Trokdrywer verkool in botsing

Argieffoto

Argieffoto

‘n Man het doodgebrand nadat die vragmotor wat hy bestuur het, vroeg Sondagoggend op die N3 in Germiston gebots en aan die brand geslaan het.

Die Ekurhuleni-nooddienste sê die bestuurder het omstreeks 2:00 Sondagoggend teen ‘n pilaar naby die Van Buuren-afrit gebots.

Die vragmotor het aan die brand geslaan en die bestuurder was in die vragmotor vasgekeer. Die pad was tydelik gesluit.

Die oorsaak van die ongeluk was nie onmiddellik bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.