Trokbestuurder sterf toe hy uit bewegende voertuig spring

Foto: ER24

Foto: ER24

Die bestuurder van ʼn vragmotor is Maandag dood nadat hy desperaat na veiligheid probeer spring het toe die voertuig teen ʼn wal afgerol het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê twee ander passasiers het ernstige beserings in die ongeluk opgedoen en is in ʼn kritieke toestand.

Paramedici het die middag die wrak van die vragmotor teen ʼn klein rivierwal aangetref in die Sweetwaters-gebied in Pietermaritzburg.

“Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar die bestuurder het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor, waarna die vragmotor van die pad af gegaan en teen die wal afgerol het,” het Meiring gesê. “Die bestuurder het uit die bewegende voertuig probeer spring, maar onder die agterwiele beland. Toe paramedici op die toneel opdaag, was hy reeds dood.”

Meiring het gesê paramedici moes meganiese toerusting gebruik om die ander twee mans wat in die wrak vasgevang was, te bevry. Hulle is na die Edendale-hospitaal gehaas.

Die polisie sal die voorval ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.