Trokdrywer aangerand, beroof

Argieffoto

Die polisie in Mpumalanga is op die spoor van ses verdagtes nadat die bestuurder van ʼn vragmotor oor die naweek naby Emalahleni (Witbank) deur ʼn groep swaar gewapende mans oorval, aangerand en beroof is.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het in ʼn verklaring gesê die betrokke vragmotor het Vrydag naby Transalloys onklaar geraak. Die bestuurder van die vragmotor het langs die pad stilgehou om ondersoek in te stel, toe ses swaar gewapende mans vanuit ʼn nabygeleë bos aangestap gekom het.

Volgens Hlathi het die verdagtes hul vuurwapens op die vragmotorbestuurder gerig waarna hulle hom beveel het om die deur van die vragmotor oop te maak. Die vragmotorbestuurder is in die proses aangerand, het Hlathi verduidelik.

Die slagoffer is met skoenveters vasgebind waarna die verdagtes met hom die bosse in gery het.

Volgens Hlathi het die verdagtes die vragmotor se sleutels, diesel en 23 buitebande ter waarde van R150 000 gebuit voordat hulle die vragmotorbestuurder agtergelaat en op die vlug geslaan het.

Die vragmotorbestuurder is daarna na ʼn hospitaal gehaas en ʼn saak van motorkaping is by die polisie aanhangig gemaak, het Hlathi gesê.

Die polisie doen nou ʼn beroep op mense om enige inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, by kol. One Thobejane by 082 372 2195 aan te meld. Inligting sal vertroulik hanteer word, het Hlathi verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Michael 1 ·

Die berig maak glad nie sin nie maar dit daar gelaat,so jy is ook nie meer veilig as jou kar breek en jy nie n cz 805 bren by jou het om jouself te beskerm nie met 4 ekstra magasyne bygesê.

Hans ·

Iets maak nie sin nie, hoe toevallig dat die manne presies daar was waar die trok gebreek het?

Grassie ·

Hans – ek glo nie die trok het gebreek nie. Dit is ‘n ou storie. Gewoonlik staan daar ‘n vrou alleen en duimgooi (of been gooi) om die manne te laat stop dan skuil haar makkers digby en wag vir hom.

Daleen ·

Die trok drywer het seker vir ‘n geruime tyd daar in sy trok gesit en wag vir hulp. So hulle het tyd gehad om te besluit hoe hulle dit gaan doen. Dis nie of die artikel se dit het binne 5 min na trok gebreek het gebeur het nie. So ek wil graag weet wat maak nie sin nie? My grootste vrees is dat my kar onklaar raak langs die pad want die kanse is 99.9% dat daar iets met jou gaan gebeur.

Ansie ·

Miskien is ek sinies, maar is dit nie interessant dat die trok onklaar geraak het toevallig waar 6 swaar gewapende mans gewag het nie? Hoe is hy gevind?

Buks ·

Ek sê daar was n “dame” langs die pad en dis ook toe nou seker die rede dat die trok gebreek het of die rowers is mechanics want hulle kon in die bosse in ry met hom en die trok…

KAIROS ·

Dit gebeur daagliks in die vervoer industrie. Daar is dele van die land waar ons glad nie meer ry nie. Die kriminele is oral.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.