Die bestuurder van ’n vragmotor is Donderdag in die vroeë oggendure by die Beitbrug-grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe in hegtenis geneem nadat hy na bewering probeer het om onder meer springstof die land in te smokkel.
Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die verdagte is omstreeks 01:00 op die grenspos voorgekeer sodat die vragmotor se vrag deursoek kon word.
Daar is onder meer springpatrone en ander springstoftoebehore gevind en die vragmotorbestuurder is in hegtenis geneem.
Die verdagte was glo vanaf Zimbabwe na Alberton aan die Oos-Rand onderweg.
Dit oorsprong van die springstof is nie in dié stadium bekend nie.
Die verdagte sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Musina verskyn op aanklagte van die besit van plofstofmateriaal.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Ag vervlakt, daar gaan my springstof.
Sal baie graag wil weet wie dit “bestel” het en waarvoor dit bedoel was
Mos weer “silly season” als word geblaas! Van die ATM tot enige iets genade wat de hel nog?
Plofstof kry jy in ‘n babatjie se doek. Wat hulle hier gekry het is springstof.
Springstof…..Zimbabwr…..geheime besoek??