
Argieffoto
ʼn Vragmotorbestuurder in die Oos-Kaap is dood terwyl mense die voertuig net ná ʼn ongeluk sonder gewetenswroeging geplunder het.
Die polisie het Woensdag gesê die man (51) het op die N2 tussen Butterworth en Kei Bridge gery. Hy het van Durban na Komga gereis om ongeveer 600 varke by Komga-slaghuise af te lewer.
“Die vragmotor het die pad verlaat en die man is feitlik op slag dood in die ongeluk,” het Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, gesê.
Volgens Manatha het lede van die gemeenskap al die varke gesteel en die vragmotor geplunder terwyl die bestuurder daar dood gelê het.
Die identiteit van die oorledene word weerhou totdat sy familie in kennis gestel is van sy dood. Die polisie het die voorval ten sterkste veroordeel.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
29 Kommentare
Hierdie spul is gewetenloos en onmenslik. Vriende van ons was oppad van Upington na Pretoria. Die man het kanker gehad en het pyn verduur en moes die Dr kom sien. Hulle was in ‘n ongeluk betrokke (veroorsaak deur ‘n idioot wat op ‘n blinde hoogte verby ‘n ander kar prober gaan het). Die man is dood en sy vrou was baie ernstig beseer. Hulle het letterlik langs die pad gelê en daar het waaragtig ‘n spul hulle beroof van al hulle besittings. Horlosies, beursies ens. Die liewe Vader moet my net krag gee!!
Geen mens kan homself ooit indink tot watter vergrype sommige mense in staat is nie, die siek gemeenskap van Suid-Afrika het walglik geword
Aasvoels aan die orde van die dag..
Hoe laag en gemeen. Geen respek vir n dooie of vir hulself. Arme man. Innige simpatie.
Ons lewe saam met duisende gevoellose klomp lafaards wat geen respek het meer vir die mens en dier nie!!!!!Gespuis van die aarde…….