Trokdrywer aangekla ná matrikulant se dood

Nathan Greyling [Foto: Facebook]

ʼn Vragmotorbestuurder is in hegtenis geneem in verband met die matrikulant Nathan Greyling (18) se tref-en-trap-ongeluk.

Volgens kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, is die 60-jarige vragmotorbestuurder Maandag omstreeks 11:00 in Randfontein in hegtenis geneem.

Greyling, ʼn matrikulant aan St. Dominic’s College in Welkom, se liggaam is op 2 November langs die pad tussen Hennenman en Riebeeckstad gekry ná hy die vorige dag as vermis aangemeld is.

Stukke van ʼn voertuig se kopligte is op die toneel gevind, maar die voertuig en bestuurder was skoonveld. ʼn Grootskaalse soektog het gevolg.

“Te danke aan inligting wat wyd in die media en op sosiale media geplaas is, is die polisie se ondersoek uitgebrei. Dit het tot die vragmotorbestuurder se inhegtenisneming gelei,” bevestig Thakeng.

Volgens Thakeng sal die verdagte na verwagting Woensdag in die landdroshof in Hennenman verskyn op aanklag van strafbare manslag.

Genl.maj. Lerato Molale, die distrikskommissaris van Lejweleputswa, het die speurders geloof vir hul goeie werk en ook die gemeenskap bedank vir hul hulp in die soektog.

Maroela Media het vroeër berig Greyling was ʼn uitblinker-matrikulant en onderhoofseun van die skool. Hy het provinsiaal krieket, hokkie en tennis gespeel en was ook ʼn A-student.

Hy het pas met die matriekeksamen begin toe die ongeluk plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Wat??? Dis MOORD en nie strafbare manslag nie. Plus hy het boonop van die toneel gevlug en die arme kind net daar gelos. Verander daai aanklagte na moord, want dit is wat dit is.

Swerwer

Genade, ‘n 60 jarikge Vragmotorbestuurder! Dit is uiters laag en gemene optrede van hom. Dankie aan die SAP lede vir jul flinke optrede. Mag die 60 jarige vragmotorbestuurder die swaarste straf denkbaar opgelê word.

Diline

Ja hy het gedink hy gaan wegkom daarmee maar die blinde sambok slaan baie hard. Hoop hy sit vir lank in die tronk waar hy hoort.

Louis

Op die ou end gaan hy omtrent niks oorkom met ons patetiese regstelsel

Pietertjie

Kom ons kyk hoe ernstig is die owerhede met hierdie saak om die slagting op die land se paaie hok te slaan.