Trokdrywers red talle vasgekeerdes uit Jhb-vloedwater

Die foto van die vragmotorbestuurders en 'n vrou wat mense bystaan word wyd op sosiale media versprei (Foto: Facebook/SA Longdistance Truckers)

Die foto van die vragmotorbestuurders en ‘n vrou wat mense bystaan word wyd op sosiale media versprei (Foto: Facebook/SA Longdistance Truckers)

“Dit was ʼn daad van liefde. Hulle het geen agtergrond wat medies betref nie, en was nog nooit in ʼn situasie waar een van hulle so iets moes toepas nie. Mense was in nood, en hulle het die mense te hulp gesnel.”

Só sê Donald Stockhall, eienaar van DPMM Logistics, oor die vragmotorbestuurders, Lucas Botha en Vuyani Dindiswayo, wat Woensdag te midde van stormvloede aan die Oos-Rand minstens 20 mense se lewe gered het.

Botha en Dindiswayo was Woensdag in twee aparte vragmotors op pad na Durban waar hulle groot vragte sou oplaai wat na Kaapstad vervoer moes word.

Stockhall het aan Maroela Media vertel hulle was egter ook kort voor lank vasgekeer in die kitsvloede waarin minstens vier mense oorlede en 150 voertuie beskadig is.

Die twee vragmotorbestuurders word egter nou wyd geprys vir hul heldedade toe hulle in die stormwaters ingegaan en twee vroue uit hul motors getrek het.

Swaar reën in die Oos-Rand op 9 November 2016 (Foto: Facebook)

Swaar reën in die Oos-Rand op 9 November 2016 (Foto: Facebook)

“Hulle het in die water gegaan en die vroue, waar hulle in hul motors vasgekeer was, uitgetrek. Daarna het hulle met die vroue terug na die vragmotor beweeg en kardiovaskulêre resussitasie op albei toegepas,” het hy gesê.

Een van die vroue was reeds oorlede, maar hulle het daarin geslaag om die ander vrou weer by te bring.

“Vuyani het gesê daar het heeltyd water by die oorledene se mond uitgekom terwyl hulle kardiovaskulêre resussitasie toegepas het, maar hulle kon ná 30 minute nie daarin slaag om haar weer by te bring nie. Daarna het ʼn ander vrou ook probeer, maar niemand kon daarin slaag nie.”

Die vragmotorbestuurders het ook minstens 20 ander mense gered deur toue, waarmee hulle die vragte sou vasmaak, aan die vragmotor te bind en dit vir mense in die water aan te gee sodat hulle tot bo-op die vragmotor na veiligheid kon klim.

Paramedici het hulle eers later, toe dit moontlik was, by die toneel aangesluit.

Swaar reën in die Oos-Rand op 9 November 2016 (Foto: Facebook)

Swaar reën in die Oos-Rand op 9 November 2016 (Foto: Facebook)

“Die vragmotorbestuurders is nou van Durban op pad na Kaapstad toe met die vragte. Ons gaan Maandag vir hulle iets baie spesiaal doen om dankie te sê vir die heldedaad, en dat hulle hul eie lewe in gevaar geplaas het,” het Stockhall bygevoeg.

Die Johannesburgse rampbestuursentrum is intussen op die been gebring.

Thabo Masebe, woordvoerder van die Gautengse provinsiale regering, het Donderdag gesê die sentrum is opgerig om die omvang van die skade te bepaal, met opruimingswerk te begin en inwoners wat in nood is, by te staan.

Die rampsbestuursentrum sal ook spesiale aandag gee aan gebiede langs die Jukskeirivier waar vloedwater nagenoeg 130 gesinne in informele nedersettings dakloos gelaat het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Carol ·

Dankie aan die trokdrywers. Dit was n onbaatsigtige diens wat julle gelewer het. Mag julle altyd veilig reis in julle trokke op die oop paaie. Dis wens ek julle toe.

Alida Van Vuuren ·

Ja as ons oor kleur grense heen net kan besef enige een van ons kan in sulke situasies beland en saam staan hoekom kan ons nie in goeie en sonskyn dae ook saam staan nie en die verlede vergeet en positief na die toekoms uitsien en die son bo elkeen se kop sien skyn en Ons Hemelse Vader aanroep in alle tye Hy Is getrou en genadig, al die eer kom Hom toe…..Dankie vir almal vir julle omgee in moeilike tye…Veilig reis vir julle wat elke dag op die pad is en dan in so ‘n situasie beland om daar te wees is ‘n wonderwerk van Bo…..

Alet ·

Dis awesome!! Ek is in transport – operations al vir just about 2 dekades, Mense het ‘n baie negatiewe persepsie oor ons transporters en drywers. Hierdie manne werk lang ure en ek praat uit ondervinding uit, behandel daardie siel met respek en jou mond sal oophang hoe hulle jou behandel, ek is ‘n vrou, kan dit nie verduidelik nie!! En in hulle kultuur is dit soms moeilik om instruksies van ‘n vrou af te vat, maar soos gesê, wedersydse respek, WONDERE!!

