Trokdrywer kritiek ná skietery

Die vragmotorbestuurder is glo deur die groep aanvallers in ʼn lokval gelei (Foto: Verskaf)

ʼn Vragmotorbestuurder is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal ná ʼn skietvoorval Sondagmiddag in Vanderbijlpark, Gauteng.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, dui berigte daarop dat die vragmotorbestuurder drank vervoer het. Hy het na bewering in Delfos-boulevard in Vanderbijlpark stilgehou om voorraad op te laai toe hy glo deur ʼn groep aanvallers oorval is.

Die man is glo deur die groep aanvallers in ʼn lokval gelei.

“Met paramedici se aankoms omstreeks 14:50 op die toneel het hulle die bestuurder, in sy laat 20’s, in ʼn kritieke toestand aangetref. Hy is in die bors geskiet,” sê Herbst.

“Paramedici het hom op die toneel behandel voordat hy per helikopter na ʼn spesialisfasiliteit geneem is.”

Die polisie ondersoek die omstandighede rakende die voorval.

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gestuur, maar wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.