Trokdrywer ontvoer, aangerand

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die bestuurder van ’n vragmotor is Donderdag by die R335-afrit van die N2-snelweg in die omgewing van Gqeberha (Port Elizabeth) deur vier gewapende rowers uit die vragmotor gedwing voordat hy in die bosse aangerand en beroof is.

Kapt. André Beetge, woordvoerder van die polisie, sê vier verdagtes in ’n swart Toyota Corolla het omstreeks 06:00 die vragmotor se baan met dié voertuig versper, voordat drie van die verdagtes die bestuurder (57) van die vragmotor genader het.

Verskeie skote is afgevuur en die koeëls het die vragmotor se deure aan die bestuurder- en passasierskant getref.

Die bestuurder is uit die vragmotor gedwing en in die Toyota Corolla geboender voordat die verdagtes met hom na die bosse in Wells Estate gery het. Hier is die vragmotorbestuurder aangerand en van sy selfoon en kontant beroof voordat die verdagtes op die vlug geslaan het.

Beetge sê die vragmotorbestuurder het oop kopwonde tydens die aanval opgedoen.

Die vragmotor het ten tyde van die voorval groente vervoer. Die vragmotor is net so agtergelaat en niks is uit die vragmotor gebuit nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van gewapende rooftog sowel as poging tot moord, ontvoering en aanranding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Werner

Die poliesie ondersoek alles om Niks te laat gebeur nie afgesaagde storie

Persheks Adri

Gewapende misdadigers wat ook net skiet vir lekkerte en ou hoed wil ons ontwapen pffft! Ek hoop hy neem kennis

SjN

Tendens is dat hul die trokdrywer kaap, n bottel drank in sy keel afgooi en die besope man by n polisie stasie aflaai, se hul het hom langs pad gekry, wat hom dan toesluit, teen die tyd wat hy ontwaak en nugter kan vertel wat het gebeur, is hul reeds ver weg.

Elize

Hierdie vragmotor is 10 keer groter as die Toyota hoekom stop – ry oor die gemors man

George

Hier is n gras in die slang. LoL.