Trokbestuurder uit rioolwater gered

Die vragmotor langs die R31 tussen Kimberley en Barkly-Wes. (Foto: Verskaf)

ʼn Vragmotorbestuurder is Sondag uit rioolwater gered nadat sy vragmotor glo vroeg die oggend daarin beland het.

Volgens lt.kol Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, het die bestuurder na bewering om 07:00 beheer oor die vragmotor verloor wat veroorsaak het dat die voertuig in rioolwater langs die R31 tussen Kimberley en Barkly-Wes beland het.

“Soek-en-reddingspanne het die 31-jarige man uit die vragmotor gehaal en die vragmotor is weggesleep.”

Die bestuurder het geen beserings tydens die voorval opgedoen nie.

Dit is nog nie duidelik waarom rioolwater langs dié pad is nie.

Sello het die betrokke beamptes en reddingspanne bedank vir hul vinnig reaksie wat ʼn verdrinkingsvoorval voorkom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Benita ·

Dis nog nie duidelik hoekom rioolwater langs die pad is nie? Rerig die hele land is vl rioolwater

Charl ·

Letterlik in die bollie LOL ! Maar steeds, hoekom is daar rioolwater en afval langs ‘n nasionale pad ??

marius ·

Want die hele hool is ‘n riool plaas , en niemand wil , gaan , of kan iets doen nie .

Pieter ·

Hy moet maar oppas vir cholera, Salmonella en Covid. Riool water, die ANC se simbool, is oral. Skandalig.

Ian ·

My vraag is hoekom die premier nounog nie opgetree het nie. Dit is noual hoe lank en nogsteeds doen sol plaatjie niks hieraan nie.

Pietertjie ·

Eish. Die probleem is mos die trok, nie die drywer of die riool nie.

Ockie ·

Hierdie is ‘n ekologiese ramp wat ontstaan het agv ‘n totale gebrek aan onderhoud van Infrastruktuur. Dit word Woensdag op ‘n Spesiale Raadsvergadering hanteer. Totale wanbestuur van Sol Plaatje en die beleid van kader ontplooiing van persone wat nie geskik is om in die posisies te wees en ‘n gebrek aan verantwoorbaarheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.