en agter die vragmotor gery en só die vragmotor van die pad af gedwing. Die bestuurder het aan die polisie gesê twee van die kapers het vuurwapens op hom en sy twee assistente gerig. Die vragmotor is toe gekaap en die bestuurder en sy assistente is ʼn ent verder weg deur die kapers afgelaai.

Van die vleis waarop daar beslag gelê is. Foto: SAPD

Die saak is by die polisie aangemeld en omstreeks 07:30 is die vragmotor naby Greenbushes gevind. Die vrag was egter reeds uit die vragmotor gesteel.

Die SAPD se kapingtaakspan het leidrade van die toneel opgevolg wat hulle tot ʼn plaas in Kragga Kamma gelei het. Met hul aankoms op die plaas het ses verdagtes laat spaander, maar die taakspan kon daarin slaag om al ses in hegtenis te neem.

Daar is op sewe ton rooivleis, vark en hoender ter waarde van ongeveer R500 000 beslag gelê. By nadere ondersoek het dit aan die lig gekom dat die vragmotorbestuurder glo ook by die misdaad betrokke was en hy is ook in hegtenis geneem.

Die sewe verdagtes, tussen 25 en 39 jaar oud, sal Maandag in die Alexandria-landdroshof verskyn op aanklagte van onder meer vragmotorkaping.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Madeleine ·

Skurk vang skurk :) net so bly as misdaad oopgevlek word…

Alida ·

Ai tog en as al die vleis nou opgeeet is dan is daar niks maar die tronk wag!!! Hoe dom kan mens wees om net vir een dag versadig te wees.

Zollie ·

Nee Alida dit gaan nie oor een dag se versadiging nie dit gaan oor geld. Hulle sou vir hulle van die vleis geneem het maar die res sou hulle verkoop.

Speedguard ·

Jy sal verbaas wees hoeveel afset plekke daar is glo my !

cor ·

Dit is goeie nuus. Lyk my iewers is iets aan die gebeur want die laaste tyd is daar heelwat sukses verhale. Dit kan dalk nog beter gaan met die aanstelling van n nuwe valke hoof.

Alida ·

Zollie ek het ‘n IK hoor. Natuurlik sou hulle eers geneem het en die res verkoop het. Dit is tog voor die hand liggend.

Rene ·

@Alida, ek het nie eers daaraan gedink dat hulle die vleis sou verkoop nie, ek kan glad nie soos kriminele dink nie. Seker lekker dom…

Speedguard ·

Nee Rene, jy is nie dom nie, jy is eerlik en het dit my al verbaas wat sommuge mens aan dink en aanjaag om geld te maak, ek sou nie eens van die soort van optrede in my wildste drome kon droom nie totdat ek terug geruk was na die werklikheid!!

bgj van der westhuizen ·

met die vlies pryse wat duur is sal daar die vlies vekoop soos soet koek

Cherokee ·

Vergewe my maar die Vrydagaand het gevorder teen hierdie tyd en julle is so verdomp negatief as kan wees! Bloot ‘n entrepreneur-saak maar die werkers het vir die verkeerde persoon gewerk! So, skakel in en ons sal antwoorde vind vir die crooks maar hulle beter begin besef die DA is absoluut net soos die ANC en daarvolgens kruisie trek. So, stem VF!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.