Trokdrywer brand erg ná ongeluk

Een van die vragmotors het na die ongeluk aan die brand geslaan (Foto: Verskaf)

ʼn Vragmotorbestuurder het Sondag ernstige brandwonde opgedoen nadat die vragmotor waarin hy gery het met ʼn ander vragmotor in ʼn ongeluk betrokke was.

Shawn Herbst, woordvoerder van ER24, sê die twee vragmotors het die aand op die N3 digby die Cato Ridge-afrit in KwaZulu-Natal gebots. Een van die vragmotors het daarna aan die brand geslaan.

“Die bestuurder wat in die brandende vragmotor was, het ernstige brandwonde opgedoen. Paramedici het hom op die toneel gestabiliseer en daarna per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem,” sê Herbst.

Die bestuurder van die ander vragmotor het ongedeerd van die voorval afgekom.

Die twee vragmotors het die aand op die N3 digby die Cato Ridge-afrit in KwaZulu-Natal gebots (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anoniem ·

Hoekom is daar deesdae so baie berigte van swaarvoertuig ongelukke/botsings?

Kokerboom ·

Redes tweerlei: 1) Spoorstelse opgevoeter deur Regime aan bewind
2) Verhoogde uitvoere veral aan China met trokdrywers wat langafstande ry en volumes jaag met onvoldoende russtelsels

Willem ·

As daar één projek is wat die regering beslis moet aanpak is dit die herstel van die spoorstelsel. Kry die trokke van die pad af. Dit sal die paaie se leeftyd verleng en reis per pad baie veiliger maak.

Baardman ·

Die regering kan aanpak net wat hulle wil maar dit sal ‘n mislukking wees

Tipper ·

Wie toets vragmotor bestuurders vir alkohol,weke van die huis af weg mis n braai en n paar biere.

daarsdit ·

Ons was op die N3 twee weke terug, trokke gaan trokke verby. Ons gedink dit sal beter raak as die pad eers na 3 bane verander, was verkeerd, toe is al 3 bane vol trokke wat mekaar verby gaan.

Misky ·

Ek stem Janine en ons woon in Durban buitewyke. Daai trokke jaag partykeer so erg, dat dit lyk of ek parkeerplek soek. En ek ry nie stadig nie en hou by spoedgrens

Ousus ·

Een van my kollegas het nou onlangs gegaan vir sy Kode 14 lisensie. Hy het vir my reguit gesê dat hy deur ander gevra is hoekom hy al die geld betaal vir die bestuurskool en lisensie, as hy dit net kan koop. Wat baie vinniger is?
So hoeveel trok drywers is wettig agter daai trok se stuur wiel? Weet hy van die afstand wat dit vat om te rem, weet hy van ratte wissel, weet hy hoe breed sy voertuig werklik is? Dis verseker nie net van agter so groot voertuig se stuur in klim en daar gaan ons nie!
Toets die bestuurders se werklike vermoë om te bestuur!

JM ·

Ek stem 100% saam met Ousus. Het talle kere al dieselfde vrae gevra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.