Trokdrywer kwaai gebrand toe tenkwa in vlamme opgaan

Die brandende tenkwa is deur die brandweer geblus. (Foto: Verskaf)

ʼn Vragmotorbestuurder het ernstige brandwonde opgedoen nadat ʼn petroltenkwa aan die brand geslaan het op ʼn plaas naby Vereeniging in Gauteng.

Die 53-jarige man was Dinsdagaand besig om brandstof af te laai toe die tenkwa skielik in vlamme opgegaan het.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê die brandende tenkwa is met paramedici se aankoms om 19:16 deur die Midvaal-brandweer geblus.

“Die man is deur paramedici ondersoek en daar is bevind dat hy brandwonde op verskeie dele van sy liggaam opgedoen het. Hy moes ook van gevorderde lewensondersteuning voorsien word om hom te stabiliseer.”

Die pasiënt is vir behandeling na Mediclinic Vereeniging geneem.

Dit is nog nie duidelik hoe die tenkwa aan die brand geslaan het nie, maar forensiese brandondersoekers was op die toneel en ondersoek die saak verder.

Nooddienste was op die toneel. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Baardman ·

More kla die brandstigters weer as die brandstofprys styg en hulle meer moet betaal vir taxi’s

Blom ·

Heel moontlik was die tenkwa nie geaard nie en daar kon ‘n brand/vonk ontstaan het as gevolg van statiese elektrisiteit. Sterkte aan die drywer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.