Trokdrywer in hof ná botsing wat 18 eis

Die ongelukstoneel buite Machadodorp in Mpumalanga (4 Julie 2017). Foto: Verskaf

Die bestuurder van die vragmotor wat betrokke was in die gru-ongeluk verlede week buite Machadodorp in Mpumalanga waarin 18 mense dood is, het Maandag in die Belfast-landdroshof verskyn.

Sebastian Macuacua staan tereg op 18 aanklagte van strafbare manslag. Volgens Joseph Mabuza, woordvoerder van die LUR vir gemeenskapsveiligheid, is die saak tot 14 Julie uitgestel. Macuacua, ʼn Mosambiekse burger, sal in polisieaanhouding bly tot dan.

Maroela Media het vroeër berig die botsing het omstreeks 06:00 op die R541 ongeveer ʼn kilometer buite Machadodorp gebeur. ʼn Vragmotor wat vanaf Badplaas se rigting gekom het, het reg van voor teen ʼn minibus-taxi, wat vanaf Machadodorp se rigting gekom het, gebots. ʼn Midibus het daarna van agter teen die taxi gebots.

Altesaam 16 mense het op die toneel gesterf en nog 16 beseerdes is na verskillende hospitale gehaas. Twee mense het in die hospitaal aan hul beserings beswyk.

ʼn Gedenkdiens vir die oorledenes is Vrydag by die stadion in die Emthonjeni- informele nedersetting in Machadodorp gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Theresa ·

Waarmee was die trokbestuurder besig terwyl hy sy oë op die pad moes hou?
Hoe vinnig het hy gery?
Het hy ‘n wettige lisensie?
Mag hy hier rondry?
Hoe vinnig het die ander betrokke voertuie gery?
Het elke bestuurder vd ander voertuie ook wettige lisensies?
Hoop ons lees spoedig die antwoorde op bogenoemde vrae.

Leon Dormehl ·

Ek doen tans voorbrande langs dieselfde pad as waar die ongeluk was. Die dag vd ongeluk was ek nie daar agv my drywer wat nie opgdaag het nie. Wanneer ons op die pad werk het ek vlagmanne voor en agter wat opdrag het om spesifiek voertuigbestuurders se aandag te trek en te laat stadiger ry. Sonder om te wil beweer dat die spesfieke twee minibusse daaraan skuldig is dit skrikwekkend hoeveel vd minibusse hulle net eenvoudig nie aan my waaskuwings steur nie en roekelose snelhede deur die rook jaag. Ek moet darem net ook meld dat baie bestuurders, veral die van swaarvoertuie wel gehoor gee.

jaco ·

‘n Mosambiekse burger wat trokdrywer in SA is. Het hy ‘n verblyfpermit en n werkpermit om in SA te woon en te werk? Is daar dan geen ander Suid-Afrikaners wat die werk kan doen nie?

Antie ·

Goedkoop arbeid, Mosambiekers sal enige werk doen vir minimumloon

Vir oulaas ·

Vir oulaas. Hierdie was NIE taxis maar twee Sprinters wat kontrakteurs vervoer het na hulle werk by ‘n myn.

Griki ·

Die voorste minibus/sprinter kon miskien nie die ongeluk vermy nie, maar as die tweede een die regte volgafstand gehandhaaf het en binne die spoedgrens gebly het, sou hy die ongeluk kon vermy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.