Trokdrywer soek ná botsing 4 eis

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Bethlehem in die Vrystaat is op soek na ʼn vragmotorbestuurder wat gevlug het na ʼn botsing wat die lewens van vier mense geëis het.

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het gesê die botsing het omstreeks 21:50 Vrydagaand op die R26 tussen Bethlehem en Reitz plaasgevind. Volgens Kareli het die bestuurder van die vragmotor ʼn taxi verbygesteek waarna die vragmotor reg van voor teen ʼn motor gebots het.

Die vier insittendes van die motor is op die toneel dood verklaar. Volgens Kareli het die vragmotorbestuurder na die ongeluk van die toneel gevlug en is hy steeds soek. Hy het gesê die polisie is besig om die slagoffers se naasbestaandes te kontak. Die vragmotor is geskut.

Enigiemand met inligting kan die Bethlehem-polisie kontak by 058 307 5700.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Babs ·

Hoekom is trokke daarde tyd van die aand op die pad? Bestuurders hardloop gewoonlik weg wanneer hulle te veel alkohol ingeneem het.

marianne ·

Kry sy werkgewer in die hande. Hulle moet ‘ n copy van die persoon se ID op file hê asook sy huisadres, dan kan hulle ‘n identikiet op tv nuus sit en die drywer so opspoor.

Dave ·

Sal nie moeilik wees om hom op te spoor maar as hy gesuip was kan dit nie meer bewys word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.