Trokdrywer dalk ontvoer

Argieffoto. (Foto: JOE RAEDLE / GETTY IMAGES NORTH AMERICA/Getty Images via AFP)

Die polisie is op soek na ’n vragmotorbestuurder wat moontlike Vrydag in Gqeberha (Port Elizabeth) ontvoer is.

Volgens kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, is die vragmotorbestuurder om 09:10 by Truckers Inn in Markman, Gqeberha, deur twee gewapende mans genader.

“Die vragmotorbestuurder is na bewering in die agterkant van die vragmotor gedwing, waarna die vragmotor in die rigting van Motherwell gery het,” sê Swart.

Die wit Iveco-vragmotor (registrasienommer CLY 82592) en die bestuurder is steeds vermis.

“Enigiemand met meer inligting oor die voorval kan die ondersoekbeampte, sers. Martin Assia, by 082 442 1099 skakel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Johan

Nou het daai trok nie n tracker in nie ek bly ook in PE crime is bja hoog hier op alle vlakke van die samelewing