Jasen ·

Klerksdorp dam is droog daai water sou verseker ons dam vol gemaak het

EchoTango ·

Daar is mense dood in daai vloed… Nie die gepaste kommentaar nie ou maat.

Gepas ·

Echo Tango hoekom is daar alewig mense wat begrafnis hoedjies en skynheilige gesiggies wil opsit? Ons is almal jammer vir die mense wat dood is of skade opgedoen het, maar die vet weet, daai water sou die leë damme goed gedoen het. Niks fout met Jasen se kommentaar nie!
Maar terug by die punt van die storie – knap gedaan aan die trokdrywers, ons kan ‘n land red met sulke mense!

Sannie ·

R.I.P Shenaaz ons sal jou mis by die werk.Almal sal jou as die vriendlike dame onthou.

Irene ·

Sjoe, Sannie, dis verskriklik! Ek het nie besef hoe ernstig dit is tot ek nou gelees het iemand is dood nie! Kon sy nie betyds uit die kar kom nie, of hoe? Voel baie jammer vir haar familie en vriende!!

Dankie aan die twee vragmotorbestuurders, nie almal sal hul eie lewens in gevaar stel vir ander nie. Moes vir hulle ook traumatries gewees het toe hulle nie die oorlede vrou kon red nie.

Leon ·

Pragtig, manne! Julle is werklike helde! Daar is baie omgee en liefde in hierdie land. Dis die politici wat verdeling predik. Die mense daarbuite, wat ookal hul kleur of oortuiging, gee vir mekaar om.

Carol ·

Dankie aan die trokdrywers. Dit was n onbaatsigtige diens wat julle gelewer het. Mag julle altyd veilig reis in julle trokke op die oop paaie. Dis wens ek julle toe.

Netekke ·

Dit is nou wonderlik, mense kan saamstaan, hierdie is ‘n bewys. Hoekom kan ons nie almal altyd saamstaan nie??? Ek vra maar net….

Rina Kotze ·

BAIE DANKIE aan die 2 helde!

Ten spyte wat alles aangaan in ons eens mooie land, is daar tog nog HOOP!

DIS AL waaraan ons kan vashou!

Johanna ·

Baie dankie, julle is dapper helde. R.I.P Shenaaz. Innige Simpatie aan die familie.

Jean ·

Ek is trots op julle. EK glo steeds die gemiddelde SA inwoner wil saamwerk en wil mekaar help en wil net ‘n lewe lei met hulle gesinne en kos hê om te eet. Die probleem is solank die ANC toelaat dat mense mekaar opsweep, en hulle dit selfs aanspoor, gaan daar nooit die samewerking wees wat in so ‘n noodsituasie ontstaan nie. Ek glo ons kan, maar nie as die authorities die haat en rassisme in die land aanblaas nie.

Jeanne ·

Suid Afrika kan doen met sulke positiewe mense en bydraes. Julle is ware helde. Dankie aan almal wat hulp verleen het.

susan ·

daar word nog storms voorspel vir die selfde area vir vandag en more ek hoop die water het al gesak voor dit weer reen.

Allet Venter ·

Hulle is helde. Is dit nie wonderlik as mense so saamstaan nie. Ons kort baie sulke goeie nuus in n land waar ons deesdae net van afbrand en stakings en moord lees. Dankie julle

anita carstens ·

My hart is seer vir daai vrou wat nooit haar huis bereik het nie..dit is wonderlik om te besef dat daar tog ubuntu is in tye van nood…dan maak die kleur van vel niks saak..dan is ons n reenboognasie …

Delia White ·

A very big ” Thank You ” to these 2 heroes. .We acknowledge your bravery.You put your own lives on the line….South Africa thanks you both. …UBUNTU was displayed. …sorry about the lady they could not save.RIP…

Asjas ·

As MM op pyltjies gehad het, het elkeen van julle een gekry!!
Ek sit letterlik en huil nadat ek die artikel gelees het, van hartseer vir die lewens verlies maar meestal van blydskap want daar IS nog hoop vir Suid-Afrika en sy mense.

Jacqueline ·

En skielik het ek, te midde van al die politieke onrus, die nuwe rasse-wet en al die spanning, weer hoop. Twee mense wat, ongeag alles, hulle eie lewens op die spel plaas om ander te red. My hart is seer saam met julle s’n omdat julle die een vrou nie kon red nie. Julle het alles probeer. En daarvoor gee ons erkenning aan julle. Julle is helde. Julle wys vir ons hoe ons in Suid-Afrika kan saambly en saamleef. TROTS OP JULLE!!!

