Trokke, bakkie brand naby Ermelo

‘n Trok brand Woensdag op die N2 in die omgewing van Ermelo. (Foto: Twitter)

Lede van die polisie en die weermag moes Woensdag bontstaan toe ’n betoging op die N2 in die omgewing van Ermelo in Mpumalanga gewelddadig geraak het.

Drie vragmotors en ’n bakkie (wat aan Transnet behoort) is aan die brand gesteek terwyl nog twee vragmotors beskadig is. Polisiebeamptes het ook onder die geweld deurgeloop.

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê twee groepe is glo in dispuut oor die aanstel van werkers tydens die bou van die Merino-winkelsentrum in Ermelo. Die dispuut het op ’n gewelddadige betoging uitgeloop en betogers het die N2 versper.

Lede van die polisie se eenheid vir openbare orde is ontplooi om die situasie te ontlont. Sommige polisiebeamptes het egter beserings opgedoen toe betogers met die polisie slaags geraak het.

“Die situasie het onstuimig geraak en die vragmotors is aan die brand gesteek en sommige is beskadig.”

Die weermag is ingeroep om die polisie by te staan.

Mdhluli sê die situasie word tans gemonitor te midde van bewerings dat betogers Donderdag motoriste wil verhoed om werk toe te gaan. Dit was egter teen vroegoggend nog stil.

’n Saak van openbare geweld word intussen ondersoek. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

BOKKIEBEK ·

Genade hulle is lief vir vuur – geen respek vir die feit dat dit mense se lewe kan verwoes – letterlik en figuurlik…

Jannie van Niekerk ·

Hulle oefen solank vir die plek waarheen hulle gaan…

Francois ·

Hulle sal ook niemand in hegtenis neem. Poliesie kruip eerder weg of dalk is dit van die polisie manne self of hulle families wat betrokke is in die geweld

Hennie J ·

Nog is dit die einde nie! n Hele weermag en n hele polisiemag bly te useless om our people in bedwang te hou en om privaat eiendom te beskerm. Hoed moet liefs Verulam se mense vir hulp vra.

Frik ·

As SA tog net ‘n industrie kon maak uit verwoesting & vernietiging – dit sou bykans al ons ekonomiese probleme oplos.

James ·

Verkeerd. Die verwoesting en vernietiging gebeur al sedert 1994 – en steeds is ons arm..

Jannie van Niekerk ·

Siestog. Hulle was “honger” toe steek hulle die vragmotors aan die brand. Ek wonder hoe smaak daardie soort “voedsel”?

James ·

Niks met honger te doen nie. Alles te doen met ‘n primitiewe instink.

Spyker ·

Barbarisme en niks anders. Suid Afrika is vinnig besig om n “Vierde Wêreld” te word.

Nie Verbaas ·

En weereens faal die regering om eiendom en wetsgehoorsame burgers te beskerm of om die protes te verhoed. Daar is absoluut niks wat ANC regering reg kan doen nie, net mooi niks, behalwe plunder en korrupsie.

Francois ·

Lekker kom ons brand als af sodat ons more kan verder betoog omdat ons niks meer oor het. Wys jou watter sielkunde werk op die betogers se koppe

Cabytheron ·

Die polisie en die weermag kon nie een betoger in hegtenis neem nie??? Dit maak my naar!!!

Sêmaarnet ·

Dis die resultaat as daar niks gedoen word nadat dit alreeds gebeur het. Geen planne – geen aksie. Die betogers moet elkeen ‘n merk kry sodat hulle uitgeken kan word! Ek dink op hierdie stadium sal ‘n paintball gun die werk kan doen.

Kokerboom ·

Toon weereens dat SAPD is absoluut onbevoeg is Jan Publiek asook ekonomie ly grootskaals daaronder!!!Wanneer gaan die President eendag WAKKER WORD!!!!Hoekom laat Polisie die rowers op hoofpaaie toe???!!!!DRASTIESE optrede regtig NOU nodig!!!Die ANC het die gemors geskep..wanneer is hul van plan om dit op te los???

Frank John ·

As die polisie en die weermag nie kan beheer neem oor die onluste nie en dit verhoed, hoe gaan hulle ‘n vyandige inval van buite kan verhoed.

Rian ·

Our people se lewensuitkyk was nog altyd: As ek niks het nie mag jy ook niks hê nie.

efjy ·

Die polisie sowel as weermag betrokke, maar geen arrestasies nie. Hulle monitor net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.