Trokdrywer dood, gemeenskap plunder vragmotor

Argieffoto

ʼn Vragmotorbestuurder in die Oos-Kaap is dood terwyl mense die voertuig net ná ʼn ongeluk sonder gewetenswroeging geplunder het.

Die polisie het Woensdag gesê die man (51) het op die N2 tussen Butterworth en Kei Bridge gery. Hy het van Durban na Komga gereis om ongeveer 600 varke by Komga-slaghuise af te lewer.

“Die vragmotor het die pad verlaat en die man is feitlik op slag dood in die ongeluk,” het Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, gesê.

Volgens Manatha het lede van die gemeenskap al die varke gesteel en die vragmotor geplunder terwyl die bestuurder daar dood gelê het.

Die identiteit van die oorledene word weerhou totdat sy familie in kennis gestel is van sy dood. Die polisie het die voorval ten sterkste veroordeel.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Theresa B ·

Hierdie spul is gewetenloos en onmenslik. Vriende van ons was oppad van Upington na Pretoria. Die man het kanker gehad en het pyn verduur en moes die Dr kom sien. Hulle was in ‘n ongeluk betrokke (veroorsaak deur ‘n idioot wat op ‘n blinde hoogte verby ‘n ander kar prober gaan het). Die man is dood en sy vrou was baie ernstig beseer. Hulle het letterlik langs die pad gelê en daar het waaragtig ‘n spul hulle beroof van al hulle besittings. Horlosies, beursies ens. Die liewe Vader moet my net krag gee!!

Johann ·

Geen mens kan homself ooit indink tot watter vergrype sommige mense in staat is nie, die siek gemeenskap van Suid-Afrika het walglik geword

Fransie ·

Hoe laag en gemeen. Geen respek vir n dooie of vir hulself. Arme man. Innige simpatie.

foxi ·

Ons lewe saam met duisende gevoellose klomp lafaards wat geen respek het meer vir die mens en dier nie!!!!!Gespuis van die aarde…….

Grassie ·

Foxi – ek dink daardie “duisende” van jou is eintlik miljoene.

Skerp Spioen ·

Vanwaar hierdie skerp kritiek? Hoekom sou dit beter wees om die varkvleis te laat sleg word?
Dit is sekerlik hartseer dat die drywer dood is maar daaraan kon niemand meer iets doen nie of hoe? Nee wat hierdie optrede sou oral ter wêreld gebeur het wanneer ‘n arm gemeenskap die kans kry op ‘n meevallertjie.

Inge ·

Ek glo van die varke lewe nog, so dit sou nie “sleg” geword het nie. Dit is maar net die manier waarop hulle dit gedoen het. Dit is ‘n bietjie onsensitief sou jy nie se nie? Ek sou persoonlik nie so iets kon doen nie, maar soos jy se, armoede laat mens seker amper enigiets laat doen.

Geskok ·

Waar lees jy die VARKE WAS DOOD?? Dit is omdat dit ok is om te STEEL in SA dat die land lyk soos hy lyk. Dit is dus OK om ‘n EIENAAR SE LEWENDIGE VARKE te steel net omdat die varkvleis nie moes sleg word nie? DIE VARKE WAS NIE DOOD NIE of het jy meer info? Hoekom kon die eienaar nie die varke terugkry nie? MAAR NEE in SA is STEEL nie meer teen die wet nie en selfs iemand soos jy KEUR DIT GOED?? Moet dan nie kla as hulle by jou huis inbreek en al jou goed STEEL nie, ‘n meevaller is mos ‘n meevaller dan nie?

Stomp Spioen ·

So dit sou reg wees as jy in jou kar daar gesit het en hulle het jou kruideniers kom vat. Die kruideniers wat jou gesin sou van moes leef vir die maand.

BS ·

Wat sal mens nou se? Net kopskud en sug of die een se dood is die ander een se “vark” of brood?

m ·

Die hele samelewing het siek en ongevoelig geword. Het net respek vir niks en niemand nie. Dis hoekom hierdie land so deurmekaar is……

Piet ·

Dis nie die hele samelewing wat siek is nie. Sluit jy nou almal wat in jou eie kringe beweeg in as jy so punt maak?

Skim ·

MENSE NERENS SE HULLE DIE VARKE IS DOOD NIE. Waar kom julle daaraan om dit goed te keur dat ANDER se eiendom gesteel word? Wie se die mense in die gemeenskap was ARM?? Jy gaan tekere as JOU eiendom gesteel word, hoekom mag die eienaar/s van die varke se eiendom gesteel word? Is daar regtig geen reg en geregtigheid en RESPEK vir ‘n ander se EIENDOM NIE? Geen wonder die EFF en ANC wil alles VERNIET he nie, dit is omdat almal STEEL en die onteiening van ander se eiendom GOEDKEUR, ek het al hoe minder SIMPATIE met my eie nasie wat DIEFSTAL goedkeur. As hulle jou plasie die naweek kom haal, MOENIE by my kom huil nie, want JY het gese dit is IN ORDE as ander mense se VARKE (wat dalk hulle enigste besitting was) te STEEL!!

RK ·

Die polisie veroordeel dit? Hulle plunder saam. My kind is ook besteel op die ongelukstoneel. En wie was daar???? Geen respek vir die dood nie en geen respek vir mense lewens nie.

Hennie ·

En wanneer hulle geplunder word skreeu hulle en brand bande in die strate, brand skole en kantore af en verwoes alles!

Edward ·

Dit is soos Ghandi se, as ‘n regering verval, dan verval die burgers in anargie en misdaad.

Dick Bailey ·

Skokkend en om dan ook al sy private besittings van hom af te steel ! Volgens die Daily Dispatch het die polisie (wat nie vervoer gehad het om by die ongelukstoneel uit te kom nie) ‘n video van die plunderaars en sal hulle vervolg word………….ek wonder ? Dieselfde geld vir ons ambulansbestuurders en noodpersoneel wat so gereeld by ongelukke aangeval en beroof word. Stank vir dank ! Absoluut barbaars !

Sam ·

Innige simpatie aan die drywer se familie en vriende. My hart gaan uit na julle.

Ons het laasweek 2 trok ongelukke gehad en die mense was ALMAL baie respekvol. Daar het 34 trokke agter mekaar van pad afgetrek, en vir paar ure daar gestaan totdat die pad weer oop gemaak was vir die publiek. Die polisie het alles mooi afgesper, niemand WOU eers kyk nie. Daar was EEN man wat gestaan het en vir elke motoris baie mooi vertel het wat gaan aan en daarna het elke motoris versigtig gery soos aan hom beduie was om te doen. VIVA NZ vir beskaafdheid. Soos die stem hier sing “God defend New Zealand”…. Ek is jammer dat RSA soveel barbare het. Ek is dankbaar dat ek hier in NZ in vrede en met respek deur die polisie en volunteers behandel word op ongelukstonele.

Dankie Sam ·

Dankie SAM dit is hoe OPGEVOEDE mense ‘n ding doen, maar dit lyk asof die swakkes in SA die sterkes ook nou ondergetrek het en almal se waardes nou vrot is.

Karel ·

Hulle leier plunder dan die land, so wat is dan daarmee verkeerd om ń vark lorrie te plunder?

Nettie ·

Arme varke …. ek sidder om daaraan te dink hoeveel van hulle sommer so half-lewendig geslag is of stukke vleis uit hulle gekap is ……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.