Lenie ·

Ek dink die stad kan gerus hierdie mense opspoor en vir hul erkenning gee vir hul goeie daad net om te sê dankie ons het almal gesien wat jul gedoen het. Ek glo dit sal n inpirasie vir ons almal wees.. so tukkie op die skouer. Van my kant af “iemand wat my nie ken nie” ek sê dankie, jul helde in my oë!

MLH ·

These truck drivers also deserve some sort of civic acknowledgement. They work long hours doing a difficult job. They were there before the emergency services and used their time doing what was not expected of them. Thank you so much, Gentlemen, for all you did to help others.

Helen ·

Wow God seen jul en aan al die ander Sterkte. Ons bid vir jul.

Sons ·

Is daardie storm water onderhou of nie want dit lyk nie so nie….wonder net of dit dienste is wat in die grond af gaan. Voel baie jammer vir die mense om daardeur te gegaan het….sterkte aan die huisgesinne en families.

Hannelie ·

NOU eers ‘n rampbestuur op die been bring? Daar moes laaaaankal terug een gewees het, elke streek is veronderstel om ‘n Disaster Management te hê. Al wat ek kan sê hier in die Wes-Kaap het ons die beste rampbestuur. Ons is trots op hulle en hulle is voorbereid op enige ramp wat mag gebeur.
Sterkte met die nuwe rampbestuur.

Elise ·

Ek stel voor dat julle, uit respek vir die oorledende en haar familie, die detail van die foto waar sy behandel word, toemaak.

Gys ·

Dank die Here vir die reen wat ons orals onvang het. Ons boere het dit werklik erenstig nodig

Niena ·

Die berig het my in trane. Ek wens ek kan net vir al die negatiewe mense daar buite wys, naasteliefde bring alles bymekaar ongeag ras of kleur. trots op julle 2 manne!

Julie ·

Baie Baie dankie vir julle heldedaad. Julle het my nou in trane.

Liza ·

Well done julle 2 manne……… sjoe as daar maar meer soos hulle is kan ons land floreer……ons is mos nou ‘n reenboog nasie…. mag julle 2 altyd veilig op die paaie wees. NGIYABONGA

Mac ·

Gee my een goeie rede hoekom hierdie mense nie die Wolraad Woltemade toegeken moet word nie.

Boetman ·

Ek onderskryf elke positiewe bydrae hierbo en het diepe simpatie met hulle wat geliefdes verloor het.
As mens na die prentjies kyk lyk dit of SANRAL se kontrakteurs alweer aangejaag het. Die beton skeidings langs die paaie het waterkanale veroorsaak wat skielik in riviere verander het. Goeie ingenieurs sou dit kon voorsien het.

Gerhard Byleveld ·

Vouoyani & Luka julle is Suider Afrikaanse Christus karakters in aksie … julle is YSTERS manne!

Meraai ·

Knap gedaan manne! Dis nou hoe Suid-Afrikaners dit moet doen! My hart swel van trots as ek sulke strories lees:-)

Libby ·

Dit is fantasties om te lees van die 2 manne en dan nie te praat van die ander wat ook gehelp het waar moontlik was nie. Dit gee ‘n mens hoop in die donker tye in SA om te weet dat mense daar buite nie toegelaat het dat die aanhoudende negatiewe in die wêreld hulle harte te verhard nie. Mens word geken aan jou Vrug en julle is awesome!! Dankie vir die positiewe invloed en voorbeeld.

sylvia ·

ek haal my hoed af vir daardie 2 trokdrywers wat n kind se ma of ouma se lewe gered het deur CPR te doen wat hy nog nooit van tevore gedoen het of enige training gekry het nie maar wat dit wel op tv al gesien het en dit toe gepas het. jy is n ster duisend. n mens het nooit tyd vir n trok wat op die pad is nie maar kyk wat het nou gebeur hy het sy eie lewe in gevaar gestel om iemand se lewe te red, so gebruik maar bietjie geduld en gee hulle ook kans om die pad te gebruik. dis my stelling

Penellope Jones ·

Waarom sien ons nie berigte hiervan oral op die media nie??
Baie, baie dankie aan hierdie manne wat gehelp het!

charmaine ·

Baie dankie aan almal wat hulp aan gebied het. Werklik trots op hierdie berig. Knap gedaan aan hierdie 2 ysters wat gewys het, SA kan saam werk om n verskil te kan maal in ons land. Sterkte aan die families eat n geliefde verloor het in hierdie ramp.

JR ·

Wat ‘n lewensles vir ons almal. Onbaatsugtige diens aan medemens. Ons hele nasie kan leer hieruit. En mekaar aanvaar en help en bystaan. Julle 2 manne is voorwaar spesiale mense. Jammer politici kan nie hierdie oplees en toets skryf daaroor nie. Dalk leer hulle iets….

RK ·

Dankie vir dit wat julle gedoen het. Dit was ‘n onselfsugtige daad om ander mense bo julle self te stel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.